Nicholas & Wilma se Betowerende Troue in Robertson

Nicholas en Wilma se betowerende troue in Robertson by Bon Cap, Guestfarm and Wedding Venue was ‘n ware sprokies verhaal. Die paartjie het ‘n troue begeer met ‘n natuurlike uitstraling, en ons kan sê dat hulle drome perfek verwesenlik is. Die Robertson Vallei se asemrowende natuurskoon is een van die vele redes waarom dit ‘n gunsteling trou-bestemming vir paartjies is.

Op die pragtige Bon Cap, Guestfarm and Wedding Venue het Wilma en Nicholas hul trou geloftes uitgeruil en hul drome in werklikheid verander. Bon Cap is inderdaad ‘n geliefde keuse onder Mooi Troues se lesers, en dit bied soveel meer as net ‘n trou venue. Die plaas lewer ‘n omvattende diens wat ‘n wye reeks van dienste insluit, wat elke paartjie se behoeftes en drome vervul.

Die talentvolle span van Flying Swan Media het die spesiale oomblikke van Wilma en Nicholas se troudag in pragtige foto’s vasgevang. Hulle fotografie styl, bekend vir helderheid, skerpte, en speelsheid, vertel die paartjie se liefdesverhaal deur middel van beeldskone foto herinneringe.

Wilma en haar strooimeisies se handruikers was vir ons besonders pragtig. Groot, helder blomme in skakerings van oranje en diep wynrooi het perfek by die paartjie se dekor en kleurskema ingeskakel. Die blom ontwerpe in die onthaal was ook meesterlik gedoen deur die talentvolle span van Bon Cap, met fyn, vars blommerangskikkings en oulike vetplantjies wat die tafels versier het.

Bo die bruidstafel het ‘n asemrowende blommerangskikking gehang, met ‘n kombinasie van gedroogde en vars blomme, saggies verlig deur sagte liggies, wat ‘n magiese, romantiese atmosfeer geskep het, amper soos iets uit ‘n sprokie.

Die trougaste van Nicholas en Wilma het heerlik saam gekuier, geniet van wêreldklas spyseniering, goeie musiek, en ‘n warm, gesellige atmosfeer. Rol af om meer te lees oor die betowerende Robertson troue van Nicholas en Wilma. 

Paartjie se Liefdesreis:


In April 2023 het ons ontmoet op ʼn staptog in Swellendam. Ons het net lekker gekliek, belangstellings en waardes gedeel. Ons is gekys in Mei en het al vroeg begin praat oor ons toekoms saam. Februarie 2024 het ons in n honde parkie gaan stap en Nicholas het my daar gevra om te trou. Ons was verloof nog voor die verloofring klaar was! Ons wou net troue beplan!

Trourok:


Ek wou graag ʼn rok hê waarin ek gemaklik kon dans. Dit is ʼn A-lyn rok met ʼn ‘boat neck‘ neklyn. Die rug is ʼn U-vorm met knopies vir ekstra detail. Die materiaal is Satin Crepe vanaf Elegance. Ek wou graag skoon lyne hê sonder fieterjasies en kant. Die moue was ʼn ‘cap sleeve’ om die elegante styl van die rok af te rond. Omdat ek gemaklik wou dans het ek ʼn korter sleep gehad.

Verloof- en Trouringe:


My ring is ʼn familie steen. Nicholas het ʼn juwelier gesoek wat met erf-stene werk aangesien nie alle juweliers met ander stene as hul eie verskaffer sin werk nie. Ek het vir hom gesê wat ek min-of-meer soek en hy en die juwelier het saam my ring ontwerp.

Nicholas wou ʼn Titanium of Tungsten ring hê wat ek by ʼn juwele winkel oor die toonbank gekoop het.

Meer oor Bon Cap, Guestfarm and Wedding Venue:


Bon Cap is geleë teen die Langeberge in die pragtige Eilandia Vallei tussen Worcester en Robertson.  Foto opsies in die vallei is uniek tussen wingerde, vrugte boorde, tafeldruiwe, tuine en ons pragtige Karoo natuurskoon.  Bruidspare het ʼn keuse vir die seremonie tussen die kapel of roostuine.  Die onthaal area kan tot 150 gaste met ʼn dansbaan akkommodeer.  Bon Cap voorsien bruide van ʼn een-stop trou venue waar alles van spyseniering, blomme, dekor en koördinering in-huis behartig word.  Die plaas bied ook akkommodasie vir 36 gaste.

Meer oor Flying Swan Media:


Flying Swan Media is trou videograwe, asook fotograwe, wat bestaan uit André en Susara, gebaseer in Robertson, maar die hele Wes-Kaap provinsie diens.

Hulle styl is natuurlik, romanties, tydloos, pret en spontaan, sodat paartjies se eie unieke styl deur kom in hul foto’s en video’s, vir troue herinneringe om te koester vir ewig en altyd.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ons is baie gelukkig met al ons diensverskaffers. Almal het hul deel gedoen om ons troudag perfek te maak.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Die gaste het dit baie geniet. Ons wou net ʼn troue hê waar almal lekker eet, kuier en dans. Dit was presies só!

Trou Venue:


Ons wou graag ʼn venue hê met ʼn kapel/kerk op die perseel asook genoeg verblyf vir ons familie en vriende wat van ver af kom. Bon Cap se binnehuis koördineerder, Michelle, het ons dadelik tuis laat voel. Hulle pakket is ook baie goed vir alles wat hulle bied.

Trou Dekor en Styl:


Ons is albei baie minimalistiese mense. Ons wou dit so natuurlik moontlik hou, maar tog mooi. Michelle by Bon Cap het die blomme en dekor gedoen. Sy het gespeel met natuurlike elemente soos kleipotte, vetplante, veldblomme and uitgedroogde sade.

Eerste Dans:


Jervis Cambell – You are my Love

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Hou dit eenvoudig. Jou gaste onthou nie al die detail nie. Gaste is daar om saam jou huwelik te vier.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: