Ruan & Maria se Dramatiese Verlowing Fotosessie

Ruan en Maria se verlowingsfotosessie was omring deur die magiese skoonheid van die natuur. ล‰ Toneelstuk wat jy nie wil mis nie. Hierdie paartjie se fotosessie was ล‰ droom van dramatiese oomblikke en pragtige elemente.

Maria het ล‰ asemrowende donkergroen rok gedra wat sag en vloeiend was, perfek pas by die water wat hulle omring het. Ruan het ล‰ ligblou hemp en neutrale broek aangehad. Saam het hulle ล‰ beeldskone kombinasie geskep wat die natuurskoon nog meer beklemtoon het.

Karen Pretorius het die paartjie se spesiale oomblikke vasgevang met haar unieke, dromerige en dramatiese styl. Haar fotografie het die atmosfeer en die romantiek van die oomblik perfek beklemtoon, met elke foto wat ล‰ kunstige meesterstuk is.

Die natuurskoon het as ล‰ betowerende agtergrond vir hul fotosessie gedien. Ons is besonder verlief op die fotoโ€™s waar die ligte mis ล‰ gevoel van misterie en drama toevoeg, wat die fotoโ€™s ล‰ verhaal-vertellende kwaliteit gee.

ล‰ Verlowings fotosessie is baie belangrik. Dit help paartjies om gemakliker voor die kamera te voel en berei hulle voor vir die groot dag. Dit is ook die ideale geleentheid om jou trou fotograaf beter te leer ken en enige vrae wat jy mag hรช, te bespreek.

Rol af om meer te lees oor Ruan en Maria se pragtige liefdesreis en om die betowerende fotoโ€™s te sien.

Meer oor Karen Pretorius:


Agter die romantiese, egte, en eteriese lens van Karen Pretorius se fotografie ontvou ล‰ wรชreld van drie dimensionele skoonheid.  Met ล‰ passie vir die vasvang van oomblikke van ware romanse tussen paartjies, is haar fyn kuns trou fotografie deurdrenk met ล‰ liefde vir natuurlike, spontane interaksies โ€“ die werklike ding.

Karen Pretorius se styl kan beskryf word as surrealisties, dromerig, en dramaties.  Sy put inspirasie uit die Renaissance-kuns beweging deur ล‰ gevoel van afstand en diepte in al haar beelde te skep. Gekombineer met die klassieke idealisme van die Barok, met ล‰ groter klem op drama, streef sy daarna om emosionele toestande op te roep deur kragtige kleurskemas te gebruik.  Hoewel gebaseer in Pretoria, bedien sy kliรซnte plaaslik en internasionaal.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


In 2018 het ek my eerste huis gekoop, ล‰ ruk na my pa oorlede is. Dit was vir my besonders moeilik om die plek reg te maak sonder die hulp wat hy gewoonlik verleen het. Een oggend het ek uit moedeloosheid ล‰ boodskap aanlyn geskryf, na ek vir weke lank gesukkel het om die water toevoer na my huis herstel te kry.

Ruan, wie ek van skooldae af ken, het aangebied om my te help met die dinge wat my Pa altyd vir my gedoen het. Eers het hy die waterpype kom reg maak en daarna het hy begin om my met meer persoonlike dinge te help, soos om na my honde om te sien wanneer ek snags laat gewerk het. Hy het die ligte aangesit en seker gemaak dis veilig wanneer ek donker op die plot aangekom het. Hy het vir my kos gebring en geselskap aangebied wanneer ek moeg en oorlaai gevoel het. Sondae na kerk het hy sommer net spontaan opgedaag om my uit te vat vir ete en voor ek my oรซ kon uitvee het ek lief geword vir die man wie dit sy missie gemaak het om die lewe vir my makliker te maak. Ons was ongeveer 3 jaar saam voordat ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Teen die tyd wat my ma weer getrou het, was ek en Ruan die enigste ongetroude paartjie by hulle troue. My stiefpa het ons voor al die gaste op ล‰ stoel laat sit, toe hy vir Ruan ล‰ kousband gegee het en my ma vir my haar ruiker gegee het. Daarmee het hulle gesรช dat hulle wens vir ons is: om die laaste troue in die familie te hou. Die volgende oggend tydens familie ontbyt, het Ruan my voor al die gaste gevra om te trou.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Ek hou van Ruan se vrygewige hart, behulpsame en liefdevolle natuur en dat hy water vir my vuur is.

Ruan hou van my omgee hart, bereidwilligheid om te help, liefde vir diere, bekwaamheid, vermoรซ om dinge tot die beste te doen en om die beste uit ander te bring.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons was amper twee jaar verloof voordat ons getrou het.

Die verloofring:


My verloofring is ล‰ โ€œemeraldโ€ steen. Dis my Pa se geboorte steen en my ma se gunsteling kleur. My ring is ล‰ herdenking aan my ouers se huwelik. Simbool van uithouvermoรซ en om bymekaar te staan, maak nie saak hoe moeilik dinge mag gaan nieโ€ฆ

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou graag aan die fotograaf wie ons troue sou afneem, die plaas wys waar ons wou trou en ล‰ gevoel gekry het van hoe dit sou wees om saam met haar te werk.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons het nie enige spesifieke idees gehad nie, maar dit totaal en al in Karen se hande gelos. Sy het ล‰ aanloklike energie omtrent haar en het die hele proses so gemaklik gemaak. Die fotosessie was baie pret en die fotoโ€™s asemrowend. Karen Pretorius weet voorwaar wat sy doen en hoe om haar visie tot realiteit te bring!

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ek het gesukkel met gesondheidsprobleme tydens ons verlowings tydperk wat dit vir my moeilik gemaak het om die troue beplan. Daarom het dit ons ook so lank geneem om ons groot dag uiteindelik te kon hou.

Visie vir droomtroue:


Oorspronklik het ons ล‰ groot feeverhaal troue beplan, maar na my gesondheidsprobleme het ons besluit om ล‰ klein, intieme troue in die natuur te hou. Ons het probeer om dinge eenvoudig te hou en het geen tradisionele fieterjasies geรฏmplementeer nie. Dit het skielik uit die bloute uit begin reรซn nadat ons die hele oggend pragtige sonskyn weer gehad het. Die reรซn het vir groot sports gesorg! Ons het toe op die ou einde in die sitkamer van die naaste huisie voor ล‰ kaggel getrou โ€“ sopnat gaste en al!


    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล‰ internet konneksie het en ล‰ toestel wat gekonnekteer is tot ล‰ aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล‰ rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: