Henk en Teneil se prentjie mooi verrassings verlowing inspireer baie. Die skouspelagtige uitsigte maak dit perfek vir die groot vraag. Die toekomstige bruidegom het elke detail noukeurig beplan. Dit het die verlowing besonders spesiaal en betowerend gemaak.
Flying Swan Media het die oomblik vasgevang in asemrowende foto’s en ‘n video. Dit weerspieël die paartjie se vreugde en liefde. Om ‘n onvergeetlike verlowing te beplan, huur ‘n professionele fotograaf en videograaf. Dan kan julle altyd weer na die spesiale herinneringe terugkeer en dit koester.
Die verlowing het plaasgevind in ʼn idilliese villa in ʼn privaat reservaat in Montagu, omring deur majestueuse berge en panoramiese uitsigte. Hierdie romantiese plek het ʼn perfekte agtergrond vir die spesiale gebeurtenis geskep. Die atmosfeer is buite op die stoep afgerond met kerse, roosblare en ʼn bottel vonkelwyn.
Henk het op een knie gegaan, ʼn pragtige verloofring in sy hand, en die groot vraag aan Teneil gestel. Haar antwoord was, natuurlik, ʼn hartroerende “JA!” Omring deur die skoonheid van die natuur was dit ʼn verlowing net so mooi soos hul liefde vir mekaar.
As jy jou geliefde wil vra om jou lewensmaat te wees, oorweeg ‘n professionele fotograaf en videograaf. Hierdie kosbare herinneringe sal altyd spesiaal bly. Rol af vir meer oor Henk en Teneil se verlowing en geniet die pragtige foto’s.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Soos baie paartjies ons ouderdom het ons nie op ʼn konvensionele manier ontmoet nie. Ek was die dag op Tinder gewees en het hierdie mooi meisie gesien. Ek het nie eers getwyfel om regs te swipe nie. Die volgende dag het sy ook regs geswipe en ons het gematch. Ek onthou nog ek was oppad Bedford toe om te gaan jag en sy was by haar ma in Oudtshoorn. Ons het rustig begin gesêls en ek het haar genooi vir die Maandag vir ʼn braai by my woonplek in Stellenbosch, maar sy’t ongelukkig nee gesê.
In daai week het ons baie lekker gesêls en ʼn afspraak beplan vir die Saterdag. Ons het oorspronklik nie ʼn tyd gegee nie en net min-of-meer wat ons gaan doen. Deel van dié beplanning was om die Stormers se wedstryd te gaan kyk in die Kaap. Die oggend het ek nog eers gaan fietsry saam ander mense. Ek onthou dit goed dat ek wil nou net klaar maak met die fietsry, want ek wil baie graag hierdie mooi meisie ontmoet en op ʼn afspraak gaan.
Eerste afspraak:
Direk na die fietsry het ek gaan stort en na haar gery in Durbanville. Ek’t haar by die hek opgetel en onthou dit baie goed dat toe ek haar sien aankom na my kon ek nie glo hoe mooi sy is nie. Dit was só lekker om haar in persoon te sien en met haar te kon gesêls op ʼn ander manier as oor die foon. Ons het vir ons eerste afspraak by die Waterfront gaan eet en direk daarna die rugby gaan kyk.
Na die rugby was dit nogal koud gewees en toe het ek my kans gebruik om haar lekker warm te hou oppad terug kar toe. Ons was nog nie klaar met die afspraak nie en het besluit om Casino toe te gaan om tenpin bowling te gaan speel. Die tenpin bowling was ongelukkig te besig gewees en ons het besluit om te gaan fliek. Dit was só lekker gewees, want ons het besluit om ʼn scary movie te kyk.
Terwyl ons gekyk het wou ek baie graag haar weer vas gehou het, maar was bang dat net nou wou sy nie. Dit was sooooo lekker toe sy my hand gevat het en dit vas gehou het. Na die fliek het ek haar huis toe gevat. Ons het hot chocolate gedrink en gekuier tot 12h die aand. Ek was die volgende dag weer by haar gewees en ons het nog nooit ophou kuier nie. Ons het van die eerste dag af net geclick en geweet dat ons gemaak is vir mekaar.
Die Here het ons paadjies lankal geskryf vir ons en ons moes eers n paar maal ons koppe stamp voor ons mekaar gekry het. Dit was alles die moeite werd gewees, want ek sal haar altyd weer en weer kies.
Die groot vraag:
Die verlowing was beplan in die eerste week wat ons ontmoet het. Ek het geweet na die eerste afspraak dat dis die meisie met wie ek gaan trou. Ek het geweet dat ek die verlowing baie spesiaal gaan moet maak. Dis hoekom ek dit graag by Wolwehoek wou gedoen het.
Die oorspronklike datum was eers 15 September gewees, maar ek kon nie meer wag om die ongelooflike meisie te vra nie, so toe moes ek die datum vroeër maak. Dis toe ek op 18 Augustus besluit het.
Ons het die naweek saam met vriende weg gegaan Montagu toe. Die doel agter dit was dat sy nie iets verwag nie en dat die vriende vir ons alles moet gaan reg kry vir die Sondag vir wanneer ek haar gaan vra. Die verlowing was in ʼn manier ʼn verassing, want sy het die Maandag af gehad by die werk en dus het sy gedog dat ek haar die Maandag sou vra by die dam waarna toe ons altyd stap in Stellenbosch. Al wie ekstra betrokke was by die verlowing was die vriende wat gehelp het om alles reg te kry. Hulle was wel nie by die verblyf toe ons daar aan gekom het nie. Dit was net ons twee en die fotograwe.
Die feit dat dit net ons twee daar was kon maak dat ons die oomblik lekker kan geniet voor ons die nuus met vriende en familie deel. Die feit dat ons verloof geraak het by Wolwehoek was ʼn groot verassing gewees vir Teneil. Ek is glad nie goed met n geheim hou van haar nie, so dit was ʼn gróót uitdaging gewees om alles stil te hou. Die dag het in ʼn baie groot sukses uit gedraai met ʼn prentjie mooi agtergrond vir ons fotos.
Hoekom ons mekaar liefhet:
My gunsteling eienskappe van Teneil is die feit dat sy my altyd maak glimlag en ek kan myself wees rondom haar. Van die begin af was dit net gemaklik as ek by haar is en ek voel dat sy kan ook haarself wees. Sy aanvaar my nes ek is en dis vir my die lekkerste van als. Ek het direk na ons eerste afspraak met my sussie gesels en vir haar gesê dat ek gaan met Teneil trou. Sy het my net die gevoel van die begin af gegee dat sy die een is met wie ek die res van my lewe wil leef. Sy is net só ongelooflik mooi, die mooiste hart, altyd daar om te help en familie gedrewe.
My gunsteling eienskap van Henk is dat hy die grootste ‘gentleman’ is en hy het die beste manier wat ek nog in ʼn man gesien het. Hy is super bedagsaam en sit altyd die behoeftes van ander voor homself. Hy dink hy is ook die wêreld se snaakste persoon en laat my uit my maag uit lag. Elke dag saam met hom is ʼn droom en ek is die gelukkigste meisie in die wêreld. Hy is regtig nog alles wat ek in iemand wou hê, mooi van binne en buite, die grootste omgee hart, aanvaar my foute en laat my altyd veilig en gemaklik voel.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons beplan om net 4 maande verloof te wees. Ons trou datum is presies 4 maande na die verlowing. Dit is nogal baie opgewonde om daaraan te dink dat ons binne tien maande vandat ons ontmoet het, gaan trou. Ons al twee kan nie wag vir ons trou dag en om die lewe saam te begin nie. Elke stappie van hier af is die lekkerste belewenis en die lekkerste is dat ons dit saam doen.
Ons trou by Kagga Kamma in die Cederberge en gaan ʼn klein troue hou. Net naby familie en vriende word genooi. Die troue behoort daar so 40 mense te wees. Ons voel dat dit dan meer intiem kan wees vir ons en dat ons by almal kan uitkom op ons troudag.
Die verloofring:
Alles in ons verhouding het ons saam gedoen. Dus het ek gedink dat dit baie spesiaal sou wees om dit ʼn verassing te hou van Teneil. So ek’t die verlowing alles self gereël sodat sy nie weet wanneer dit gaan wees nie.
Ons het van dag een af oop kaarte met mekaar gespeel en geweet dat ons gaan trou. Ek’t in die eerste week al fotos aan gestuur van ring ontwerpe vir haar. Soos vroeër genoem was dit baie moeilik vir my om dit ʼn verassing te hou van Teneil, omdat ons alles deel met mekaar. Ek’t net geweet dat die moet ek stil hou om dit in die oomblik meer te kan geniet. Dit het gewerk, want die oomblik sy daar besef hê dat ek haar gaan vra, was baie spesiaal. Ons sal dit vir altyd onthou. Die feit dat daar ʼn fotograaf was maak dat ons daai oomblik vir altyd kan sien en weer beleef.
Rede vir die verlowing fotosessie:
So toe ek die verblyf bespreek het, wou ek baie graag die oomblik afneem vir ons, sodat ons die oomblik weer kan beleef. Die uitsig van Wolwehoek het dit nog meer bevestig dat ek ʼn fotograaf moet kry wat ʼn video neem.
Flying Swan Media het my gekontak en laat weet dat hulle ʼn drone het. Net daar het ek geweet dat ek hulle gaan gebruik vir die verlowing. Dit het ons spesiale oomblik net meer spesiaal gemaak. Ons kan nou vir altyd die video kyk van hoe alles gebeur het op die dag. Met so iets voel dit of alles só vinnig gebeur, so dis baie lekker om na die tyd rustig te kan sit en na alles te kyk en te sien hoe alles verloop het op die dag.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons verkies om in die oomblik te leef en dit was nie ‘staged’ gewees nie. Dit het dit vir ons meer spesiaal gemaak, want dis hoe ons ons lewe leef. Ek het ook voor die verlowing vir ons elkeen klere gekoop sodat ons dieselfde kan lyk en dat die fotos nog mooier kan wees. Die groen het vir my baie mooi gelyk en op die dag met die blou agtergrond het dit die fotos nog mooier laat lyk.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Om die troue klaar te reël. Al die reëlings te tref vir ons spesiale dag en hierdie tydperk te geniet van ons lewe. Dit gaan baie vinniger as wat ʼn mens dink.
Visie vir droomtroue:
Ons het na twee venues gaan kyk en het besluit op ʼn klein venue omdat ons ʼn klein troue wil hou. Die besluit was baie maklik gemaak toe ons by Kagga Kamma ʼn draai gaan maak het. Die venue is vir ons perfek en ons het dadelik vir hulle gesê dat ons die venue gaan gebruik vir die 18de Desember. Dit is baie mooi en die feit dat dit in die natuur is maak dit nog meer spesiaal vir ons.
Die troue beplan ons self so tussen deur werk en alles. Ons is baie geseënd met ouers wat bereid is om uit te help met die kostes van die troue. Ons gaan ook weer gebruik maak van ʼn videograaf (Flying Swan Media) vir ons troue sodat ons weer die oomblik kan herleef na die tyd. My niggie is ʼn fotograaf (Picture this fotografie) en het aangebied om die troue vir ons verniet af te neem.
Sonder al die spesiale mense in ons lewe sou ons definitief nie die troue van ons drome kon hou nie.
Meer oor Flying Swan Media:
Flying Swan Media is trou videograwe asook fotograwe wat bestaan uit André en Susara, gebaseer in Robertson, maar die hele Wes-Kaap provinsie diens.
Hulle styl is natuurlik, romanties, tydloos, pret en spontaan, sodat paartjies se eie unieke styl deur kom in hul foto’s en video’s, vir troue herinneringe om te koester vir ewig en altyd.
- Fotograaf: Flying Swan Media | Kontak
- Fotosessie Ligging: Wolwehoek, Vantage | Kontak
- Verloofring: Erfdeel Handgemaakte Juwele| Kontak