Grant & Nelmare se Verlowing Fotosessie by Kasteel de Goede Hoop

Grant en Nelmare se verlowing fotosessie by Kasteel de Goede Hoop neem jou weg na ʼn wêreld waar romanse en geskiedenis saamsmelt. Die treffende foto’s vol emosie vang die hart en oog, en skep ʼn gevoel van betowering.

Kasteel de Goede Hoop se asemrowende argitektuur en skilderagtige uitsigte bied die perfekte agtergrond vir hierdie spesiale oomblik. Die antieke klipmure en lig oranje, amper geel geboue kontrasteer pragtig met die paartjie se donker uitrustings, wat elke foto ʼn unieke, romantiese gevoel gee.

Grant het gekies vir ʼn klassieke voorkoms met ʼn wit hemp en swart broek, terwyl Nelmare bekoor het in ʼn alles-swart uitrusting, gekenmerk deur ʼn bloes met deurskynende moue en ʼn fyn blompatroon. Hul kleredrag het perfek by die kasteel se ouwêreldse atmosfeer gepas, met ʼn moderne tikkie.

Hierdie verlowing fotosessie wys wat moontlik is met die hulp van ʼn professionele fotograaf, en bied ʼn ideale geleentheid om jou trou fotograaf beter te leer ken. Dit is nie net oor pragtige foto’s nie, maar ook oor die skep van spesiale herinneringe. Die foto’s kan gebruik word vir trou webwerwe, -uitnodigings, of as deel van ʼn album vol kosbare oomblikke om na terug te kyk. ʼn Verlowing fotosessie is ook die perfekte kans om gemakliker voor die kamera te raak en enige vrese af te skud.

Rol af om meer te lees oor Grant en Nelmare se verlowing fotosessie by Kasteel de Goede Hoop en die magiese oomblikke wat hul liefdesverhaal vasvang.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Grant het kom uithelp op dieselfde Yacht waarop ek gewerk het in Gibraltar. Ons was vir ʼn hele paar maande net kollegas en toe gebeur die roomys uitstappie en die res is ʼn sprokies verhaal. 🙂

Ons was net so bietjie minder as vier jaar saam voor ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Dit is eintlik ʼn lang en snaakse storie, maar teveel woorde. 🙂

Ons was gelukkig om altwee dieselfde tyd af te kry by die werk, en toe gaan ons saam met sy pa na Kgalagadi toe. Op die laaste aand, 28 Augustus, wat ook my ma se verjaarsdag is, het Grant op sy knieë gegaan en die groot vraag gevra.

Ek met geen grimering aan nie, regte bos klere aangehad en ons het nie eens regtig koue vonkelwyn gehad om te feesvier nie! Haha. Maar dit was ʼn bitter groot verassing, sommer so dat sy pa nie eens daarvan geweet het nie, Haha.

Hoekom ons mekaar liefhet:


My gunsteling eienskap van Grant is hoe hardwerkend en gedrewe hy is. As hy iets aanpak, pak hy dit aan in die beste van sy vermoë en met die idee om goed te slaag! Hy gee ook nie maklik op nie. Ek is ook mal oor sy quirkiness, hoe hy my laat lag as hy simpel dingetjies doen, uit die bloute uit.

My gunsteling eienskap van Nelmare is hoe baie sy omgee en ondersteun, as ek ʼn slegte dag gehad het, weet ek sy is daar om te luister en te help. Dit is lekker om te weet dat ons ʼn span is en dat sy aan my kant is.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons trou 5 Oktober 2024, so dit is sommer om die draai. Ons wou graag ʼn tydjie verloof wees en die verlowing tydperk ook geniet, maar ons wou ook nie verewig verloof bly nie. So ons sal net so bietjie langer as ʼn jaar verloof wees voor ons troudag.

Die verloofring:


Ek is absoluut VERLIEF op my ring! Ek het altyd fotos gestuur van ringe waarvan ek hou, en dan het ons altyd gespot oor trou ens. Grant het iemand gaan sien, en sy ontwerp vir hulle gewys, hulle het hier-en-daar bietjie veranderinge gemaak, en hy het definitief ʼn “great job” gedoen. Ek het glad nie geweet hoe die ring gaan lyk nie.

En by gesê, hy het dit reggekry om die ring vir ʼn volle jaar weg te steek!

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons het nog nooit regtig professionele fotos saam geneem nie, altyd ʼn selfie hier-en-daar. En ons wou graag ons fotograaf ook ontmoet en kyk hoe die fotos sal uitkom. Dit help ook vir ons trou dag, want nou voel ons gemakliker met die fotograaf en ook wat om te verwag.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Om eerlik te wees, het ons geen idee gehad wat ons wou doen nie. Ons het oorspronklik besluit om fotos by die see te neem en toe gaan ons eendag na die Kasteel de Goede Hoop toe vir ʼn funksie. Ons het toe gedink dat dit sal baie mooi lyk, omdat daar verskillende areas is, en verskillende kleur mure ens.

Ongelooflik dankbaar dat ons besluit het om daar fotos te neem. Dit lyk sommer of mens in ʼn ander land is.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons wil die verlowing seisoen / hierdie fase van ons lewe geniet. Baie herinneringe maak. Ek sal nie sê daar is vrese of verwagtinge nie. Net verwagtinge om saam te werk met trou beplanning haha. Om ʼn troue te beplan is BAIE meer beplanning en baie meer stresvol as wat ons oorspronklik gedink het. Maar ons herinner ons self om elke oomblik te probeer geniet, asem te haal as dit bietjie oorweldigend raak en ook nou en dan ʼn breek te vat.

Ons probeer ook hierdie fase van ons lewe geniet, tussendeur trou beplanning en werk.

Visie vir droomtroue:


Ek het van dag een af gesê ek gaan nie alles self doen nie, en raai wat. Ek doen omtrent alles self! Hahaha.

Ons gaan net buite Gansbaai trou by Murasie Venue. Altyd gedink ons sou op ʼn wynplaas trou, maar toe vang Murasie ons oog. Daar is baie verskillende “WOW” faktore by Murasie Venue. Dit is die seremonie area, die onthaal saal, die stunning dam area. Ons is baie opgewonde.

Ons wil nie regtig ʼn groot troue hê nie, maar ons lys is omtrent so 90 gaste.

Die kleurskema is glad nie wat ek oorspronklik aan gedink het nie, maar ek dink dit gaan stunning lyk!

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: