Schalk & Dune se hartroerende Stellenbosch paartjie fotosessie met hul twee wollige honde is te pragtig om in woorde te beskryf. Hierdie wonderlike paartjie het ʼn ongelooflike oulike fotosessie gehad saam met die talentvolle fotograaf, Stella Uys Photography, in die hartjie van Stellenbosch.
Kerkstraat in Stellenbosch was die perfekte plek vir hierdie spesiale fotosessie, waar mooi herinneringe soos hierdie “familie-fotosessie” vasgevang kon word. Omring deur die pragtige argitektuur van Stellenbosch en die herfskleure van die bome, het dit die ideale agtergrond gevorm.
Ons is dol oor die paartjie se uitrustings vir die fotosessie. Dit was stylvol, maar nie te formeel nie, met ʼn neutrale kleurpalet wat perfek vir die geleentheid was.
Ons kan paartjies nie genoeg aanmoedig om saam foto’s te neem nie. Die tyd vlieg só vinnig verby en mens vergeet om tyd te maak vir mooi foto’s. Dit is só belangrik om kosbare herinneringe soos dié van Dune en Schalk se fotosessie te hê. Die paartjie het soveel moeite gedoen om hul pragtige viervoet-kinders deel van hul fotosessie te maak.
Jy kan sommer aan die pragtige foto’s sien dat die paartjie hulself gate uit geniet het in hul tuisdorp. As julle ʼn paartjie-fotosessie beplan, doen dit op ʼn plek waar julle gemaklik voel. Kies ʼn pragtige plek waar julle as paartjie kan ontspan en net julself kan wees.
Rol af om meer te lees oor die paartjie se fotosessie en om die wonderlike foto’s te sien.
Die eerste ontmoeting:
Ons het altwee in Potch studeer en het tydens ʼn koshuis-aksie mekaar ontmoet. Ons is nou al 6,5 jaar getroud.
Gunsteling eienskappe van mekaar:
Schalk se gunsteling eienskappe van Dune: haar liefde en passie vir die lewe, hoe sy lag en altyd voluit lewe. Haar liefde vir die Here en waardes. Natuurlik ook haar liefde vir reis en haar groot drome.
Dune se gunsteling eienskappe van Schalk: nie net is hy vir my die mooiste man nie maar sy intelligensie maak hom ook aantreklik. Ons het baie dieselfde waardes en liefdes.
Drome as paartjie:
Om die wêreld te reis, saam ʼn besigheid te begin en ʼn verskil in ons gemeenskap maak.
Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:
Bergklim, wynplase en koffie winkels besoek, met ons honde see toe gaan en ook lui wees voor die kaggel in die winter.
Rede vir die fotosessie:
Ons wou graag mooi fotos hê saam ons honde, Summer en Dream. Stella Uys Photography het ook ons trou fotos geneem so ons het net geweet ons moet haar weer bespreek vir ons ‘family shoot’.
Inspirasie agter die fotosessie:
Ons wou graag dit in ons dorp, Stellenbosch doen saam met ons honde. So een oggend vroeg het ons lekker fotos geneem in Kerkstraat.
Visie vir ʼn romantiese afspraak:
Schalk: Piekniek bo op ʼn berg.
Dune: ʼn Dag trippie na ʼn nuwe dorpie of wynplaas.
- Fotograaf: Stella Uys | Kontak
- Fotosessie Ligging: Stellenbosch