Paul en Elize se vrolike troue in Philadelphia was ‘n fees vol groot sonneblomme en baie glimlagte. Die paartjie het hulle spesiale dag gevier by ‘n prentjie mooi plek naby Melkbosstrand.
Die talentvolle Ruth and Co Photography het Elize en Paul se dag vasgevang met pragtige foto’s. Ruth & Co se styl, met donker ondertone en kleurvolle besonderhede, is ongelooflik mooi. Hulle het ook ‘n prettige fotosessie op die strand gehad wat jy later in dié artikel kan sien.
Die helder sonneblomme het ‘n vrolike atmosfeer aan die dag gegee. Die troue se kleurskema was ‘n pragtige kombinasie van ligpers, pruim, groen en grys aksente. FAB Florals & Events het gesorg vir die trou dekor, blomme en dekor huurdienste. Met FAB Florals & Events betrokke, kan jy verseker wees van professionele en talentvolle diens.
Die hout tafels was pragtig versier met sagte linne tafellopers. Klein blompotjies en groot sonneblom ontwerpe het die tafels gesellig en romanties gemaak. Kerse op die tafels het ‘n warm en uitnodigende atmosfeer geskep waar gaste mekaar se geselskap en die paartjie se spesiale dag kon geniet.
DJ Husky Dan het verseker dat die gaste lekker musiek en vermaak vir die aand gehad het. Die beligting het die dansvloer helder gemaak, en almal het hulself gate uit geniet!
Rol af om meer te lees oor die paartjie se troue en hul liefdesreis.
Paartjie se Liefdesreis:
Albei my Ma en Paul se ma is deel van ʼn tweeling. Hulle was saam op skool in Worcester. Hulle was huisvriende. Albei my ouers en Paul se ouers het huis gekoop in Grabouw en so het die vriendskap tussen hulle aangehou. Ek en Paul het saam groot geword as huis vriende.
Ons het in 2017 dit official gemaak. Vir die verlowing het ek altyd iets intiem gesoek. Ons het verloof geraak 28 Februarie 2023. Paul het ʼn piekniek beplan in ons tuin. Hy het die picketfence vol fairy lights gemaak met Sonneblomme orals in die tuin en op piekniek kombers.
My vriendin Katelynn het my uitgevat vir ete die aand. Toe ek by die huis kom het Paul vir my tuin toe gevat om ʼn “mooi blom” te wys in die tuin. Ek het niks vreemds gevind weens die rede dat ons mal is oor tuin maak. Hy het ons gunsteling liedjie gespeel “Somewhere Over the Rainbow” toe ons tuin toe loop. Ek was baie verras. My suster Shawney het alles skelm afgeneem. Toe ons champagne skink was daar klop aan ons voordeur. Toe ek oop maak was my ouers en Paul se familie voor die deur met ʼn braaibak en brood in die hand. Dit was baie spesiaal en só deur gedink.
Trourok:
Ek het vir ʼn hele tyd ʼn paar bruid winkels gevolg op sosiale media om net ʼn idee te kry van rok ontwerpe en waarvan ek sal hou. Ek het baie gehou van die korset tipe rok wat styf is bo en los en vloei onder. Die plek wat ek tee gekom het is sustainable. So vir elke rok wat mens deur hulle koop plant hulle ʼn boom. Ek het dadelik geweet wat my rok is toe ek dit aangepas het. Ek het só spesiaal gevoel en dit het baie gemaklik gevoel. Moes eers paar dans passies gooi om seker te maak ek sal heel aand met dit gemaklik kan rondloop. Die rok is Chiffon met moue wat afgehaal kan word vir die onthaal gedeelte. Wat dan dun bandjies het. Die rok is gemaak deur Aleena Lena Bridal.
Verloof- en Trouringe:
Ek wou altyd ʼn ring gehad het wat Paul ontwerp het om dit uniek te maak. Die diamant se cut’ wou ek rond gehad het met geen hakies nie. Met die bedryf wat ek in is (SUSTER) wou ek ring hê wat nie sal haak. Paul het my ring ontwerp wat bestaan uit Platinum vir die band asook 0,25 Karaat Diamant met 6 klein diamante aan beide kante. Vir die trou band het ons besluit op Platinum band met 13 klein swart diamante wat perfek inpas met die vorm van my verloof ring. Paul is ʼn eenvoudige persoon so het gegaan met ʼn swart Tungsten ring.
Trou Dekor en Styl:
Ek is mal oor Sonneblomme en een van my gunsteling kleure is Lilac. Ons het dus besluit op Lilac, Plum, Groen en Grys. My man het gehou van die idee van ʼn grys pak. Die geel van die sonneblomme het baie goed gewerk saam met die kleur van die pakke, asook die bruids meisies se rokke. Ons het gegaan vir rustieke tema.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Dit is moeilik om iets uit te sonder. Ek was so gelukkig dat al my naaste familie en vriende by my troue was. So ver as Springbok, almal het nogsteeds tyd gemaak vir my groot dag. En natuurlik dat my Ouma Rika van amper 94 jaar oud deel was van ons dag.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Almal was fantasties. Ek kan wel noem dat Lizette die gasvrou van die venue só baie moeite gedoen het en het heeltyd seker gemaak alles loop glad, asook altyd gesorg het dat die bruidspaar iets in die hand het – of kos of ʼn drankie.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Om ʼn troue te reël is baie stresvol. Mens kan dan maklik vergeet waaroor dit werklik gaan. Ons sal sê geniet elke stap en as jy iets kan D.Y.I. nóg beter. Dit gee dan baie tyd vir die paartjie om tyd saam te spandeer.
Trou Venue:
Ons het vroeg in ons verlowing besluit op onthaal in Caledon “De OudeKraal”. So 6 maande voor ons troue het die venue vir ons laat weet dat met die storms het die venue heeltemal plat geval. Ons het juis ʼn onthaal gesoek wat baie mooi bome het vir die seremonie. Was natuurlik baie moeilik om nuwe onthaal te vind só naby aan ons trou datum met al die diensverskaffers wat reeds betaal is vir die spesifieke datum. Ons het rond gesoek en venue gevind nader aan ons. Naby Melkbosstrand ‘ Die Heuwel’. Dit het die mooiste uitsigte gehad en onthaal area gehad buite. So dit was perfekte pas vir ons rustiek tipe idee vir ons troue.
Meer oor FAB Florals & Events:
FAB Florals & Events het in 2015 in Hermanus begin as ʼn blomwinkel. Gou het die aanvraag in die trou-industrie hulle grootste fokus geword. Vandag is hulle gebaseer tussen Stellenbosch en die Paarl op die Delvera Landgoed.
Die eienaars, Dieter en André, bring gesamentlik meer as 40 jaar se ervaring in troues en funksies. Hulle glo niks is te groot of te klein om aan te pak nie. Hierdie span maak jou drome waar vir jou spesiale dag. As jy kan droom, is hulle die regte keuse. Hulle reël van tradisionele troues met ʼn oorvloed blomme op ʼn wynplaas tot ʼn dansparty-troue in ʼn kloof in die Karoo.
Die span loop altyd die ekstra myl. Hulle bied ʼn een-stop diens waar jy alles onder een dak kan beplan. Hulle maak seker jy kry waarde vir jou geld en dat jou begroting oordeelkundig aangewend word. FAB gebruik slegs die beste vars blomme en gaan tot enige lengtes om die regte blomme vir elke troue te kry.
Die FAB-span is goed gekonfyt in die hantering van sowat 100 troues per jaar. Hulle sal al jou behoeftes van blomme tot beligting en dekor uitsorteer.
Eerste Dans:
Berenice West – Soen my op my mond
Trou Begroting en Beplanning:
Paul en Elize het vir elf maande self aan hul troue beplan. Die koste van hul troue was ongeveer R2 900 per kop en hul het 65 gaste onthaal.
Meer oor DJ Husky Dan:
DJ Husky Dan is ʼn trou platejoggie wat musiek bied vir onthale, seremonies, voor drankies, en beligting om gaste se aand te geniet. Hoë kwaliteit luidsprekers en subwoofers verseker ʼn onvergeetlike ervaring. Hy verskaf ook platejoggie dienste vir matriekafskeid, jaareindfunksies, en klub geleenthede. As ʼn passievolle platejoggie streef hy na uitmuntendheid en om ʼn glimlag op sy gaste se gesigte te bring.
Meer oor Ruth & Co:
Die Ruth and Co Photography.-fotografie span strewe daarna om spesiale oomblikke te verewig – liefde en kuns kan nie nagemaak word nie. Daardie besonderse glinstering in jou oog wanneer jy na jou geliefde kyk, kan nie vervals word nie! Vind jou waarheid en leef dit. Dit is eers dan wanneer jy waarlik gelukkig kan wees. Ruth & Co sal daar wees om die oomblik vir altyd vas te lê. Ruth & Co – sedert 2003 – die naam wat jy kan vertrou. Kontak Ruth & Co vir julle fotografie en videografie behoeftes vir jul troudag.
- Fotograaf: Ruth and Co Photo & Film | Kontak
- Venue: Die Heuwel Venue | Kontak
- Blomme: FAB Florals & Events | Kontak
- Bruidegom-pak: Euro Suit (Canal Walk) | Kontak
- Dekor: FAB Florals & Events| Kontak
- Fotohokkie: Meeds Creative| Kontak
- Grimering: Zhanique Make-up & Hair| Kontak
- Hare: Zhanique Make-up & Hair| Kontak
- Huwelik kontrak: FPS Attorneys| Kontak
- Huurdienste: FAB Florals & Events| Kontak
- Huweliksbevestiger: Ds Helene De Klerk (NG Kerk Moedergemeente Kuilsrivier)| Kontak
- Juweliersware: Lovisa South Africa| Kontak
- Koördineerder: Die Heuwel Venue (Lizette)| Kontak
- Kroegdiens: Die Heuwel Venue| Kontak
- Musiek: DJ Husky Dan| Kontak
- Platejoggie: Pa van Bruid ( Dana Fourie)| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: FAB Florals & Events| Kontak
- Skoene: Woolworths South Africa| Kontak
- Spyseniering: Leonor’s Delight (Die Heuwel Venue)| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Shein South Africa| Kontak
- Trourok: Once Worn Bridal| Kontak
- Bruid se Trouring: Hardy Maritz Handcrafted Jewellery| Kontak
- Bruidegom se Trouring: NWJ Jewellery (Cape Gate Mall)| Kontak
- Troukoek: Sanette Auret (Skoon ma)| Kontak
- Vermaak: Melkbos Beach Lodge| Kontak
- Vervoer: MKL Tours| Kontak
- Videograaf: Ruth and Co Photo & Film| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Suid Afrika – Wes Kaap – Franskraal.
- Wittebrood Plek: 180 Degrees Seefront Kothuis.| Kontak