Janco en Minet se pragtige troue in Mpumalanga is ʼn moet sien. Die paartjie het by die gewilde @Boshoek in Lydenburg getrou, omring deur die prentjie mooi plaas landskappe van dié plaas.
Minet se trourok is vreeslik mooi. Met al die fyn patrone op haar trourok trek dit dadelik ons aandag. Die oop rug, skouers en kante gee haar trourok daardie moderne voorkoms. Om haar voorkoms te komplimenteer het sy die mooiste wit oorbelle van Hellohaai aangehad. Janco se ligte kleur pak pas perfek by hul troue se algehele styl.
Hulle het ʼn besonderse mooi seremonie in @Boshoek se bedekte buitelug kapel gehad. Die kapel, met sy spitsdak en oop mure, is ʼn droom plek vir paartjies om hul huwelik te begin, omring deur asemrowende uitsigte en die rustigheid van die natuur.
Hout tafels was bedek met tafellopers en eenvoudige dekor elemente, wat dit ʼn moderne gevoel gee. Die dekor kleurskema was in skakerings van ligbruin, donkerbruin en olyfgroen. @Boshoek se trou venue is só mooi op sy eie, dat daar nie te veel dekor nodig is om die pragtige spasie mooi te laat lyk nie.
Groenigheid met fyn wit blommetjies het van die dak af gehang. Warm beligting tussen die blomme het gaste weggeneem na ʼn sprokies wêreld van romanse en feesviering. Ons hou van die eenvoud van die paartjie se tafels, veral met die blomme wat bo die tafels hang.
Die onthaal was stylvol en warm versier met ʼn klassieke, tog moderne dekor styl. ʼn Kaggelvuur het ʼn romantiese en gesellige atmosfeer geskep, perfek vir ʼn spesiale troudag saam met familie en vriende.
@Boshoek is enige trou fotograaf se droom bestemming en het soveel mooi agtergronde vir paartjie se trou foto’s. Rol af om meer te lees oor die paartjie se liefdesreis.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het albei in Hazyview groot geword en was as babas saam gedoop. Ons was toe in dieselfde klas in Graad 1 en het mekaar na dit eers weer in 2020 gesien toe ons albei terug trek Hazyview toe. Ek het hom toe na ons Bybelstudie toe genooi en ons het toe vriende geword en 6 maande begin uitgaan.
Meer oor Hellohaai:
Hellohaai spesialiseer in hand gemaakte polimeer klei trou oorbelle, met ander woorde maak Hellohaai jou trou-oorbel-drome waar. Daar is iets vir elke tipe bruid daar buite, of jy nou ’n moderne – of tydlose dame is, sal jy verseker iets kry wat jou hart maak glimlag. Indien jy nie seker is oor wat by jou hare of rok gaan pas nie, kontak Hellohaai gerus om bietjie raad te vra, soveel bruide is al deur onsekerheid gehelp om die regte oorbelle te kies.
Trourok:
Baie detail op die rok met ʼn oop rok en ʼn kort sleep met ʼn room kleur onderrok.
Meer oor @Boshoek:
Geleë in die pragtige omgewing van Lydenburg, omring deur asemrowende berge, lê ʼn plek van verwondering, liefde en betowering. Met ʼn harmonieuse atmosfeer kan @Boshoek jou gewone troue omskep in iets buitengewoons – jou drome in ʼn werklikheid verander. @Boshoek bied akkommodasie vir 42 gaste, ʼn gesellige boma area vir ʼn Vrydagaand kuier, ʼn romantiese bruid- en wittebrood-suite, asook ʼn buitelug ramkamp. Kies tussen ʼn buitelug seremonie onder majestueuse bome of ʼn seremonie in die kapel met ʼn skilderagtige uitsig.
Bederf jou gaste met ʼn heerlike vyfgangmaaltyd in die onthaal saal wat tussen 80-200 gaste kan akkommodeer. @Boshoek is ideaal geleë, net 50 km vanaf Dullstroom en 90 km vanaf Nelspruit. Dit is slegs 300 km vanaf Pretoria en 350 km vanaf Johannesburg, wat dit die perfekte naweek-wegbreek bestemming maak vir jou troue.
By @Boshoek is enige iets moontlik. Kies vandag @Boshoek as jou trou-venue en ervaar die magie van ʼn troue wat werklik jou wildste drome oortref.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Die seremonie – Ek het hom verras met ʼn voicenote wat oor die luidsprekers gespeel het voordat ek ingeloop het.
Ons briewe – Ons het na die paartjie foto’s in privaat vir mekaar geloftes/briewe gelees.
Die onthaal – Die dans saam ons vriende.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
@Boshoek – Hulle het die ekstra myl gegaan op alles. As daar enige iets fout geloop het op ons troue weet ons nogsteeds nie daarvan nie.
TK Film and Photo – Het die foto’s so gemaklik laat voel. En wat nie in die pad nie.
Beauty Contour – Het ons dames se grimering baie mooi gedoen.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Solank jy en jou verloofde op dieselfde bladsy is maak dit nie saak wat ander mense sê of doen nie.
Verloof- en Trouringe:
Bruid se ring:
Onderste bandjie – ʼn Dun wit goud bandjie met diamant steentjies wat hy vir my gegee het as ʼn belofte ring in 2021 Middel bandjie: My wit goud verloof ring met ʼn solitaire diamant steen wat ek in 2022 gekry het.
Boonste bandjie: My troupand wat dieselfde is as die onderste bandjie wat ek op die trou gekry het.
Bruidegom se ring:
Eenvoudige geel goud bandjie.
Trou Venue:
Ek het vooraf navorsing gedoen oor trou venues in ons omgewing en ons het toe afsprake gemaak maar @Boshoek was ons eers besoek en ons het dadelik besluit om daar te trou.
Trou Dekor en Styl:
Die kleure was natuurlik kleure naamlik lig bruin, donker bruin en olyf groen. Ons wou ʼn warm en gemaklik atmosfeer skep maar glo dat as jy ʼn mooi venue kies kan jy minder op dekor spandeer dis ook hoekom ons @Boshoek gekies het. Ons het ook net wit eenvoudige blomme gehad.
Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het vir 1 jaar self aan hul troue beplan. Die koste per kop was ongeveer R2 400 en hul het 135 gaste onthaal.
Eerste Dans:
- Fotograaf + Videograaf: TK Film and Photo | Kontak
- Venue: @Boshoek | Kontak
- Blomme: Maliflora | Kontak
- Bruidegom-pak: Your Pal | Kontak
- Hare + Grimering: Beauty Contour
- Huwelik kontrak: Francois de Kock Attorneys| Kontak
- Huweliksbevestiger: Ds Sterns Pretorius
- Juweliersware: Hellohaai| Kontak
- Musiek: Cliffs Disco| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Trourok: Fynbos Bridal| Kontak
- Bruid se Trouring: Stonz| Kontak
- Bruidegom se Trouring: 925 Manufacturing Jewellers
- Troukoek: Levia| Kontak
- Wittebrood Plek: Crystal Springs Mountain Lodge| Kontak