Cor & Tianè se Piekniek Paartjie Fotosessie

Cor en Tianè se piekniek-paartjie fotosessie is soos iets uit ʼn dromerige sprokie – prente wat so maklik op ʼn Pinterest bord kon verskyn. Die sagte oranje gloed van die son se laaste strale omhul elke foto met ʼn tikkie magie, terwyl dit ʼn tydlose romantiese atmosfeer skep wat net liefde uitstraal.

Kan daar enigiets meer betowerend wees as ʼn piekniek in die middel van ʼn oop veld, omring deur die wonders van die natuur? Paartjie fotosessies is nie net ʼn manier om kosbare oomblikke vas te vang nie, dit is ook ʼn speelse herinnering aan die liefdesreis wat twee mense saam aanpak. Dit gaan nie net oor foto’s nie, maar oor die pret en die vreugde van elke oomblik saam.

Kies versigtig wat julle aantrek vir die spesiale fotosessie, net soos Cor en Tianè, wie se uitrustings naatloos inpas by die natuurlike tema. Hul keuse is stylvol, dog gemaklik – ʼn perfekte balans wat hul liefde net nog mooier laat lyk. Jy hoef nie jou klerekas te oordoen vir die perfekte foto nie, maar onthou, neutrale kleure en eenvoudige elegansie laat altyd foto’s spreekwoordelik asemhaal.

Waarvoor wag julle nog? Begin dadelik droom oor julle eie romantiese fotosessie. By Mooi Troues is daar ‘n oorvloed inspirasie wat jou kan lei na daardie perfekte oomblik. Soek die mooiste ligging, bespreek ʼn talentvolle fotograaf, trek mooi aan, en geniet elke kosbare sekonde saam.

Rol af om meer te sien van Cor en Tianè se pragtige piekniek-paartjie fotosessie – ʼn viering van hul liefde, vasgevang in die mooiste lig.

Die eerste ontmoeting:


In eerstejaar by ʼn kuierplek, het ons mekaar raakgesien in ʼn dans-sirkel. Die res is geskiedenis en ons is nou al amper twee jaar saam.

Gunsteling eienskappe van mekaar:


Tianè: Die moeite wat sy vir haar naastes doen.

Cor: Sy omgee vir mense en hulpvaardigheid.

Drome as paartjie:


As dit die Here se plan is – om nog ʼn lang pad saam te stap en mekaar te ondersteun met ons elkeen se doelwitte.

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


PizzaHut se Margarita met Nandos Perinaise sous saam ʼn movie is ons go-to date.

Rede vir die fotosessie:


Ons was gevra om saam die fotograaf inhoud te skiet vir haar Instagram.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons wou, saam haar, net ʼn natuurlike fotosessie gehad het. Sy het die oulike idee gehad vir n piekniek-tema.

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Agter op ʼn Hilux bakkie, onder die sterre op Cor’lle se Limpopo-plaas.

Tianè: Enige iets saam die regte persoon.
Cor: ʼn Kersligete met die plaat wat speel in die agtergrond.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: