JD & Anri se Romantiese Troue in Mooinooi

JD en Anri se romantiese troue in Mooinooi, Noordwes, was ʼn werklike sprokiesdag in ʼn prentjie mooi omgewing. Die paartjie se spesiale dag was gevul met styl en elegansie, waar klassieke en moderne elemente harmonieus saamgesmelt het om ʼn pragtige troue te skep.

Hulle het ʼn betowerende buitelug seremonie onder die bome gehad, met ʼn versorgde grasperk as agtergrond. Al die gaste was pragtig geklee in ligte linne, wat perfek by die troue se neutrale en ligte kleurskema gepas het.

Ons is absoluut verlief op Anri se trou voorkoms. Haar pragtige rok, met ʼn hoë neklyn en delikate detail bo, het haar beeldskoon laat lyk. In plaas van ʼn sluier het sy ʼn elegante hoed gedra wat van dieselfde materiaal as haar rok gemaak is, wat ʼn ekstra tikseltjie styl bygevoeg het. JD het uiters deftig gelyk in sy donkerblou troupak.

Lang tafels, bedek met wit tafeldoeke en versier met wit dekor elemente, het die trou venue verfraai. Groot rottang lampskerms wat van die dubbel volume dak gehang het, het ʼn pragtige kontras teen die spierwit tafels geskep. Die wit trou tema het ʼn tydlose, romantiese en dromerige atmosfeer geskep. Kerse op die tafels het ʼn gesellige, warm en baie romantiese onthaal verseker.

Beplan julle troue? Mooi Troues se Trougids het ʼn wye verskeidenheid trou diensverskaffers om van te kies, wat professionele diens bied om ʼn stresvrye troue te verseker.

Anri en JD se troue was ʼn heerlike, gesellige geleentheid saam met familie en vriende. Rol af om meer te lees oor hierdie romantiese troue in Mooinooi.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het deur gemeenskaplike vriende ontmoet en van die eerste keer af het ons geweet ons gaan nie van mekaar ontslae raak nie. Ons het vir twee jaar ʼn lang-afstand verhouding trotseer en duisende kilometers gery of gevlieg om mekaar elke naweek te sien. JD het my op die plaas Rockwood in die Noordkaap op die oop vlaktes gevra om te trou, sonder selfoon sein en net ons twee.

Trourok:


My trourok het ʼn meermin snit en ʼn hoë nek en is gemaak uit ʼn satyn soort materiaal. Die voorkant het byna geen detail nie. Die agterkant het ʼn effense lae rug met ʼn korset vol bonkige kralewerk. Ek het gekies om ʼn strik by te voeg wat op die grond hang om dit elegant te maak. My rok het toegemaak met knopies. Ek het besluit om ʼn hoed uit dieselfde materiaal as my rok te dra i.p.v. ʼn sluier.

Verloof- en Trouringe:


JD het my verloofring self ontwerp en gekies, ek het nooit vir hom ʼn foto of idee gewys nie. Ek wou baie graag swart diamante in my troupand gehad het, maar hy het teëgeskop. Dewald, ons ring maker het hom oortuig en ek is gek daaroor! JD se ring is ook deur Dewald gemaak en hy het dit as ʼn trougeskenk vir ons gegee, wat dit vir ons altwee baie spesiaal maak.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Om al ons vriende van vêr bymekaar te hê en vir ʼn naweek lank saam met almal te kon kuier.

Vir ons altwee was die oomblik toe ons mekaar die eerste keer in die tuin sien ook baie spesiaal.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Venue: Stoorhuijs Venue
Rok: EL Heathcote Designer Wear
Blomme: Talitha Cumi Curated Floral
Grimering: Makeup by Micayla
Platejoggie: Xtreme Events

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Geniet dit net en don’t sweat the small stuff. Mense gaan nie weet wat verkeerd gegaan het nie en jy hoef nie te stres oor elke klein detail nie. Gee die man ook ʼn kans om insette te lewer terwyl julle besig is om te beplan, ek was verbaas met die goeie idees waarmee my man opgekom het en hoeveel hulp hy aangebied het gedurende die beplanning van ons troue.

Trou Venue:


Die venue was eintlik van die begin af vanselfsprekend. JD se Ma het op ʼn plaas naby Mooinooi grootgeword en die plaas is steeds in die familie. Sy Ma en Pa het in die tuin van sy Oupa en Ouma getrou. Daar is ʼn venue, Stoorhuijs, op die plaas wat sy Tannie begin het en toe besluit ons om ook in die tuin te trou en die onthaal by Stoorhuijs te hou.

Trou Dekor en Styl:


Die idee van ons troue was om alles lig te hou. Ons het vir ons gaste gevra om linne aan te trek en die dekor was alles minimalisties en meestal wit. Ons het gefokus daarop om dit klassiek te hou. Die venue self het reeds baie komponente wat dit ʼn besonderse gevoel gee, daarom was dit nie nodig om oorboord met die dekor te gaan nie.

Trou Begroting en Beplanning:


JD en Anri het self hul troue beplan in agt maande. Hulle het 120 gaste onthaal met ʼn koste van ongeveer R3 750 per kop.

Eerste Dans:


Kyk na my – Riana Nel

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: