Martin & Claudia se Dramaties Verlowing Fotosessie

Martin en Claudia se dramatiese verlowing fotosessie, met sy donker en dramatiese foto’s, is ongelooflik pragtig. Ons is absoluut versot op foto’s wat soms ʼn buierige en dramatiese ondertoon het, en dit is presies wat hierdie paartjie se verlowingsfotosessie uitbeeld.

Hulle het by ʼn asemrowende ligging die mooiste foto’s geneem – foto’s wat intiem, romanties en sonder twyfel ʼn storie van ʼn spesiale band vertel. Die gebou se dekor, natuurlike lig, en die amper ouwêreldse gevoel van ʼn groenhuis het die hele fotosessie so veel meer dramaties gemaak. Met die sonlig wat op die paartjie skyn en die pragtige interieur, lyk die foto’s asof dit uit ʼn mode tydskrif kom.

ʼn Verlowings fotosessie is só ʼn wonderlike idee vir paartjies. Dit is nie net ʼn belangrike geleentheid nie, maar kan ook baie pret wees. Paartjies kan liggings en temas kies waarvan hulle hou en dit in hul fotosessie insluit. Dit gee die paartjie die kans om gemaklik te raak voor die kamera en om moontlik ook hul trou fotograaf beter te leer ken.

ʼn Verlowings fotosessie kan ook ʼn proeflopie wees met verskillende trou fotograwe, sodat julle kan sien met wie julle gemaklik voel. Dit is iets wat baie paartjies doen. Hulle bespreek fotograwe vir paartjie fotosessies en besluit dan wie hulle wil huur vir hul troudag.

Rol af om meer te lees oor die inspirasie agter die paartjie se verlowingsfotosessie en ook om meer te wete te kom oor hul liefdesreis.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Klassieke ‘boy meets girl’ in ʼn uni-pub. Ons het vriende in gemeen gehad en toe word ons universiteitsliefdes. Ons was net minder as sewe jaar saam voor ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Ek is ʼn natuur liefhebber. Martin het my gevat om die Hole in the Wall op Thompsons Bay te gaan verken. Trou was nie ʼn verrassing nie, maar die verlowing was. Martin het iemand gevra om ʼn “foto van ons by die gat in die muur” te kry. Die persoon wat moes fotos neem kon dit nie maak nie en, heel toevallig, was die tannie wat hy gevra het om paar fotos te neem ʼn fotograaf! What luck!

Hoekom ons mekaar liefhet:


Martin:

Jou onvoorwaardelike omgee, en dat jy die mees ekstroverte persoon is wat ek ken wat die vermoë het om dinge meer ongemaklik te maak as enige introvert wat ek nog ooit ontmoet het.

Claudia:

Martin se rustige, geduldige, beskermende geaardheid. Hy het my nog nooit laat voel soos te veel of te oorweldigend om lief te hê nie. Dis vir my een van die manlikste eienskappe moontlik. Oh, en hy’s hilarious!

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Net so oor ʼn jaar en ʼn half.

Die verloofring:


My verloofring is ʼn roosgoud blom met pienk en groen steentjies, die ring is spesiaal vir my laat maak. Ek het nie geweet watter ring ek sou kry nie en was baie verras. Martin het vir my ʼn hele klomp opsies gewys en toe stil geraak. Die een wat hy toe gekies het was die ring wat altyd in my kop vas gesteek het – hy ken my goed.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ek wou die magical tyd vir altyd onthou, dis so opwindend en kosbaar. Ek wou ook sien hoe die fotograaf sou vaar met my kunstige, ongewone styl en, ek moet sê, sy het haarself oortref!

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ek het ʼn baie moody, ongewone styl en wou iets skep wat jou aandig sou vang en hou, maar tog iets wat romanties en intiem was. Ek het ʼn tydskrif foto gesien wat die hele konsep begin het en Kayla het dit gevat en vir ons in realiteit omskep, sy het nog inspirasie fotos en die perfekte venue gevind en sy het die brief besonders uitgevoer!

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Dat ons nie genoeg tyd of fondse gaan hê om al die fynere details afgehandel te kry nie.

Visie vir droomtroue:


My droom troue is celestial (nag onder die sterre). Ek wou iets dramaties maar whimsical en romanties hê. Iets wat gesellig en intiem voel sonder om te kies tussen ons belangrikste mense. Ons venue is ideaal daarvoor. Die onthaal is pragtig met swaar hout tafels en pragtige skuur deure en sluit baie goed in, soos ons trou beplanner en al die liggies wat ʼn celestial troue moontlik nodig kan hê.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: