Arno & Jenita se verlowings fotosessie by die Voortrekkermonument

Arno en Jenita se verlowings fotosessie by die Voortrekkermonument is so pragtig vasgevang in pragtige foto’s. Omring deur die pragtige natuurtonele van die Voortrekkermonument, was dit die perfekte agtergrond vir die paartjie se verlowings fotosessie.

Jenita het ʼn sagte smaraggroen rok gedra en Arno het ʼn groen broek met ʼn ligte sand kleurige hemp gedra. Die paartjie se uitrustings is vir ons so pragtig, want dit is neutraal en neutrale kleurskemas kom altyd so goed op foto’s na vore.

Hulle het foto’s geneem rondom die graniet monument omring deur die pragtige groenigheid wat die monument omring. In die verte kan jy ook die stad sien wat so mooi bo die groen landskappe uitstaan. Die foto’s met die pers veldblommetjies is so oulik en skep ʼn interessante en prettige gevoel aan die paartjie se verlowings foto’s.

ʼn Verlowings fotosessie is die perfekte geleentheid om pragtige foto’s as herinneringe te kry en ook om meer gemaklik voor die kamera te raak. Dit is die gulde geleentheid om jou trou fotograaf enige vrae te vra rakende jou trou fotosessie. Om gemaklik te wees met jou trou fotograaf en voor die kamera voor die dag van jou troue is uiters belangrik. Dit neem soveel onnodige ongemak en stres van die paartjie weg.

Rol af om meer te lees oor Arno en Jenita se verlowings verhaal en hul liefdesreis.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons eerste ontmoeting was in die kerk saal van die kerk waarvan ons albei deel was. Arno en sy gesin het nuut aangesluit en ek was aan hom voorgestel deur een van die ander jong mense. Vir my was dit love at first sight. 😉  Ons was maar in Graad 9 ons het begin uit gaan begin Graad 10.

Die groot vraag:


Ons het beslis altyd geweet ons wil trou en saam die lewe deur bring maar nooit was daar gepraat oor enige verdere planne nie. Die verlowing was vir my ʼn totale verassing, want ons was op daardie stadium in ʼn lang afstand verhouding, want Arno het in die Kaap gebly vir werk. Hy het my gevra om te trou op my 21ste verjaarsdag die 16de Desember 2022 voor al ons familie en vriende, my pa het ʼn geskenk aan my oorhandig en toe ek omdraai staan Arno agter my op sy knieë met ʼn rooi boksie in sy hand.

Hoekom ons mekaar liefhet:


My gunsteling eienskappe van Arno is hoe hardwerkend hy is en sy sagte hart. Niks is ooit te veel vir hom nie en hy staan nooit terug vir ʼn bietjie harde werk nie. Hy probeer altyd alles reg maak en verbeter maak nie saak hoeveel moeite dit vat nie.

Arno se gunsteling eienskappe van my is natuurlik eerstens dat ek “mooi” is en dan ook my hart vir mense, ek maak altyd seker almal om my is gelukkig en tevrede.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons is verloof vanaf die 16de Desember 2022 en ons troudag is uiteindelik die 4de Mei 2024! Ons is “super” opgewonde!!

Die verloofring:


Ek het glad nie geweet hoe my verloofring sal lyk nie, die ring was ook in die Kaap gekoop omrede Arno letterlik die dag voor ons verlowing terug gevlieg het. Hy het lank en hard gesoek vir ʼn mooi ring in die regte grootte.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons verlowings fotos was definitief vir ons trou webtuiste waarmee ons gaste genooi het en waarop hulle kon RSVP, tegnologie is darem maar lekker!

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons is albei lief vir die Voortrekker monument en die geskiedenis daar agter, dit was al ʼn paar jaar in ons gedagtes om daar fotos te gaan neem en dit het toe perfek uitgewerk dat dit toe ons verlowings fotos kon wees!

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ek dink die verlowings tydperk is wonderlik! Jy voel sommer van voor af verlief en verlore maar saam dit kom die vrese en verantwoordelikheid van trou beplanning om seker te maak die dag loop perfek, maar mens moet jouself steeds toelaat om elke oomblik in te neem en dankbaar te wees daarvoor!

Visie vir droomtroue:


Ons droom troue bestaan uit al die mense waarvoor ons lief is en omgee. Ons wil net hê almal moet ʼn goeie tyd hê en dit altyd onthou as die geleentheid waarby ek en Arno een geword het en natuurlik saam dit nog ʼn paar asemrowende “kiekies”!

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: