Johan & Anzelle se Asemrowende Buitelug Troue in Pretoria

Johan en Anzelle se buitelug troue in Pretoria sal jou asem wegslaan. By Mooi Troues is ons versot op buitelug troues – daar’s iets só romanties aan ʼn troue onder die sterre.

Anzelle het beeldskoon gelyk in haar pragtige ontwerpers rok, spesiaal vir haar geskep deur Karen Couturier. Die eenvoudige ontwerp met die lae, oop rug was asemrowend. Om haar voorkoms te voltooi, het sy ʼn lang sluier met fyn besonderhede gedra. Karen Couturier het ook die strooimeisies en blommemeisie se rokke ontwerp. Johan het dapper gelyk in sy swart pak en strikdas.

Die paartjie het by die beeldskone Bell Amour Wedding Venue, net buite Pretoria, getrou. Die venue se Kaapse atmosfeer met wingerde het die perfekte agtergrond vir hul spesiale dag geskep. Hul onthaal onder die sterre was iets besonders. Bell Amour Wedding Venue het ook gehelp met die dekor en blommerangskikkings.

Love Beloved het bygedra tot die pragtige troudekor. Die subtiele dekor-elemente was besonder mooi. Twee lang houttafels, bedek met dekor in sagte skakerings van pienk, ivoorwit en roomkleur met ʼn tikkie swart, het perfek by die paartjie se styl gepas. Die kombinasie van kort en lang, dik en dun kerse op die tafels het hoogte en vorm geskep en ʼn romantiese atmosfeer geskep. Wit Tiffany-stoele het ʼn pragtige kontras teen die natuurlike omgewing gevorm en perfek by die tafeldekor gepas.

Rol af om meer te lees oor Johan en Anzelle se liefdesreis en troudag. Geniet die foto’s van die talentvolle trou fotograwe, The Prahl-Andresen’s, hieronder.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het op skool ontmoet. Ek (Anzelle) was 14 en Johan was 15 toe ons ontmoet het (2015). Vanaf ons ontmoet het was ons onafskeidbaar. Ses jaar later is ons verloof op Llandudno Strand in die mooie Kaap. Ek het niks verwag nie – inteendeel was ek die een wat gesê het ek wil ʼn fotosessie op die strand bespreek vir ons. Johan het die geleentheid van die fotosessie gevat en die groot vraag gevra. Dit was een van die mees spesiale oomblikke van ons lewens.

Trourok:


My trourok was onverwags. Hand gemaak deur een van die beste – Karen Couturier.

Ek het min-of-meer ʼn idee gehad van wat ek wil hê, maar niks van die rokke wat ek aan gepas het, het vir my uit gestaan nie. Ek het verlore gevoel want dit wat ek gedink het ek gaan dra het glad nie vir my mooi gelyk nie. Toe kom liefste Tannie Karen en haal ʼn rok uit haar rakke uit – ek het vir haar gesê “Maar Tannie dit is nie wat ek wil hê nie”. “Pas dit net aan en kyk” het sy gesê. Die oomblik toe ek in die spieël kyk het ek hoendervleis gekry. Ek was emosioneel en ek het al my bruidsmeisies en veral my ma in trane gehad. Ek het net daar en besluit dís dié rok vir my.

Daar was wel ʼn paar goed wat ek aan die rok wou verander om hom meer van my persoonlikheid by te sit. Karen het my mates gevat en notas neer geskryf van wat ek wil verander en met dit het sy my rok van begin af oor gemaak. Die neklyn is hoog om my liggaamsbou te komplimenteer (klein borste + effens breë skouers). Ek hou van ʼn oop rug (omdat ek al baie komplimente gekry het wanneer ek dit dra) dit laat my selfversekerd en elegant voel. Die Scuba Crepe materiaal was ongelooflik – gemaklik maar ook vleiend. Kleur van rok is Ivoor.

Verloof- en Trouringe:


Ons is baie sentimenteel. Ek het my roosgoud verloof ring gehou en twee trou pante laat maak om daarby te pas. Albei pante was gemaak deur van my ma en skoonma se goud ringe te smelt saam koper om die roosgoud te bereik. Ons het ook die moissaniet steen van my verloofring uit gehaal en ʼn eg diamant laat in sit. Johan het die diamant vir my ring persoonlik gaan uit kies. Johan het sy pa se verloof ring gekry as geskenk van sy ouers. Die ring was skoon gemaak en grootte verander om sy vinger te pas.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Johan: Toe ek Anzelle by die trougang sien afloop. Die dansie wat Anzelle en haar bruidsmeisies gedoen het.

Anzelle: Toe ons, ons geloftes aan mekaar en God voor al ons geliefdes bevestig het. Om al ons gunsteling mense by ons te hê om saam ons te vier. Ons eerste dans.

Meer oor Karen Couturier:


Karen Couturier maak jou droom trourok. Hulle ons doen alles – Trou rokke, strooimeisie rokke, Moeders van die bruidspaar, blommemeisie rokke, aandrokke en tot matriek afskeid rokke.

Karen Couturier se  “maak klaar” japonne en pajamas is ʼn populêre keuse vir bruide.  Hulle maak rokke op bestelling om te verseker te dat die rok perfek sit.

Nie lus om jou trourok te koop nie? Karen Couturier kan hom maak om te huur!  Karen Couturier is geleë in Pretoria Oos – Garsfontein.

Meer oor Bell Amour Wedding Venue:


Geleë in Noord-Ooste van Pretoria, is Bell Amour Wedding Venue die ideale plek vir jul troue. Geïnspireer deur die Provinsiale Frankryk kompleet met ʼn wingerd, beoog Bell Amour om ons gaste ʼn onvergeetlike diens te bied.

Trou in ʼn wingerd of Ou Franse kapel vol karakter in ʼn laventel veld. Onthaal jul gaste binne of buite onder ʼn dak van feetjie liggies.

Dans die aand weg onder die sterrelig op ons buitelig dansbaan omring deur water.

Ons bied ʼn warm familie atmosfeer en ons kos is definitief die trots van ons venue.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


  1. Geniet elke oomblik van die beplanning – julle gaan dit mis.
  2. As jy mense het op jou gastelys wat jy voel jy “moet” nooi, maar julle het maande / jare laas met mekaar gepraat, moet hulle nie nooi nie.
  3. Moet nie vergeet dat dit julle dag is nie. Doen meer van wat julle gelukkig gaan maak en minder van wat ander mense gaan gelukkig maak!
  4. Neem elke liewe oomblik van julle trou dag in. Dit gaan so vinnig verby, so koester elke oomblik!

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ek moet eerlikwaar sê dat al ons diensverskaffers wonderlik was!

Ons fotograwe (Mika en Nate – The Prahl-Andresen’s) was veral absolute legendes! Hulle was soos ons skaduwees, was heeltyd daar maar ook nie in ʼn “in jou gesig” manier nie. Ons kyk terug na van ons trou foto’s en daar is sommige foto’s wat geneem was waar ons nie eers agter gekom het hulle neem enige foto’s nie! Dit bewys net dat hulle naam, The Prahl-Andresen’s, werklikheid spreek. Mika en Nate is wonderlike fotograwe, maar net so ook lieflike mense en ek sal enige bruidspaar aanraai om met hulle te werk!

Ons venue koördineerder, Inge, was net ongelooflik! Ons geniet haar so-so baie – sy is ʼn dierbare mens, sy is gefokus en terselfdertyd is sy ʼn fees! Inge is ongelooflik kreatief – sy het al my blomme en dekor idees wat ek rond en bond vir haar gegee het, begrip en dit in een magiese troue omskep.

Mika en Nate het hand in hand gewerk met Inge om seker te maak ons dag vloei so rustig as moontlik – ons kon nie vir beter vra nie!

Trou Venue:


Ons het op die laaste nippertjie besluit om na Bell Amour te gaan kyk. Dit was nie eintlik die tipe ‘aesthetic’ waarvoor ons gesoek het nie, maar die oomblik toe ons daar aankom was ons altwee verlief. Die laventel velde het my veral herinner aan my oorlede Ouma – sy was mal oor laventel, so dit was vir ons baie spesiaal. Die eienaars by die venue het ons met ope arms en ʼn warm liefdevolle vriendelikheid verwelkom. Ons is mal oor Inge (koördineerder) en haar ouers (venue eienaars).

Meer oor Love Beloved:


Ongeag die styl of kleurskema, werk Love Beloved saam paartjies om hul prentjie mooi troue in ʼn realiteit te omskep.  Dit is Love Beloved se passie om ʼn troue te omskep in ʼn asemrowende sprokies atmosfeer.

Of dit ʼn tydlose elegansie, modern, vintage, rustieke of boheemse troue is, help Love Beloved jou met elke tree van die beplannings proses vir jou droom troudag.

Trou Dekor en Styl:


Die kleurskema was neutrale kleure, sagte pienk, ivoor, wit, beige, nudes met touches van swart.

Die styl romanties en klassiek, maar ook effens modern. Baie Blomme, liggies en kerse het ʼn feeverhaal gevoel geskep.

Eerste Dans:


Hunger – Ross Copperman

Trou Begroting en Beplanning:


Anzelle en Johan het vir ʼn jaar-en-half aan hul troue beplan. Daar was 110 gaste onthaal en die koste was ongeveer R1 600 per kop.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: