Emilio & Carmen se Romantiese Troue in Durbanville

Emilio en Carmen se romantiese troue in Durbanville was ʼn gebeurtenis vol skoonheid en betowering. Omring deur prentjiemooi landskappe, hartlike geselskap, en ʼn asemrowende venue, het hul troudag soos ʼn sprokie gevoel.

Die seremonie het in ʼn pragtige kerk plaasgevind, met hul naaste familie en vriende wat die heilige oomblik gedeel het. Die kerk was versier met elegante wit blomme en delikate rangskikkings wat langs die kerkbanke af gestrooi was, wat die atmosfeer nog meer romanties gemaak het.

Emilio en Carmen het hul liefde gevier by die lieflike Loch Lynne Wine Estate in Durbanville. Hierdie pragplaas, omring deur asemrowende natuurskoon, bied die perfekte agtergrond vir onvergeetlike trou foto’s. Dit is die ideale bestemming vir paartjies wat droom van ʼn luukse trou venue in die hartjie van die Kaapse Wynlande.

Die talentvolle span van Fabulous Flowers & Gifts het verseker dat elke blomrangskikking ʼn kunswerk op sy eie was. Van Carmen se pragtige wit handruiker tot die delikate ruikers vir die strooimeisies en die fyn blom boutonnières vir die bruidegom en sy gevolg, was elke detail perfek. Die indrukwekkende blom ontwerpe in die middel van die gaste tafels het ʼn elegante flair bygedra tot die stylvolle tafeldekor.

Ons is opgewonde oor die paartjie se keuse van dekor en kleurskema. Die eenvoudige, maar tog stylvolle dekor het ʼn gevoel van tydlose elegansie geskep. Subtiele goue elemente op die gaste geskenke en onderborde het ʼn ekstra tikkie luuksheid bygevoeg, terwyl die deurskynende stoele die moderne estetika van die venue gekomplimenteer het. Skitterende kerse en feetjie liggies teen die mure het ʼn romantiese, warm en gesellige atmosfeer geskep wat die aand vol magie gemaak het.

Rol af om meer te lees oor Emilio en Carmen se betowerende troudag. Geniet ook die pragtige foto’s wat Coba Photography geneem het.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het ontmoet by ʼn vriend se 21ste verjaardag in 2019. Ons het nie met mekaar by die partytjie gepraat nie, maar later daardie aand het Emilio my op Instagram gevolg nadat hy my naam van ons vriend gekry het. Praat van ʼn modern liefdesverhaal, want ek het hom eerste ʼn boodskap gestuur op Instagram!

Emilio het my gevra om te trou op die aand van ons vriend se troue (dieselfde vriend by wie se verjaarsdag ons ontmoet het). Hy het na die troue by die lodge waarin ons gebly het, my gevra om sy vrou te wees. Dit was beurtkrag (natuurlik), so hy moes die lanterns uitbring sodat hy die ring kon opspoor! Ek was só opgewonde ek kon skaars slaap! Dit was in Maart 2023 and 11 maande daarna het ons getrou.

Trourok:


My trourok was tipies prinsesstyl. Omdat my velkleur bleker is, het ek ivoorkleur in plaas van spierwit gekies. Die hele rok was met kant gemaak en dit het ʼn liefling-halslyn gehad. Die rok was baie tradisioneel, met ʼn lang trein en kant-sluier gemaak van dieselfde kant van die rok. Toe ek daardie dag in die kerk afstap en in the aand saam met my man gedans, het ek soos ʼn regte prinses gevoel!

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Die bruidegom se gunsteling herinnering was om die bruid vir die eerste keer te sien, die seremonie, die eerste dans, sosialisering met vriende en familie, en die kos.

Die bruid se gunsteling herinnering is nie een nie, maar baie. Van regmaak met die meisies, saam met my ma kerk toe ry, die bruidegom vir die eerste keer by die altaar sien, om ja te sê en om die ring aan my man se vinger te sit en om die hele aand saam met my familie, vriende, en my man te kon kuier.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Onthou altyd hoekom julle trou. Luister na jou verloofde en wees oop om nuwe idees rakende jou troue te bespreek. Dit sal soms stresvol wees (en duur) maar die geluk en vreugde wat jy op jou troudag voel, maak die beplanning alles die moeite werd. Op die ou end is liefde al wat saak maak.

Verloof- en Trouringe:


Vir die verloofring het ek (Emilio) my ma gevra om my te help om die beste ring vir my meisie uit te kies. Ek wou hê dit moet ʼn verrassing wees, maar wou ook ʼn vrou se opinie hê oor die ring.

Ons het toe saam ons trouringe gaan uitsoek en kies. Ons albei hou van goue juweliersware en het dus klassieke goue trouringe gekies. Vir ons is die simboliese betekenis agter die trouring, wat ewige liefde beteken, die mees spesiale en belangrikste betekenis agter die ring.

Meer oor Loch Lynne Wine Estate:


Loch Lynne Wine Estate is ʼn pragtige wynlandgoed met ʼn trou venue perfek geleë in die  Durbanville Wyn Vallei, met uitsigte oor die stadsliggies van ʼn afstand. Loch Lynne het verskeie areas beskikbaar waar julle jul droomtroue of spesiale geleentheid kan hou.

Daar is ʼn ruim stylvolle onthaal lokaal perfek vir troues en funksies.  Die buitelug binnehof is perfek vir ʼn buitelug seremonie, intieme troue of funksie. Vir die seremonie kan julle gebruik maak van Loch Lynne se pragtige glas huis lokaal.  Die keuse is julle sin.

Om julle spesiale dag nóg meer onvergeetlik te maak, bied Loch Lynne ʼn volledige trou koördinering- en spyseniering diens. Hulle het ook ʼn alles-insluitende trou pakket opsie vir julle troudag.    Die onthaal lokaal se dekor elemente sluit in swart-en-wit vloere, kandelare, vloer-tot-plafon-glasdeure en geselekteerde meubels.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Die troukoördineerder, fotograwe en videograwe. Dit is só belangrik om betroubare diensverskaffers sowel as fotograwe en videograwe te hê, want jy sal terugkyk na daardie oomblikke vir die res van jou lewe.

Trou Venue:


Ons het by +/-12 venues rondgekyk, aanlyn tot Stellenbosch, Somerset-Wes, Paarl en Franschhoek. Ons het uiteindelik besluit op Durbanville, wat perfek was, want dit was naby die huis, naby familie, kamers vir gaste om te bly en vir die bruids-gevolg om gereed te maak. Dit was ook binne 15 minute se ry van die kerk af, so dit het alles op die ou end perfek uitgewerk.

Meer oor Fabulous Flowers & Gifts:


In die hart van Fabulous Flowers and Gifts lê ʼn diepgaande oortuiging dat die skoonheid van die natuur die vermoë het om betekenisvolle verbindings te skep, vreugde te bring en menslike bande regoor Suid-Afrika te versterk. Hulle is nie net daar om blomme en geskenke te verkoop nie, maar om oomblikke van ware menslike verbinding te kweek in ʼn wêreld wat toenemend ontkoppel raak. Hulle benader dinge op ʼn unieke manier.

Fabulous Flowers and Gifts skep en lewer pasgemaakte blommerangskikkings vir alle geleenthede, asook gekureerde geskenk bokse wat die lewe se spesiale oomblikke vier. Hulle voorsien ook onvergeetlike geleentheid blomme en -dekor, en gebruik volhoubare, plaaslik-gekweekte produkte. Boonop bied hulle digitale platforms aan wat die geskenk proses makliker en meer doeltreffend maak.

Trou Dekor en Styl:


Ons algehele kleurskema was dié van wit met ʼn bietjie goud (getoon met klein dekor soos die kers trou gunste), groen (getoon in die blommerangskikking) en ballet-pienk (vir die rokke van die strooimeisies).

Eerste Dans:


Perfect Symphony – Ed Sheeran & Andrea Bocelli

Trou Begroting en Beplanning:


Ons het 9 maande lank aan ons troue vir 120 gaste beplan, met ʼn begroting van R3 300 per persoon, en het ʼn koördineerder gebruik om ons te help.


    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: