Scy & Talia se Gesellige Herfs Troue

Scy en Talia se gesellige herfs troue in Pretoria was ʼn betowering van pragtige skakerings van helder en diep herfskleure. Herfs troues dra daardie tikseltjie ekstra romanse – nie te warm nie, nie te koud nie, net perfek.

Talia het soos ʼn droom gelyk op haar spesiale dag. Haar trourok, met sy fyn besonderhede en die skouer detail van haar sluier, het haar skoonheid net verder beklemtoon. Haar sierlike juweliersware het haar voorkoms voltooi, terwyl Scy indrukwekkend was in sy ligte neutrale pak met ʼn groen das en onderbaadjie.

Die paartjie het ʼn pragtige buitelug seremonie onder ʼn prieel gehad, met roosblare wat die pad na die altaar versier het. Omring deur die groenigheid van die natuur, het die seremonie area ʼn rustige, romantiese atmosfeer geskep.

Die onthaal lokaal was versier met warm herfskleure, perfek vir hul woud troue in die herfsseisoen. Belle Doux het die trou dekor en blom ontwerpe behartig, en ons is dolverlief op die voorkoms. Die dekor en blom ontwerpe het diep, helder skakerings van oranje en rooi ingesluit – ideaal vir die trou styl.

Die helder herfskleure het ʼn gesellige, warm atmosfeer geskep. Tafels was versier met mosterd geel tafeldoeke wat tot op die vloer gehang het en bypassende servette. Goue elemente, soos kersstaanders, het ʼn elegante aanraking bygevoeg, terwyl rottang plekmatjies die tema afgerond het.

Rol af om meer te lees oor die paartjie se liefdesreis en om die pragtige oomblikke van hul troudag te beleef.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek en Scy het ontmoet in Pretoria gedurende my universiteit dae en ons vriendskap het baie vinnig geblom. Tenspyte daarvan dat ons ver van mekaar was gedurende vakansie tyd, omdat ek terug is Durban toe, het ons in verbinding gebly met lang telefoon gesprekke.

Eens terug in Pretoria, het ons besluit om ons vriendskap na die volgende vlak te neem met ʼn intieme afspraak. Van daardie oomblik was ons onafskeidbaar. Ons verlowing het op ʼn baie spontane manier gebeur!

Na vier jaar saam, een en ʼn half daarvan saam onder een dak met ʼn klein “fur-family”, het dit net natuurlik gevoel om die knoop deur te haak. Daar was geen groot gebaar of uitspattige gebeurtenis nie; eerder, iets wat organies gebeur het tydens ʼn stil oomblik in die bed terwyl ons verlore was in ʼn gesprek. Dus, alhoewel ons geen tradisionele verlowing storie het om te deel nie, is die eenvoudigheid en intimiteit van daardie oomblik iets wat die wêreld vir ons albei beteken.

Trourok:


Om die perfekte trourok te vind was net soveel van ʼn reis vir my. Aanvanklik het ek ʼn baie duidelike visie vir my trourok se styl gehad, maar nadat ek dit aangepas het, het ek besef dat dit nie heeltemal “ek” was nie. Gelukkig was die span van The Bridal House vreeslik behulpsaam. Met slegs ʼn vae idee van wat ek wou hê, het ons begin om verskeie ontwerpe aan te pas. Toe kom die oomblik wat ek “die rok” aangepas het. Ek het onmiddellik geweet dat dit vir my bedoel was. Elke detail, van die besonderse kant tot die ligte skitter, en hoe perfek dit gepas het, het met my hart gepraat. Om dit te verpersoonlik het ek gekies om te laat gaan van ʼn tradisionele sluier, en eerder besluit op ʼn delikate gekante skouermantel en ʼn paar stukke tradisionele Indiër juweliersware. Dit het die uitrusting voltooi.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Dis baie moeilik om ʼn enkele oomblik of herinnering uit te sonder omdat elke oomblik so perfek gevoel het. Maar as ek moet kies, sou ek twee oomblikke gedurende die seremonie uitsonder.

Eerste die oorweldigende emosie wat ek gevoel het soos ek by die trougang langs my ma afgeloop het op die viool wat sagkens melodieë speel. Scy se uitdrukking soos ek na hom aangestap gekom het was ʼn onvergeetlike oomblik van ontnugtering; dit het my getref dat ek oppad is om ewige trou aan die liefde van my lewe te belowe, en die blydskap en liefde in sy oë het my gevul met ʼn onbeskryflike gevoel van vreugde.

Die tweede oomblik wat my sonder twyfel altyd sal bybly was om Scy se hartroerende trou-geloftes te hoor. Sy woorde was só mooi en opreg dat dit nie net vir my nie, maar almal teenwoordig tot trane gebring het. Dit was ʼn diep rakende oomblik wat ek vir altyd sal koester. En natuurlik moet ek noem dat die kos wat bedien was voorwaar voortreflik was. Vanaf die voorgereg regdeur tot by die nagereg was eenvoudig fantasties, wat die dag net nog meer vreugdevol en onvergeetlik gemaak het.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ek is bevoorreg om met ʼn span uitsonderlike verskaffers te kon werk wat uit hulle pad gegaan het om ons visie vir ons spesiale dag na lewe te bring. Daar is egter twee verskaffers wat werklik uitstaan vir hulle uitsonderlike diens en talent.

Eerstens verdien Foxline Productions, die fotograaf, spesiale erkenning. Sy het die hele dag afgestaan daaraan om elke kosbare oomblik vas te vang en seker te maak dat ons herinneringe ewig bewaar kan word. Haar talentvolle direksie en warm persoonlikheid het ons verskriklik gemaklik laat voel, veral inaggenome dat ons aanvanklik kamera-sku was.

Verder het Belle Doux, wat verantwoordelik was vir die blomme en dekor, werklik betower. Hulle het my visie van ryk herfskleure teen die agtergrond van ons woud-tema venue foutloos uitgevoer, en ʼn atmosfeer geskep wat werklik betowerend en magies was. Hulle aandag aan detail en kreatiewe flair het bygedra tot die skoonheid en sjarme van ons viering. In die algeheel, is ek vreeslik dankbaar aan hierdie verskaffers vir hulle uitsonderlike talent, toewyding en bydrae tot die sukses en onvergeetlikheid van ons troudag.

Verloof- en Trouringe:


Ons is nogal op ʼn reis opsoek na die regte trouringe, veral ek. Met soveel idees wat in my kop gemaal het, was ek vasberade om iets te vind wat werklik spesiaal is, wetend dat dit ʼn simbool sal wees van iets wat ek altyd sal koester. Nadat ek myself in eindelose inspirasies op Pinterest gedompel het, het ek eindelik besluit om my ring se ontwerp self te doen. Ek het inspirasie geneem van ʼn paar van my gunsteling ontwerpe en saam met Danté van Your Diamonds my visie na lewe gebring. Dit het eindelik ontaard in ʼn ring wat ek vandag met trots dra.

Aan die ander kant was Scy se ring keuse baie eenvoudiger. Nadat ons ʼn paar opsies oorweeg het, het ons onmiddellik besluit op ʼn eenvoudige swart Tungsten ring wat perfek by sy styl pas.

Trou Venue:


Dit was besonders uitdagend om die perfekte venue te kies. Ons was seker dat ons iets intiem wou hê, omring met natuurlike skoonheid, maar nadat ons na paar plekke gaan kyk het, was daar niks wat met ons resoneer het nie. Baie van die venues binne ons begroting het verskeie troues op dieselfde dag gehou en dit was nie iets waarmee ons ons visie vir iets intiem kon vereenselwig nie.

Ons soektog het ʼn onverwagse draai gemaak toe ons perongeluk op Mooikrans afkom. Hierdie versteekte juweel, ʼn klipgooi van ons huis af, het ʼn onverwagse oasis van rustigheid gebied. Om voete op die venue te sit, was soos om in ʼn woud van toevlug in te stap, wat jou ver van die alledaagse gewoel wegneem. Dit was ʼn asemrowende plek en ons het onmiddelik geweet dat dit die perfekte venue vir ons spesiale dag is. Die personeel by Mooikrans het uit hulle pad gegaan om seker te maak dat elke detail na omgesien is. Hulle het ons troue werklik ʼn onvergeetlike ervaring gemaak.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


My advies aan paartjies wat hulle troue beplan is eenvoudig: moenie alles oordink nie. Dis maklik om vasgevang te word daarin om oor elke klein detail obsessief te raak om alles foutloos te hê. Maar op die dag sal jy besef dat perfektheid nie is wat die dag spesiaal maak nie. Selfs as ʼn paar dinge nie na plan verloop nie, of as alles nie prentjie mooi uitdraai nie, sal jy dit skaars raaksien tussendeur die opwinding en oorweldigende vreugde.

Onthou, die belangrikste is die liefde wat jy en jou maat deel. Koester elke oomblik saam, en omhul die vreugde en opwinding van die dag. Maak nie saak hoe die dag uitdraai nie, dit sal perfek wees op sy eie manier omdat dit ʼn viering van julle liefde en toewyding aan mekaar is. So ontspan, geniet die reis en fokus op dit wat werklik saak maak – mekaar.

Trou Dekor en Styl:


Omdat ons in herfs getrou het, het ons besluit op ʼn ryk kleurskema met diep, helderkleurige skakerings van oranje en rooi. Om hierdie kleurryke ondertone te komplimenteer, het ons elemente van glas en goud in die dekor ingebring. Dit het ʼn rustieke, maar elegante atmosfeer en gevoel aan die aangeleentheid verleen. Die oorkoepelende tema van ons troue was aards, rustiek en intiem.

Ons wou ons gaste laat voel dat hulle in warmte en geselligheid toegevou word, daarom het ons ʼn wye verskeidenheid kerse in die dekor ingebring, om ʼn sagtheid en uitnodigende gloei in die atmosfeer in te bring. Ons het gemik daarna om ʼn gesellige en intieme gevoel met die diep en warm kleure van herfs te balanseer.

Trou Begroting en Beplanning:


Scy en Talia se troue het ongeveer R3 000 per kop uitgewerk. Hulle het hul troue self in slegs 6 maande beplan. Daar was 39 gaste onthaal.

Eerste Dans:


Best Part van Daniel Caesar

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: