Kleurvolle Franse Romanse gestileerde trou inspirasie

Baie paartjies wil graag buite die norm gaan wanneer dit kom by hul troudekor en ons by Mooi Troues is opgewonde om dié Kleurvolle Franse Romanse gestileerde trou inspirasie met julle te deel. Die inspirasie vir die gestileerde fotosessie was liefde, kleur en vreugde in die stad met ‘n outyds romantiese twis. Die resultaat van die elemente van dekor, trourok en algehele gevoel van die ligging komplimenteer mekaar pragtig.

‘n Meermin-styl trourok trek definitief aandag met die blinker-materiaal en een skouer terwyl dit nog pragtig en stylvol lyk. Die neutrale kleur bruidegom pak geniet ook sy eie aandag met die materiaal se tekstuur. Albei die uitrustings is stylvol en tydloos terwyl dit bietjie meer opwindend is as die gewone trou drag van paartjies wat trou.

Ligte blou, helder pienk, oranje en goud was die kleure van die dekor elemente by ‘n ligging in Johannesburg wat jou wegvat na Frankryk. Die helder kleur van die blomme plof pragtige teen die ligte blou tafelloper en vintage styl bord. Die tafel opstelling was vir twee, so dit wys paartjies dat ‘n intieme troue net só vol vreugde kan wees met die gebruik van komplimentêre kleure.

Alhoewel die resultaat pragtig is het die die beplanning wel met struikelblokke gekom. Dit is belangrik vir paartjies om te besef hul diensverskaffers is ook mens en dinge gebeur wat buite hul beheer is. Dus is dit uiters belangrik om by jul gekose diensverskaffers uit te vind wat is Plan B indien daar ‘n krisis voorval.

Rol af en word geïnspireer deur die romantiese trou inspirasie en lees meer oor die beplanning proses van die gestileerde fotosessie.

Wie het die fotosessie gereël?


Ek, Michaela Prahl-Andresen die hoof fotograaf en eienaar van Capture the Moment Photography.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ek wou graag inspirasie vasvang waar daar baie kleurvolle aspekte is, met die vintage bromponie wat ʼn bietjie outyds voel, maar ʼn jong verliefde paartjie wat die stad aan durf. Ons wou net dat liefde, kleur en vreugde deur die fotos weerspieël.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ons het diensverskaffers gekies wie se werk ons baie van hou en ons gedink het kan baat van die fotosessie. Soms het mense net ʼn bietjie kreatiwiteit en mooi fotos nodig om mense te wys die talent wat van binne uit diensverskaffers kan kom.

Agter die skerms van die fotosessie:


Ons moes ongelukkig drie dae voor dié fotosessie ʼn ander grimering en haarstilis kry, want hulle het ongelukkig met ʼn vieslike siekte na gekom wat hoogs aansteeklik is en moes onttrek. Ons bloemis het ongelukkig ʼn familie krisis gehad en moes ʼn dag voor die fotosessie ook onttrek. Dus moes ek (Michaela en fotograaf) vinnig inspring en die blomme self doen, asook bitter vinnig nuwe diensverskaffers kry vir hare en grimering.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Vir my was dit só merkwaardig om te sien hoe elke diensverskaffer en modelle só mooi saamgewerk het. ALMAL het hulle alles gegee om die gestileerde fotosessie ʼn reuse sukses te maak.

Dekor:


Die dekor was hoogs geïnspireer deur kleurvolle en komplimentêre kleure. Nie die vervelige normale neutrale kleure, ons wou kleurvolle kleure gebruik.  Ligte blou, helder pienk, oranje en goud. Die lang goud kershouer was die perfekte element om bietjie hoogte aan die dekor te bring.

Kleurskema:


Ons kleurskema was ligte blou, oranje, helder pienk en elemente van klein bietjie geel en wit. Ons wou net helder kleure gebruik wat ʼn statement sal maak en nie in die norm van neutrale kleure val nie.

Venue en Ligging:


Ons het Villa Lugano gastehuis gekies, want dit is eerstens ʼn vreeslike mooi venue, dit is om die draai van waar ons bly in Johannesburg en dit is baie goeie vriende van ons se gastehuis. Hulle gastehuis het ʼn ou Franse gevoel wat ons graag wou hè vir die foto’s, asook die mooi tuine, trappe en kuns op hulle mure wat ons fotos net ʼn duisend keer mooier sou maak. Ons het Sandton se dak gekies vir die goue-uur foto’s om daai stads gevoel te kry soos wat ons oorspronklik wou gehad het vir dié gestileerde sessie.

Trourok en bruidegom pak:


Die trourok was die heel eerste ding waaroor ek besluit het. Ek wou iets kry wat amper lyk soos ʼn trourok, maar die soos ʼn tradisionele trourok nie. Ek wou hê dit moes ʼn bietjie anders lyk. So ons wou graag gaan met ʼn mooi meermin styl, met baie tekstuur en bling. Die bruidegoms pak wou ons net neutraal hê sodat alle aandag op die bruid se rok, hare en mooi helder glimlag sal wees.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


My advies sal wees om uit die boks te gaan. Iets uit die norm sal altyd mooi wees. Om die styl te volg is dit baie belangrik om te onthou dat die kleurvolle blomme ʼn dekor tema baie besig kan maak, dus moet die res van die dekor of borde nie besig wees nie, maar neutraal sagte kleure wees, sodat die helder blom of besige dekor die aandag geniet. Besige en neutrale dekor saam wen altyd.

Addisionele Inligting:


Nog advies aan bruide… Moenie ʼn styl doen omdat jy sien almal anders dit doen, omdat dit nóú ʼn norm is nie. Doen iets waarvan julle werklik hou en wat julle persoonlikheid mooi en duidelik sal uitbeeld. Wees uniek en doen iets uniek.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: