Ethan en Jana se stylvolle moderne troue in Heidelberg, Gauteng is ’n gebeurtenis om te onthou. Ons harte is heeltemal betower deur hierdie paartjie se spesiale dag. Daar is soveel pragtige elemente waarop ons eenvoudig verlief is.
Jana en Ethan het op hul troudag stralend gelyk. Ons is dol oor die idee dat al hul gaste, sowel as die strooijonkers en strooimeisies, almal in swart geklee was. Dit het nie net ʼn elegante atmosfeer geskep nie, maar ook ʼn klassieke en tydlose voorkoms aan hul troudag gegee.
Die dekor was eenvoudig asemrowend! Die spierwit tafeldoeke teenoor die donker en moderne glas elemente van die onthaal lokaal was betowerend mooi.
Love Beloved het gesorg vir die pragtige trou dekor en blomme. As mens Love Beloved se naam by ʼn troue sien, weet jy dit gaan besonders wees. Hul oog vir detail en stylvolle blommerangskikkings in samewerking met die dekor elemente is uiters talentvol. Skakerings van wit, rooi, pienk en pers blomme het die tafels versier en dadelik aandag getrek. Die groot dubbel volume glasruite in die onthaal lokaal het die lig pragtig laat invloei en ʼn pragtige uitsig vir die gaste verseker. Skitterende kandelare het op staanders langs die tafels gestaan en oor die tafels gehang, wat nog ʼn baie elegante atmosfeer geskep het.
Elke dekor element was indrukwekkend. Van die groot swart tafelnommers, die elegante wynglase, die donker steen plekmatjies tot die wit kerse wat warmte en romanse uitstraal.
Rol af om meer te lees oor Ethan en Jana se stylvolle moderne troue en hul pragtige liefdesverhaal.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het deur ʼn gemeenskaplike vriendin ontmoet wat saam Ethan gestudeer het.
Die verlowing:
Ons het vir ʼn lang naweek na ʼn forel plaas toe gegaan net buite Dullstroom. Op die plaas is daar klomp damme waar ʼn mens kan visvang. Ethan het ʼn piekniek mandjie gepak vir my sodat ek lekker kan sit terwyl hy visvang. Voordat ons enige van die peuselhappies geëet het, het Ethan gebid vir die kos. In sy gebed het hy vir my en ons verhouding gebid en nadat hy ‘Amen’ gesê het, het hy die boks uit sy badjie gehaal en my gevra om te trou.
Trourok:
My trou rok is elegant. Dit is ʼn A-lyn rok gemaak van satyn. Dit is ʼn bandelose rok, met ʼn ʼn tipe van ʼn sweetheart design. Die romp het ʼn groot slit gehad aan die regterkant. Ek het besluit om twee verskillende ‘looks’ te hê vir die dag, so my romp was verwyderbaar. Die onder rompie was ʼn stywe romp met vere aan die onderkant.
Verloof- en Trouringe:
Jana se ringe:
Dit is ʼn ronde snit met klein diamante aan die kante (verloof ring). My trou pant is gemaak van dieselfde klein diamante as die verloof ring en dit is ʼn half eternity ring wat by die verloof ring pas. Daar is nie enige simboliese betekenis agter dit nie, ek hou net daarvan.
Ethan se ring:
Dit is ʼn silwer tungsten ring met twee strepe deur die middel.
Meer oor Love Beloved:
Ongeag die styl of kleur skema, werk Love Beloved saam paartjies om hul prentjie mooi troue in ʼn realiteit te omskep. Dit is Love Beloved se passie om ʼn troue te omskep in ʼn asemrowende sprokies atmosfeer.
Of dit ʼn tydlose elegansie, modern, vintage, rustieke of boheemse troue is, help Love Beloved jou met elke tree van die beplannings proses vir jou droom troudag.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Ethan:
My heel gunsteling oomblik is toe ek Jana vir die eerste keer sien. Die tweede een is toe sy haar romp afhaal en ek haar ‘party dress’ sien.
Jana:
Toe ek Ethan vir die eerste keer sien en besef dat ek met my beste maatjie getrou het.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Ons blomme en dekor span: LoveBeloved. Coreen het ons verwagtinge oortref met hoe elke idee wat ons gehad het só mooi bymekaar gekom het.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Moenie probeer om alles op jou eie te doen nie. As iemand aanbied om met iets te help, aanvaar dit. Ja dit is jou spesiale dag, maar jy moet ook alles in neem en nie te gespanne wees oor al die reëlings nie.
Trou Venue:
Ons het na ʼn paar venues gaan kyk, en toe ons by Beaurain aankom, het dit net ons asems weggeslaan. Ons het later agtergekom dat die plaashuis waar meeste bruide reg maak is die huis waar my skoonma gebly het toe sy jonger was.
Trou Dekor en Styl:
Die kleredrag kode vir die troue was formeel en ons het die gaste te vra om wit en swart aan te trek (die vrouens swart rokke en mans kan wit hemde aan trek). Die hele idee van die troue was dat dit stylvol en klassiek is.
Trou dekor:
Ons het staande kandelare gehad tussen die tafels. Ons het wit linne tafeldoeke gehad op die tafels, met wit kerse, wit borde, wit servette en swart eetgerei. Daar was ook blomme rangskikkings op elke tafel geplaas. Die blomme was die enigste kleur gewees sodat dit regtig uitstaan. Die blomme was verkillende kleure van ligte pienk na helder rooi.
Eerste Dans:
- Fotograaf: Gutsch Film and Photography | Kontak
- Venue: Beaurain | Kontak
- Blomme + Dekor: LoveBeloved | Kontak
- Grimering: Genevieve Jevon | Kontak
- Hare: Karen B| Kontak
- Huwelik kontrak: Chanine Goosen & Associates| Kontak
- Musiek: Music for the Soul| Kontak
- Platejoggie: Magnetic Vibes| Kontak
- Paartjie se verblyf: Beaurain| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Woolworths
- Skoene: Vonve Bridal| Kontak
- Spyseniering: Beaurain| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Lena Lisa| Kontak
- Trourok: Vonve Bridal Couture| Kontak
- Bruid se Trouring: Diamante en Goud
- Bruidegom se Trouring: Orbit Rings| Kontak
- Troukoek: Baker Boys| Kontak
- Videograaf: Gutsch Film and Photography| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Suid Afrika – Kruger Park
- Wittebrood Plek: Becks Safari Lodge| Kontak