Jordan & Chloé se Elegante Troue

Ons deel  Jordan en Chloé se elegante troue by ʼn luukse hotel in Westcliff, Johannesburg. Dié vyfster hotel was die ideale agtergrond vir die paartjie se romantiese sprokies troue, omring deur familie en vriende.

Chloé was ʼn beeldskone bruid in haar pragtige trourok. Die rok was eenvoudig, elegant en tydloos, en het perfek by die troue se tema ingepas. Die lang mou handskoene wat haar arms bedek het, het ʼn statige voorkoms gegee. Jordan het net so elegant gelyk in sy swart troupak en groot strikdas.

Die seremonie het plaasgevind in ʼn interessante deurskynende struktuur, geleë in die pragtig versorgde tuine van die hotel. Wit rose en ʼn wit loper het die paadjie versier waarlangs die bruidspaar geloop het. Aan die einde van die paadjie was daar ʼn pragtige wit roos koepel wat die seremonie-area perfek afgerond het.

Daar was soveel mooi elemente by die paartjie se troue dat dit moeilik is om te besluit waar om te begin. Aandag aan die fyner detail het deurgaans na vore gekom. ʼn Klassieke afslaandak Rolls Royce het die paartjie tot by die ingang van die hotel gechauffeer. Die sjampanje toring was nog ʼn detail wat bekoor het.

Die onthaal was ʼn deftige storie met skakerings van wit en goue elemente. Klassiek, tydloos, formeel en luuks. Die troukoek was simplisties, maar met soveel detail, en het perfek ingepas by die elegante dekor.

Rol af om meer te lees oor Jordan en Chloé se liefdesreis en om meer te sien van hul pragtige troue. As julle besig is om jul eie troue te beplan, besoek gerus Mooi Troues se Trougids vir professionele trou diensverskaffers vir julle spesiale dag.

Paartjie se Liefdesreis:


Januarie 2022

Jordan en Chloé het vir hul eerste afspraak by Nice Café in Parkhurst, Johannesburg, ontmoet. Hulle het onmiddellik ʼn opregte konneksie gevoel, wat die begin van iets besonders was, en besluit om mekaar oor die volgende paar maande beter te leer ken.

April 2022

Hul konneksie het in ʼn verhouding gegroei, en die tapisserie van hul liefdesverhaal het voortgegaan om vanself te weef. Gebonde deur hul liefde vir mekaar en hul gedeelde passies vir die natuur, reis en geestelike groei, het Chloé en Jordan naatloos in mekaar se lewens geïntegreer en ʼn harmonieuse verhouding met hul vriende en families gevorm.

Junie 2023

Terwyl hulle ʼn “verblyf” by hul gunsteling bestemming in Johannesburg geniet het, het Jordan ʼn belangrike stap geneem. Hy het voor Chloé gekniel en haar gevra om met hom te trou. Chloé het ja gesê, en so het hulle hul reis na hul troudag begin, waar Jordan en Chloé uiteindelik “I Do!” gesê het.

Trourok:


Ek het by verskeie bruid boetieks rondgekyk, maar nog nooit iets gevind waarvan ek werklik gehou het nie. Toe ek ʼn afspraak gemaak het by Veil Bridal Couture, het ek uiteindelik my droomrok gevind – eenvoudig, elegant en tydloos. Die rok was van krepe materiaal met ʼn gestruktureerde lyfie en knope-detail agter. Ek was mal oor die silhoeët en die gevoel van die materiaal, en ek het op my beste gevoel toe ek dit gedra het.

My tweede rok, deur Exodus Originals, was ʼn asemrowende satynrok wat perfek soos ʼn handskoen gepas het. Exodus Originals het ook my ongelooflike trousluier ontwerp en gemaak.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Sommige van ons hoogtepunte was om saam met familie te wees en ons liefde te vier. Dit was ʼn vereniging van ons families en het werklik so gevoel. Om die hele dag aan mekaar se sy te wees, was spesiaal, asook ons eerste dans. Laastens was die Westcliff se gasvryheid, pasgemaakte saamgestelde spyskaart, en fyner besonderhede op die dag ongeëwenaard.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ons fotograaf, Agnieszka, van Echo Photography het saam met Duran ongelooflike werk gedoen om van ons mees spesiale oomblikke vas te vang.

Die haarstilis en grimeerkunstenaars het werklik Chloé se visie tot lewe gebring deur te verseker dat sy die mooiste voel.

Ons het ons hele troue beplan, maar 360 Link Events het dit alles op die dag bymekaar gebring met hul dag-van-koördineringsdienste.

House of Crouse het 2 pragtig pasgemaakte pakke vir Jordan geskep, waarin hy op sy beste gevoel het. House of Crouse het ook ʼn pakke vir sy pa en ons huweliksbeampte, Errol Nembhard, gemaak.

Downings Marquee se glas-katedraal was een van die hoogtepunte op die dag – hulle het ʼn pragtige struktuur opgerig waar die huwelikseremonie in Westcliff se Roostuin plaasgevind het.

Verloof- en Trouringe:


Chloé se ring is ʼn meesterstuk: ʼn 9 karaat witgoud smarag gesnyde morganiet, omring deur sprankelende diamante, ontwerp deur Jenna Clifford. Dit is ʼn ware simbool van elegansie en liefde.

My ring, gekoop by Pearl & Diamond Design in Fourways-winkelsentrum, is gemaak van robuuste wolfram. Ek het hierdie ring gekies omdat die voorkoms en gevoel perfek by my vrou se pragtige ring pas.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Ons raad sal wees om weekliks tyd saam met jou maat en, waar van toepassing, jou beplanner te skeduleer. Skedules kan redelik besig raak, en dit is belangrik om tyd vir beplanning in te ruim om spesifieke dele van die dag en die vereistes van jou verskaffers te bespreek. Bly by die visie wat julle as paartjie het, aangesien daar baie menings sal wees, maar die dag gaan oor julle.

Skep ’n moodboard met spesifieke beeld materiaal wat realisties is in terme van pryse en style, veral vir dekor en blomme, om jou visie saam te bring. Stel ʼn realistiese begroting op wat alles insluit wat jy vir die dag nodig het, van die kleinste tot die grootste besonderhede, aangesien die koste vinnig kan optel. Geniet die proses en leef voluit in die oomblik, aangesien die tyd vinnig verbygaan, veral op die dag self. Gebed, daagliks en verskeie kere per dag, kan jou gegrond hou.

Trou Venue:


Nadat ons drie tot vier ander venues bekyk het, het ons die Westcliff-hotel besoek en dadelik verlief geraak op die argitektuur en atmosfeer, die veelvuldige ruimtes vir die integrale dele van ons troudag, en die welige tuine. Ons het die hoof van bankette en geleenthede ontmoet, en saam met hom gewerk om ons visie vir die dag te verwesenlik.

Trou Dekor en Styl:


Ons het nog altyd ʼn tydlose voorkoms begeer, met elegante, neutrale skakerings en dekor. Ons het taupe- en sjampanje kleure gekies, met ʼn minimalistiese gevoel.

Eerste Dans:


Sade – By Your Side

Trou Begroting en Beplanning:


Jordan en Chloé het agt maande lank hul troue beplan met hulp van hul familie. Die paartjie het 80 gaste onthaal, met die kostes wat R10 000 per persoon beloop het.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: