Versteekte kostes: Die onsigbare vyand in kontrakte

Mens hoor gereeld van paartjies wat uiteindelik meer betaal as wat hulle aanvanklik vir ʼn diens of produk gekwoteer is. Die rede hiervoor is dikwels dat hulle nie die kontrak se bepalings en voorwaardes deeglik gelees het nie. Dit is dus belangrik om uit te kyk vir versteekte kostes in kontrakte om seker te maak julle weet presies waarvoor julle teken.

Vrywaring: Mooi Troues is nie regskenners nie en kan ook nie regsadvies gee aan enige leser nie. Hierdie artikel bied ʼn algemene oorsig van wat paartjies in kontrakte moet oplet. Vir professionele regsadvies, raadpleeg ʼn gekwalifiseerde regskenner.

Kontrakte is van uiterste belang, en ons glo dat elke trou diensverskaffer en hul kliënte ʼn skriftelike kontrak moet hê. Dit verwyder enige onduidelikheid, mits die kliënt die kontrak en sy bepalings en voorwaardes verstaan.

As die kontrak ingewikkelde regsterminologie bevat wat julle dalk nie verstaan nie, is dit die beste om ʼn prokureur te raadpleeg. Die prokureur sal die kontrak deur te gaan en aan julle te verduidelik voordat julle instem om te teken. Onthou, ʼn kontrak is nie net daar vir wanneer dinge goed verloop nie; dit is daar om seker te maak alles is akkuraat en regverdig indien daar probleme ontstaan.

Watter dienste of produkte is ingesluit:


Hierdie is een van die heel belangrikste aspekte van ʼn kontrak. Dit maak nie saak wat die kwotasie of faktuur sê nie; maak seker dat dit duidelik in die kontrak gestipuleer word.

Lees noukeurig deur alles wat ingesluit en wat nie ingesluit is nie. As daar iets is wat nie sin maak nie, noteer dit en vra die diensverskaffer per e-pos om verduideliking oor die spesifieke klousule of paragraaf.

Moet nie aanneem dat iets ingesluit of uitgesluit is net omdat dit nie in ʼn klousule gespesifiseer is nie. Dit is die rede waarom kontrakte bestaan – om duidelikheid te bring.

Indien die kontrak een ding sê en die faktuur ʼn ander ding, is dit altyd belangrik om die kontrak meer bindend te ag as die faktuur, tensy die kontrak duidelik aandui dat die faktuur die bindende dokument is.

Kyk na die betaal klousule:


Maak seker dat julle die betalings klousule verstaan, want dit kan onnodige verwarring veroorsaak. Kyk na die betalings struktuur en bepaal watter betalings wanneer gemaak moet word, hoeveel betaal moet word op ʼn gegewe tyd, en waarvoor die betalings bedoel is.

Kyk na die deposito gedeelte van die betalings klousule en maak seker of ʼn deposito terugbetaalbaar is. Dit is moontlik dat julle ʼn besprekings fooi in plaas van ʼn deposito betaal, so maak seker dat julle hierdie verskille verstaan en aandag hieraan gee.

Maak seker dat julle die sperdatums vir betalings verstaan. Kyk of daar spesifieke betaal metodes vereis word, soos elektroniese bank oorbetalings, krediet- of debietkaart betalings, of kontant.

Let ook op wanneer die finale betaling gemaak moet word.

Wat van uitstellings en kansellasies:


Oh aarde, mens wil nie hê dit moet gebeur nie, maar dit doen wel. Kansellasies en uitstellings is ʼn werklikheid. Niemand kan help wat in die toekoms gebeur nie.

Kyk of daar iets gespesifiseer is in die kontrak vir die geval dat julle jul troudag moet uitstel of kanselleer. Wees bewus van watter geld julle sal verloor en watter bedrae julle nie hoef te betaal nie.

Maak seker julle verstaan wat die gevolge is indien julle jul troudag moet uitstel of kanselleer. Dit is vanselfsprekend dat daar kostes verbonde sal wees as julle die diensverskaffer se diens of produk wil kanselleer, so maak seker julle verstaan die implikasies hiervan.

Beëindiging van dienste klousule:


Hierdie is ietwat anders as die kansellasieklousule, maar steeds deel van die kansellasieklousule se bepalings en voorwaardes. Die beëindiging van dienste-klousule handel oor ʼn wedersydse besluit om die kontrak en dienste of produkte te kanselleer weens ongelukkigheid oor die diens of verhouding tussen die kliënt en die diensverskaffer. Indien daar só ʼn klousule is, maak seker julle verstaan elke detail daarvan.

Wat gebeur in noodgevalle?


Niemand kan noodgevalle voorspel nie, en dit kan beide die kliënt en die diensverskaffer raak. Maak seker daar is ʼn klousule wat verduidelik wat gebeur indien daar ʼn noodgeval is en een van die partye nie hul kant van die ooreenkoms kan nakom nie. Hierdie klousule sal verduidelik wat in sulke omstandighede gebeur.

Indien die diensverskaffer op die laaste minuut nie meer die dienste of produkte kan lewer nie, wat sal die gevolge en oplossings wees? Let veral op die oplossings wat aangebied word. Soms bied diensverskaffers alternatiewe soos ʼn ander diensverskaffer wat hul kan vervang of namens hulle die werk kan doen. Ander kere kan die dienste of produkte terugbetaal word aan die kliënt.

Hierdie is ʼn baie belangrike klousule, so maak seker julle gee aandag hieraan en verstaan die voordele en nadele indien daar ʼn noodsituasie sou ontstaan.

Klousules rakende beperkinge van aanspreeklikheid:


Maak seker julle trou diensverskaffers het openbare aanspreeklikheid versekering. Veral as hulle dienste van so ʼn aard is waar iemand beseer kan word. Dit mag dalk vreemd klink, maar die klousule rakende beperkinge van aanspreeklikheid is ʼn vrywaring klousule waarmee diensverskaffers hulself kan vrywaar van sekere verpligtinge.

Lees hierdie klousule noukeurig deur en verstaan wat dit vir julle beteken. Sodat julle bewus is van die risiko’s en verantwoordelikhede wat dalk nie gedek word nie.

Artikel Krediet:

Vrywaring: Mooi Troues is nie regskenners nie en kan ook nie regsadvies aan enige leser bied nie. Hierdie artikel is ʼn algemene oorsig van wat paartjies in kontrakte moet oplet. Vir professionele regsadvies, raadpleeg ʼn gekwalifiseerde regskenner direk.