JD en Suzaan se verlowing fotosessie op die Paarlberg was ongelooflik romanties en pragtig. Met die sagte sonsak lig en vonkelwyn wat oopgemaak is, het die oomblik ʼn spesiale oranje gloed gehad wat die atmosfeer perfek aangevul het.
Suzaan se pragtige verloofring, ontwerp deur die talentvolle juweliers van Kruger Bespoke Jewellery Creations, was asemrowend. Hulle het ʼn unieke platinum verloofring met ʼn gedraaide band en ʼn 0.80 karaat gesertifiseerde Moissaniete geskep. Ons is absoluut stomgeslaan oor die ring se skoonheid. ʼn Verloofring is ʼn spesiale simbool van ʼn paartjie se unieke reis saam.
Ons is dol oor die foto’s van hierdie paartjie. Suzaan het ʼn pragtige wit rokkie gedra met ʼn effense plooi vir ʼn interessante voorkoms, terwyl JD ʼn wit hemp, ligte broek en vellies aangehad het wat perfek by Suzaan se rokkie gepas het. Dit is altyd belangrik om mooi aan te trek vir ʼn verlowing fotosessie, want goeie klere maak ʼn groot verskil aan die eindresultaat.
Die uitsigte van die Paarlberg het die fotosessie nog meer asemrowend gemaak. Om dinge ekstra spesiaal te maak, het hulle hul oulike hondjie ook by die foto’s ingesluit. Hoe oulik is dit nie?
JD en Suzaan het professionele foto’s vir hul trou uitnodigings gekies, en ʼn verlowing fotosessie is die ideale geleentheid om jou trou fotograaf beter te leer ken en gemakliker voor die kamera te voel. Dit sal verseker ʼn stresvrye fotosessie op jou troudag.
Rol af om meer te lees oor JD en Suzaan se verlowing fotosessie op die Paarlberg. Geniet die pragtige foto’s wat deur Striped Fox Photography geneem is!
Meer oor Kruger Bespoke Jewellery Creations:
Kruger Bespoke Jewellery Creations spesialiseer in klassieke, handgemaakte juweliersware en is ook ‘n verskaffer van beleggings graad diamante en edelstene.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het ontmoet deur middel van vriende nadat JD getrek het na Porterville vir werk. Ek het daar grootgeword en het vir die naweek gaan kuier. Die ontmoeting was tydens ʼn vriend se verjaardag en was baie vlugtig, maar ons het mekaar weer daarna gesien en begin gesels.
Vandaar was dit gereelde kuiers tussen Porterville en Kaapstad, gevolg deur JD wat nader trek en die res is geskiedenis.
Ons was sewe jaar saam toe ons verloof geraak het.
Die groot vraag:
Die verlowing was ʼn groot verrassing, want ek het dit glad nie verwag nie. My naels was nie eens gedoen nie en ek was glad nie netjies aangetrek nie!
My vriendin Samantha het kom kuier die Woensdagaand met haar honde sodat hulle saam met ons hondekind by die dam kan gaan speel en swem. Die dam is op die plaas waar ons woon en ons spandeer baie tyd daar op ons eie saam met die hond of saam met vriende vir ʼn braai. JD het my daardie namiddag van 29 November 2023 langs die dam gevra om te trou.
Samantha was gelukkig daar om alles op kamera op te vang.
Na die tyd het ons ʼn spesiale bottel Cap Classique (wat in die yskas gewag het vir ʼn spesiale geleentheid) by die huis gaan drink, lasagne gemaak en almal saam gevier.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Suzaan: JD is die kalmte in my lewe en hy bring ongelooflik baie omgee na die verhouding. Ek is ook mal oor hoe liefdevol hy is met my en ons hond, asook hoe goed hy inpas in my familie.
JD: Suzaan se manier om om te gee en hoe mooi sy na my kyk, en hoe baie sy vir my doen.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons trou 7 September 2024.
Die verloofring:
Suzaan: Ek het niks van die trouring geweet nie en dit vir die eerste keer gesien toe JD my vra. Dit is egter presies waarvan ek van hou.
JD: Ek wou iets doen wat soos ʼn infinity teken lyk/iets wat rank om haar vinger. Ek het saam met die juwelier gewerk om dit te kry tot soos dit nou lyk met die vleg-effek.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons wou graag foto’s vir die uitnodiging kry, want ons het geen professionele foto’s van onsself nie.
Dit was ook die ideale geleentheid om gemaklik te raak met die fotograaf voor die troue. Nou is dit ons gunsteling foto’s ooit!
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Toe ek met Lee gesels het, het sy Paarlberg voorgestel en aangesien dit ons daaglikse uitsig is (ook sigbaar vanaf die dam waar ons verloof geraak het), het ek gedink dit is ideaal.
Al wat vir ons belangrik was, was om ons hondekind Shadow deel van die foto’s te hê. Verder het ons Lee se leiding gevolg.
Dit was ʼn vreeslike winderige dag, maar ons het so baie gelag en baie pret gehad.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk:
Dit is vir ons belangrik om die tydperk te geniet en nie te veel te stres nie. Dit is en moet ʼn lekker tydperk wees wat ons geniet, want die beplanning moet lekker wees. So ons vat dinge soos dit kom en stres nie te veel oor die dag en hoe alles gaan uitspeel nie. Daar is wel vrese dat dinge skeef kan loop/iets nie uitwerk nie, maar dan vat jy dit soos dit kom.
Visie vir droomtroue:
Ons troue vind 7 September 2024 in Robertson plaas. Ons het ons naaste vriende en familie genooi. Dit gaan ʼn naweek affêre wees met almal wat by die venue oorslaap. Ons gaan die Vrydagaand almal saam braai en kuier en die Saterdag is die groot partytjie.
Ons droom is dat dit net ʼn heerlike naweek vol lag en goeie herinneringe is. ʼn Feesviering van liefde saam met die mense wat belangrik is in ons lewens.
- Fotograaf: Striped Fox Photography | Kontak
- Fotosessie Ligging: Paarlberg
- Verloofring: Kruger Bespoke Jewellery| Kontak