Kyle & Mishkah se Wit & Goud Sprokie Troue in Stellenbosch

Kyle en Mishkah se wit en goud sprokie troue in Stellenbosch was ʼn dag vol betowering en romanse. Dié intieme en gesellige geleentheid is saam met hul geliefde familie en vriende gevier, en elke oomblik het soos ʼn sprokie gevoel.

Kyle het gelyk soos ʼn dapper heer in sy swart pak en stylvolle strikdas. Mishkah was ʼn beeld van skoonheid in haar asemrowende trourok, wat almal se asems weggeslaan het. Die rok het met sy vloeiende lyn en oop skouers haar natuurlike elegansie beklemtoon, terwyl die pragtige moue ʼn tikkie grasie bygevoeg het. Om haar voorkoms te voltooi, het sy ʼn delikate handruiker met wit blomme gedra – ʼn perfekte keuse vir hul romantiese styl.

Die twee het ewige trou gesweer by die pragtige Eikenhof Estate in Stellenbosch, waar die omringende wingerd bedekte heuwels ʼn betowerende agtergrond geskep het. Eikenhof Estate is ʼn ware droom trou bestemming vir enige paartjie se groot dag, met sy elegante trou venue, romantiese buitelug-seremonie area, en eindelose foto-geleenthede. Die natuurlike skoonheid van die omgewing het die ideale agtergrond geskep vir hul liefdevolle herinneringe.

Die troudekor was hoofsaaklik wit met subtiele goue aksente, wat gesien kon word in die fyn eetgerei, die elegante rande van die onderborde en die klein kershouers wat ʼn ekstra vonk van luuksheid bygevoeg het. Elke detail was noukeurig gekies om ʼn atmosfeer van styl en intimiteit te skep. Dit was ʼn troue vol elegansie en betowering wat almal se harte geraak het.

Met die eenvoud van die dekor en die warmte van die geselskap, was Kyle en Mishkah se troudag gevul met spesiale oomblikke wat hul lewensreis as man en vrou op die mooiste en mees romantiese manier moontlik afgeskop het.

Lees verder meer oor Kyle en Mishkah se pragtige troue in Stellenbosch en hul liefdesreis as ʼn paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het in 2012 by die Universiteit Stellenbosch ontmoet, dit was in een van ons eerstejaar IsiXhosa-klasse. Terwyl ons wag vir die klas te begin, het ons met mekaar gepraat vir ʼn paar minute.

ʼn Paar maande het ons vir mekaar gesien by ʼn funksie en hy het probeer om saam met my te praat, maar ek was nie geïnteresseerd nie.

In 2014 het ons mekaar leer ken toe ons in dieselfde koshuis gebly het. Ek het ingestem om op ʼn afspraak met hom te gaan en toe begin ons ʼn verhouding.

In 2020 het ons besluit om na Suid-Korea te verhuis om Engels te onderrig en die wêreld te reis. Dit was die eerste land wat ons saam gereis het. Toe ons in Suid-Korea geland het, was dit in daardie oomblik wat ons besef het dat ons ʼn huis weg van die huis sou begin en dit sou net ons twee wees aangesien ons families en vriende so ver weg was.

Ons verlowing was niks minder as magies nie. Na ag jare het Kyle die vraag op 27 Julie 2022 in ʼn kabelkar, hoog bo die see in Busan, Suid-Korea, gevra. Die asemrowende uitsig van die blou water en perfekte weer, het dit vir ons albei ʼn onvergeetlike oomblik gemaak. Die uitsig van die see en die kabelkar het ons laat dink aan Kaapstad.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Daar is soveel wonderlike herinneringe op ons troue gemaak. Die eerste dans was vir ons baie spesiaal, die briefie wat ek aan Kyle geskryf het toe hy op ons troudag wakker geword het en wanneer ons geloftes vir mekaar gelees het. Ek dink my gunsteling herinnering was wanneer Kyle gestaan en wag vir my en die uitdrukking op sy gesig toe hy my in my rok sien. Dit het my laat weet dit is my ware sielsgenoot. Ons grootste geluk was om met ons beste vriend en sielsgenoot te trou.

Trourok:


My trourok is geïnspireer deur na baie foto’s op Instagram te kyk. Dit was tussen ʼn halter nek rok, of een met moue. Ek het die rok met moue gekies om dat ek geweet het dat dit pragtig sou lyk op foto’s. Die rok het ook gepas met die tema van die troue. Die moue op die rok is wat dit so uniek gemaak het. Aangesien die troue in April was, het ek gedink om moue te hê, sou perfek wees vir die seisoen. Ek is ʼn persoon wat altyd koud kry. Wat sou ek met ʼn rok doen ná die troue? Daarom het ek verkies om een te huur, gegewe die tyd druk. Ons het beplan om net huis te kom vir die troue en weer ander lande te gaan reis.

Die rok was gemaak by Pauline Blacker in Maart 2024. Die rok se silhoeëtte was ʼn sheath, off the shoulder, met groot en pofferige moue. Ek besluit om ʼn court te hê vir die trein en die lengte van die sluier was floor. Die rok en knoppies se materiaal is Chrystal Crepe en die kleur was Winter White. Die materiaal vir die sluier en pofferige moue was Italian voile.

Trou Venue:


In Desember 2022 het ons afgekom om ons vriende en familie te besoek. Ons het gedink ons sal eers trou in Desember 2023, so ons het naar ʼn paar venues in Stellenbosch gaan kyk. Ons het dan besluit op Stellenbosch omdat dit is die dorp waar ons ontmoet het en ons wou ʼn buitelug seremonie en binne onthaal hê.

Ongelukkig het ons nie genoeg tyd gehad om al die venues op ons lys te sien nie, maar gelukkig het Kyle se ouers op Eikenhof Estate in Stellenbosch afgekom. Ons moes besluit maak op hulle fotos en video’s van die venue. Ons het net en maand voor die troue die venue gaan besoek en was gelukkig met die besluit. Hulle het ʼn goeie inklusiewe pakket gehad wat kan voldoen aan ons begroting en behoefte aan ʼn buitelug seremonie en binne onthaalarea.

Meer oor Eikenhof Estate:


Eikenhof Estate, met verskeie venues en akkommodasie, is tussen die wingerd bedekte heuwels van Stellenbosch plase geleë, net 30 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en maklik bereikbaar.

Besoekers word via ʼn 3 km kronkelpad langs Fischer Weg vanaf Bottelary Weg na ʼn rustige en privaat juweel geneem. Omring deur wingerde, heuwels en twee damme, bied hierdie boetiek trou venue ʼn wonderwêreld-omgewing en ʼn fees vir die sintuie. Elke aspek is ontwerp om die natuurlike skoonheid en ʼn kombinasie van elegansie en rustieke sjarme te weerspieël.

In die hart van die landgoed is die romantiese Cap Classique Venue, wat 120 gaste kan akkommodeer en spog met manjifieke kandelare, gesonke ‘bulkheads’, spesiale beligting en ʼn groot kaggel. Die Hout Pergola, bedek met wit drapering en liggies, skep ʼn sprokies gevoel.

Eikenhof Estate bied nege luukse kamers: Die Château met vier slaapkamers en die Manor House met vyf en-suite slaapkamers.

Verloof- en Trouringe:


Ons het die besluit gemaak dat ons sal saam met mekaar gaan om die ringe te kies en aanpas. Platinum is gebruik om hierdie ring te maak, met ʼn 6-tand instelling vir ronde diamante. Dit was gekoop in Suid-Korea as my verlowing ring. Ek het vir Kyle gesê ek wil nie hê hy moet vir my nog ʼn ringband koop nie, want ek was mal oor die elegansie van my verloofring, so my verlowing ring is ook my trou ring.

Kyle wou ʼn swart tungsten ring gekies omdat dit krap bestand en eenvoudig is. Ons het sy ring gekoop drie weke voor die troue.

Trou Dekor en Styl:


Goud, wit en swart was die kleurskema wat ons gekies het. Omdat die troue so intiem was, wou ons hê die dekor moes elegant, persoonlik en nie deurmekaar wees nie.

Die tafels was gedek met wit tafel doeke, goue eetgerei, kerse, wit ros en die gaste se geskenke met ʼn dankie nota. Daar was ook baie feetjie ligte agter the troupaar se tafel. Elke spyskaart is gepersonaliseer met die gaste se naam. Die binnenshuise ontvangs area was gedrapeer met wit materiaal en feetjie liggies. Ons het hout eende as geskenk van ons Koreaanse vriende ontvang. Ons het dit op die tafel geplaas as simbool van hulle by ons en omdat dié trou-eende drie dinge simboliseer: Vrede, familie en getrouheid.

Die buitelug-seremonie stoele op die gange was bedek met ʼn klein ruiker blomme aan die kant. Sommige stoele is gepersonaliseerde met naamplaatjies om vir onmiddellike familie te bespreek. Elke stoel het ʼn konfetti-keël gevul met roosblare wat met ons monogram gepersonaliseer is. Elke gas het ʼn waterbottel gekry wat ook gepersonaliseer is terwyl die buitelug seremonie plaasgevind het.

Ons het ʼn trou-webwerf gehad sodat die gaste hul ete en liedjies kon kies wat hulle by die troue wou hoor en al die inligting wat hulle nodig gehad het oor die troue kon uitvind. Ons het ʼn driegang-plaat maaltyd gehad. Poke bakkies is tydens die canapé-uur bedien en ʼn saksofoonspeler, Mark Chadwick musiek gespeel het. In hierdie tyd kon gaste ook polaroid-foto’s neem en ʼn spesiale boodskap vir die troupaar skryf.

Daar was ook trou borde vir ( byvoorbeeld, ‘n tafel sitplek vir die gaste, trou boodskap vir die paartjie, koek, verwelkoming, drankies, unplugged seremonie, liefdes aanhaling en waterbottel). Al die trou tekens het ons eie gepersonaliseerde monogram op gehad.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Al ons diensverskaffers was ongelooflik. Hulle het uitstekende diens gelewer deur geduldig na ons te luister en al ons behoeftes te bevredig. Al ons gaste het genoem dat die kos uitstekend was by die troue en hulle was mal oor die saksofoonspeler.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Om ʼn troue te beplan kan stresvol wees en jy sal soms oorweldig raak, maar onthou altyd die troue gaan oor jou en jou maat. Maak seker dat jy gaste nooi wat vir jou iets beteken.

Wanneer jy ʼn troue beplan, maak seker dat jy aan klein gebare dink wat jou gaste gelukkig sal hou terwyl jy weg is om foto’s te neem.

Dit is goed om ʼn begroting te hê, maar soms is daar onverwagte uitgawes, so hou dit in gedagte. Soms gaan die weer dalk nie soos beplan nie, so dink altyd aan hoe dit ʼn buitelug-seremonie kan beïnvloed.

ʼn Fotograaf en videograaf is een van die belangrike diensverskaffers, so maak seker jy is tevrede met hul portefeuljes en dat hul estetika by jou troue pas.

Trou Begroting en Beplanning:


Ons het ons troue vir 65 gaste met ʼn geskatte begroting van R150 000 beplan, en ʼn familie vriend het ons gehelp met die diensverskaffers.

Eerste Dans:


Jesse Barrera ft Jeremy Passion – Constant


    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: