Rikus & Samantha se Pragtige Troue in Franskraal

Rikus en Samantha se pragtige troue in Franskraal is ʼn voorbeeld van natuur ontmoet elegansie. Boland Weddings het die egpaar se troue perfek vasgevang in die mooiste troufoto’s en video.

Ons is dolverlief op Samantha se trourok, die detail op die moue van die trourok en die lyfie is ongelooflik mooi. Rikus het ’n smaraggroen troupak gedra wat perfek by hul troue se kleurskema pas. Sjoe! Die bruid se kleurvolle handruiker bring net daardie bietjie kleur in wat perfek is.

Hulle het ʼn heerlike buitelug-seremonie gehad tussen die bome omring deur die salige rustigheid van die natuurskoon. Die skakerings van pienk konfetti teen die groen agtergrond is veral pragtig.

Samantha en Rikus se onthaal het twee lang tafels gehad, perfek vir ʼn lekker gesellige troue in die Overberg. Groen blomontwerpe het hoog bo die houttafels vanaf die troulokaal se plafon gehang. Daar was altesaam 150 kerse in die onthaallokaal wat die spasie byna in ʼn romantiese wonderwêreld verander het. Die tafels het lopers in die middel bedek met groenigheid en kerse in glashouers. Met sprankelende kerse wat van die glasomhulsels af weerkaats word die perfekte gesellige atmosfeer geskep. Moderne elemente soos die swart borde en deurskynende Tiffany-stoele breek die groenigheid en bring daardie moderne kontras teen die meer rustieke tafel uitleg.

Die bruidstafel was gedek met ʼn neutrale gekleurde tafeldoek en kleurvolle blomme wat van die tafel tot op die grond gedrapeer het. Hul tafel was die middelpunt van die onthaallokaal.

Rol af om meer te lees oor Rikus en Samantha se pragtige troue in Franskraal en om meer te lees oor hul reis van liefde.

Paartjie se Liefdesreis:


Desember 2014 in Hartenbos. Samantha het in Hartenbos gebly en Rikus het daar vakansie gehou/gewerk tydens vakansies. Die rooi Ola roomys winkeltjie is waar dit alles begin het! Rikus het elke dag terug gekom om nog pienk roomys by Samantha te koop. Samantha wou natuurlik eers niks weet nie en Rikus het nie geken van opgee nie! Na ʼn paar jaar van vakansie romanse het ons uiteindelik vanaf 2017/2018 in dieselfde dorp gewoon en in 2022 is ons verloof! Ons pad loop so – Hartenbos, Potchefstroom, Upington en uiteindelik Kaapstad (waar ons nog altyd wou wees!).

Trourok:


My rok het my gekies! Ek was by die tweede plek om te kyk na opsies. Sy was die eerste rok wat ek by Whimsical Bridal Somerset West aan gepas het. Haar naam is Noor en sy was my droom rok sonder dat ek dit geweet het! Soos met my ring het ek nie geweet wat ek wil hê nie. Noor was die enigste rok met lang moue wat ek net wou aanpas om te kyk hoe die styl lyk. Toe ek haar aan het, het ek geweet sý is dié een! Ek was baie bekommerd dat ek nie “die gevoel” sal kry nie. Sy het my voete onder my uit geslaan en my só mooi laat voel!

Verloof- en Trouringe:


Rikus het geen hulp nodig gehad met Samantha se ring of pand nie. Sy het self nie geweet wat sy wou hê nie. Roosgoud met ʼn ovaal Moissaniete met ronde en peer vorms aan die kante gemaak deur Ogilvie Gems. Binne is daar FLVJ gegraveer wat verwys na die Francois van Coke se liedjie!! My pant is ʼn eenvoudige pandjie met klein diamantjies in!

Samantha wou nie skik vir ʼn algemene iets nie. Na lank gesoek het ek vir Rikus ʼn hammered zirconium met meteoriet inslag laat maak deur Titanium studio. Zirconium is natuurlik swart en sal daarom nie af krap of met tyd van kleur verander nie!

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Die oomblik toe ons mekaar sien en besef die oomblik is hier. Die emosies het hoog geloop en die oomblik was groot!!

Meer oor Boland Weddings:


Boland Weddings is ʼn groot span van fotograwe en videograwe wat nie net met mekaar saamwerk as of ons ʼn groot familie is nie, maar wat ook saam werk om die stres van julle troue te verminder.

Boland Weddings is opgebou deur fotograwe en videograwe wat almal persoonlik uitgekies was deur die besigheid se eienaars, om seker te wees dat hulle inpas by die formaat waarvoor Boland Weddings bekend is. Daar sal nooit iemand by julle troue wees wat nie ʼn amptelike deel is van die Boland Weddings familie nie. Die foto en video redigering, selfs na 13 jaar, word steeds net gedoen deur die eienaars self, om seker te wees dat hulle styl kan oordra na al die spanne.

Voor julle troue is Boland Weddings ook meer as gewillig om te help met tydlyne, advies, en selfs om ander tipe verskaffers vir julle voor te stel wat gepas sal wees vir julle droom en begroting.  Algehele, om Boland Weddings deel te maak van julle groot dag is nie net ʼn praktiese keuse nie, maar ook ʼn keuse wat julle troudag meer pret en spesiaal sal maak.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ons fotograaf en videograaf span. Hulle het gevoel soos vriende wat ons troue bywoon. Boland Weddings het ons elke oomblik op ons gemak gehad. Hulle het ook ons verlowings foto’s gedoen en ons sien uit om weer voor hulle lense te wees!

Trou Venue:


Panorama Natures Haven was die eerste en enigste venue waarna ons gaan kyk het! Tydens ons soektog het ons nog in die Noord-Kaap gebly, maar geweet ons wil Kaap toe trek. Na BAIE navorsing het ek op hulle gesien en besluit om te gaan kyk. Ons het dadelik geweet dit is waar ons wil trou! Die seremonie area tussen die lang bome en mooiste natuur was alles wat ons oor gedroom het. Die onthaal saal en see uitsig was perfek! Dit was sowaar “best of both worlds”. Hulle het ʼn ongelooflike lekker pakket en die kos was bitter lekker! Sonja het só baie vir ons gedoen en gehelp! Ek kon met ʼn geruste hart weet ons dag is in goeie hande. Bo-op dit alles het hulle ʼn roomys masjien vir poeding as deel van die pakket! Ons het toe geweet dit is bedoel vir ons.

Trou Dekor en Styl:


Natuurlik maar elegant. My bruidsmeisies rokke was emerald groen en ons gevolg het swart gedra soos ook aan die gaste versoek. Rikus se pak was ook emerald groen met swart aksente. Die groen het ook baie mooi ingeskakel by die greenery wat deel van ons tafel dekor was. Honderd-en-vyftig kerse wat brand het ʼn ongelooflike atmosfeer geskep. Dit was prentjie mooi!

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Vat jou tyd. Geniet eers die verlowings fase voor jy begin met die trou beplanning. Vra vir hulp al is dit met die klein dingetjies! Vra baie kwotasies aan en maak seker jy vra alles voor jy op iets besluit. Onthou, as iets nie gaan soos jy dit beplan het nie is dit okei. Jy moet voor af vrede maak dat daar dinge gaan wees wat nie verloop soos jy gehoop of beplan het nie. Onthou waaroor die dag gaan en neem elke oomblik in!!

Eerste Dans:


Forever afte all – Luke Combs

Trou Begroting en Beplanning:


Rikus en  Samantha het 85 gaste op die dag onthaal. Hulle het self vir ‘n jaar-en-half aan hul troue beplan. Die totale koste het ongeveer R1 800 per kop beloop.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: