Verskil tussen ʼn Trou Koördineerder & Venue Bestuurder

Daar is baie verwarring tussen ʼn trou koördineerder en venue bestuurder en wat elke een van die twee se verskillende rolle is. In dié artikel bespreek ons oor die verskille tussen die twee.

Dit is belangrik om die verskil te verstaan voordat julle ʼn venue bespreek. Baie venues adverteer dat hulle ʼn trou koördineerder diens insluit by die venue huur.  Bevestig wat presies die venue se koördineerder sal doen en nie sal doen nie. Indien die persoon nie fisies help met jul trou beplanning proses nie en slegs met dinge help wat by die venue self gebeur, is die persoon ʼn bestuurder vir die venue en nie julle trou koördineerder nie.

Paartjies wat besig is om hul troue te beplan is só besig en het deesdae vreeslik baie om aan te dink. Dit is belangrik om die regte opsie te kies wat vir julle as paartjie sal werk. Paartjies wat die verskille verstaan sal nie onnodig teleurgesteld word as hulle nie ʼn seker diens van ʼn sekere persoon ontvang nie. Dan is daar ook die verskil tussen op-die-dag koördinering en koördinering van die hele troue, maar dit is ʼn hele ander brokkie advies op sy eie.

In kort – Die trou koördineerder word deur die paartjie gehuur en betaal.  ʼn Venue bestuurder word deur die venue gehuur en betaal.

As julle van die artikel hou, deel dit gerus op sosiale media.  Vir fantastiese trou diensverskaffers, besoek Mooi Troues se Trougids.  Rol af om meer advies te lees.

Trou Koördineerders:


Trou koördineerders het verskillende dienste en pakkette wat hulle kan bied vir jul troudag. Daar is trou koördineerders wat jul sal help met jul volledige trou beplanning proses, bv: begroting ens. Dan is daar trou koördineerders wat jul slegs op die dag van jul troue sal help. Dit is belangrik om ʼn koördineerder te kies wat vir jul sal werk.

Trou Koördineerders help paartjies reg van die begin van hulle trou beplanning proses. ʼn Professionele trou koördineerder sal jul kan leiding gee om die perfekte stresvrye troudag te hê en vir jul self stap-vir-stap deur alles help, van die tema en styl van die troudag, diensverskaffers, voorbeelde en op die dag van jul troudag help om alles te koördineer.

ʼn Trou koördineerder sal ook verskillende trou diensverskaffers aan julle voorlê. Help met ʼn beplanning tydlyn en sperdatums vir elke ding wat gedoen moet word vir jul troue. Gewoonlik sal die koördineerder meeste van die diensverskaffers se skedules aanpas en ook sodoende kommunikasie reël tussen diensverskaffers en paartjies. Koördineerders werk gewoonlik goed saam met bestuurders van venues, omdat elkeen hul eie rol het en elemente het waarop hul fokus, help dit om iemand te gebruik wat bekend is met die venue waar julle trou.

Op die dag van jul troue, sal die trou koördineerder jul help om alles vlot te laat verloop. Hy of sy sal seker maak dinge gebeur op die tye wat dit moet gebeur. Die koördineerder sal ook seker maak alle diensverskaffers is op tyd en dat alles opgestel is soos dit moet wees.

Party trou koördineerders kan julle jul tot in kontak sit met ʼn goeie reisagentskap indien julle jul wittebrood wil beplan.

Venue Bestuurder:


Die trou venue is die een plek waar gaste die meeste van hul tyd op jul troudag sal deurbring. Dit is die een plek wat alles perfek moet wees.

Venue Bestuurders werk goed saam met koördineerders en speel net só ʼn belangrike rol, veral as dit kom by die venue en alles wat daarmee gepaard gaan. ʼn Venue Bestuurder bied nie die volledige diens soos dié van ʼn koördineerder nie. Hulle fokus meer op die venue se bestuur en die personeel wat dienste lewer in betrekking tot die onthaal lokaal.

Die venue bestuurder help paartjies ook om hulle dag glad te laat verloop. Maar hulle hoofdoel is om die skakel te wees tussen die bruidspaar, of trou koördineerder  en die venue self. Venue Bestuurders bied nie noodwendig die diens om seker te maak dat alle diensverskaffers gereël is en op die regte tyd opdaag nie.

Hulle maak seker dat alles van die venue se kant in orde is insluitende:

  • Dat alle huur items uit die pad is en die venue skoon en gereed is wanneer gaste arriveer.
  • Seker maak dat alle trou diensverskaffers wat moes opstel in die venue spasie gereed is voordat die gaste arriveer.
  • Kyk dat al die elemente wat deel vorm van die venue in plek is.
  • In kontak wees met die sjef vir spyseniering en seker wees dinge gebeur soos dit moet en op tyd.
  • ʼn Plan B hê, indien daar enige iets fout gaan by die venue.

Paartjies moet verstaan die venue bestuurder is nie jul persoonlike trou koördineerder nie. As julle ʼn volledige beplanning kort en hulp jul jul troudag, huur eerder ʼn trou koördineerder.

Artikel Krediet: