PG & Annieka se Pragtige Troue in die Overberg

PG en Annieka se pragtige troue in die Overberg tussen Baardskeerdersbos en Gansbaai is ʼn pret feesviering gewees saam met familie en vriende.

Annieka en PG het by die pragtige trou venue, Murasie Wedding Venue getrou.  Murasie Wedding Venue is elke paartjie se droom trou bestemming.  Met prentjie mooi landskappe, perfek vir daardie spoggerige trou foto’s en die mooiste onthaal lokaal met groot glasdeure is dit dié perfekte trou bestemming vir paartjies.

Hulle het so ʼn mooi seremonie gehad by die trou venue se amfiteater-styl buitelug seremonie area onder die groot akkerboom. Groot blom ontwerp strukture in ʼn warm aardse kleurpalet het die agtergrond versier van die paartjie se buitelug seremonie versier.

Die onthaal lokaal was gevul met lang hout tafels, wat vir ons altyd ʼn gesellige en feestelike gevoel gee. Deurskynende perspeks stoele bring ʼn moderne element in wat die perfekte balans skep tussen die amper rustieke gevoel van die tafels. Die tafel was versier met ʼn gebrande oranje loper en baie kerse wat ʼn warm en romantiese atmosfeer geskep het. Hul tafel dekor het ʼn minimalistiese voorkoms gehad met groen blom ontwerpe wat vanuit die dak bo die tafels gehang het.

Annieka het beeldskoon gelyk in haar trourok.  Om haar voorkoms af te eindig het Vonkel Design die mooiste paar oorbelle vir die bruide ontwerp en gemaak. Met die pêrels en goud van 3 spesiale dames in Annieka se lewe, het Vonkel Design met die waaier patrone op die trourok se materiaal as inspirasie, hierdie treffende oorbelle-met-ʼn-storie gemaak. Louise van Vonkel Design het ook tesame met die bruid se trourok ontwerper; wie ook die sussie van die bruidegom is; die verloofring en troupant te ontwerp wat absoluut perfek is.

Geniet die foto’s wat Marielle Catherine afgeneem het. Rol af om meer te lees.

Paartjie se Liefdesreis:


Annieka het as kelnerin by troues op ʼn wynplaas gewerk en PG het die wynplaas se wyn-logistiek gedoen. Een Vrydag is al twee aan diens en Annieka se vriendin sê hierdie ou lyk bekend. Ons sien toe weer later hierdie ou in ʼn kuierplek op Stellenbosch en gaan gesels toe met hom. Van daar het die vriendskap begin en 7 maande later die kys.

Ses jaar en ʼn dag later het PG beplan om die vraag te vra met ʼn oorslaap in Baardskeerdersbos en ʼn ‘reis’ terug huis toe. Met ʼn onverwagse onderbreking in die krag en ʼn gesukkel om dit weer aan te kry het alles nie heeltemal soos beplan verloop nie.

Steeds was die Saterdag benut met ʼn middagete in Stellenbosch en ʼn wynproe in Somerset-Wes. Sonder Annieka se wete het PG agterlangs met een van sy vriende gekonkel om alles tuis gereed te kry.

Met die aankoms tuis is die vuur reeds gepak, blomme orals in die huis en koue vonkel in die yskas.

Steeds salig onbewus dog Annieka hulle vier die 6-jaar saam. Saam braai en bordspeletjies speel is iets wat weekliks gebeur. Terwyl die vuur brand, met ʼn yskoue glas vonkelwyn vra PG vir Annieka om die Cluedo uit te pak en daarin versteek was die verloofring.

Trourok:


Ek het nog altyd ʼn eenvoudige wit, af van die skouer trourok ingedagte gehad. Ons almal het mos maar prentjies op Pinterest, of jy nou ʼn kêrel het of nie; verloof is of nie.

Ek kies toe so reg dat my aanstaande skoonsussie die trourok-ontwerper Charlotte Francina is. Sy ken my en my styl al die afgelope 6-jaar en vra of sy vir my ʼn trourok kan skets en materiaal kan wys wat sy al maande vir my hou indien ek dit sou wou gebruik.

Alhoewel dit glad nie my Pinterest prentjie was nie, was ek ongelooflik gelukkig en ons het natuurlik daarmee voortgegaan.

Ons het bietjie rondgespeel met kleure vir die basis van die rok, my enigste voorkeur was dat ek graag soos ʼn bruid wou lyk en ons het toe dus meer wit gegaan.

Die trourok se materiaal is ʼn waaier motief materiaal wat kop-tot-tone in glas-kraletjies bedek is. Ek het ʼn partytjie rokkie gehad en my enigste vereiste was iets pret waarin ek lekker kan dans.  Spyt is ek nie. Ek het dit vir die eerste keer aangepas die aand toe ek dit moes aantrek, maar as mens iemand het wat weet wat hulle doen en wat jy kan vertrou is dit maklik!

Meer oor Murasie Wedding Venue:


Murasie Wedding Venue is ʼn pragtige trou venue in die Overberg distrik is geleë op ʼn melkplaas, genaamd Korsika, naby aan Baardskeerdersbos.  Die prag plaas omring deur groen lande en die mooiste uitsig oor die groot dam.  Dit is die perfekte trou bestemming vir paartjies wat sommer ʼn lekker gesellige naweek wil maak van hul troue.

Murasie Wedding Venue het die mooiste seremonie area onder ʼn ou Eikeboom by Murasie.  Die amfiteater styl seremonie sal jou trou gaste die mooi natuurskoon wat hul omring bewonder.  Dit is die perfekte plek om trou aan mekaar te belowe.

Die trou venue is ʼn moderne gebou met meestal glas aan die een kant van die onthaal-lokaal.  As jy instap by die onthaal lokaal sal jy sommer onmiddellik tuis voel.  Die rou steen mure gee daardie warm gevoel, waar die glas in kontras weer die moderne elemente in bring.  Met die dubbel volume dak en die klomp glas deur is paartjies en hul trou gaste verseker dat hulle pragtige uitsigte sal hê en ook die sonsak vanuit die trou venue kan aanskou.

Meer oor Vonkel Design:


Vonkel Design is ʼn kreatiewe juweliers ontwerper in die Paarl. Hul spesialiseer in pasgemaakte juweliersware wat mense se stories vasvang en vertolk. Louise, die eienaar en ontwerper agter Vonkel Design geniet dit om ou skatte te hermodelleer, maar maak ook splinternuwe blinkgoed wat deur generasies oorgedra kan word. Sy is lief vir goud en diamante, en werk ook graag in pêrels- die klassieke tydlose mooi goed.

Verloof- en Trouringe:


Ek wou graag ʼn klassieke verlowings pand gehad het met ʼn unieke troupand daarby. Ek het nog altyd van ʼn moissaniete steen gehou omdat ek nie verwag het my toekomstige man moet ʼn huis se deposito op ʼn ring spandeer nie.

Louise van Vonkel Design het my twee ringe so ontwerp dat dit in-mekaar pas. My verloofring is ʼn reghoekige deurskynende moissaniete en my troupand bestaan uit 3 driehoekige sjampanje kleur moissaniete. Ons het sommer eendag na ʼn winkelsentrum gery om PG se ring grote asook styl waarvan hy hou te kry.

PG se ring het ek toe aanlyn by The Diamond Box bestel wat ʼn baie aangename ervaring was. Hulle het ʼn wye verskeidenheid van grotes en het die perfekte ring gehad wat goud aan die binnekant is en brons buite vertoon.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Dit was ʼn ongelooflike gelukkige dag vol lag. Ons beide hou van ʼn lekker partytjie en om te ervaar hoe al ons gaste saam met ons die oomblik deel toe ons by die onthaalsaal instap was fantasties.

Ons foto- en videograwe het die fotosessie só natuurlik laat voel en lekker gemaak dat dit soos ʼn partytjie op sy eie gevoel het.

My Ma is 6 jaar terug oorlede en my Pa het gereël dat twee van PG se gevolg vir my ʼn bos sonneblomme die oggend voor ons troue bring. Ek en my Pa het vir my Ma en sussie ʼn kers aangesteek voor die seremonie begin het om eer aan hulle te bring, dit was vir my baie spesiaal om net ʼn oomblik stil te word en aan hulle te dink.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ek was ongelooflik gelukkig met al ons trou diensverskaffers.

Trou Venue:


Ek is ongelooflik besluiteloos en het twee trou venues ingedagte gehad. Ons het eerste na Murasie Wedding Venue gaan kyk en beide baie daarvan gehou, so baie dat ons glad nie verder gesoek het nie.

Daar was spasie vir oornag glamping tente en verblyf op die perseel.

Die venue se glasdeure was definitief ʼn groot aantrekkingspunt wat beteken dat die mooi uitsig glad nie belemmer word nie.

Ons kon op die venue by die pragtige amfiteater in die natuur trou.

Trou Dekor en Styl:


Ek is glad nie ʼn kieskeurige mens nie. Alhoewel ek mal daaroor is om blomme in my huis te hê het ek gevoel blomme by ʼn troue word grootliks in die drom gegooi en het daarom vir kerse en gekleurde glase op die tafels gegaan.

Ek was mal oor Husband Wife Team se bestelling-lys, dit het my in staat gestel om ʼn prentjie te skep wat ek nie noodwendig ingedagte gehad het nie.

Ons het besluit op ʼn warm en aardse pallet met roes-oranje aksent kleure. Op die nippertjie het ek besluit om twee van my bruidsmeisies se rokke in ligte kobalt blou te bestel om nog kleur tot die dag by te voeg.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Advies van die bruidsmeisie:

Raad wat ek van een van my bruidsmeisie gekry het. Laat een of twee van jou bruidsmeisies jou kontakpersoon wees op die dag van julle troue en niemand jou kontak nie. Dit het my ongelooflik gerusgestel.

Besluit wat vir jul belangrik is:

Jy hoef nie iets te doen net omdat almal dit nog altyd doen nie, besluit wat vir jou belangrik is of betekenis het.

Foto’s en video:

Gesamentlik met die herinneringe in jou geheue is foto’s en video’s regtig al wat jy oor het na die dag. Om ʼn videograaf te huur was op my rugsteun lysie. Ek het toe besef hoe belangrik dit eintlik is om nie net foto’s van die dag te hê nie, maar om die gevoel en emosie ook weer na die tyd te kan ervaar.

Op die dag koördineerder:

Ek wou nog altyd ʼn op die dag koördineerder gehad het. Van jare by troues werk het ek gesien hoe belangrik dit kan wees. Die op die dag koördineerder het toe egter plek gemaak vir die videograaf in terme van uitgawes.

Leonie van Murasie was egter só in beheer dat ek glad nie spyt is dat ek nie een gehad het nie.

Kry ʼn kontak boksie:

Mense gee steeds kontant in koevertjies. Kry ʼn boksie of wys iemand aan na wie die koevertjies moet gaan.

Dink aan jul gaste:

Almal sê altyd dit gaan oor julle twee en nie oor die gaste nie, maar om soveel geld uit te vurk en nie aan jou gaste te dink nie is ook verregaande.

Sitplek en die son:

Ek sal voorstel dat jy nie jou gaste in die son laat sit tydens jou seremonie nie. asook genoeg sitplek het tydens canapés nie.

Kos en Musiek is belangrik:

Gaste onthou kos en musiek. Indien jou gaste honger is, maar jou platejoggie vuurwarm is, sal hulle vergeet dat hulle honger is. So, as jy een ding reg kry, kry die platejoggie reg.

Verlof vir die Maandag:

Indien julle nie dadelik op wittebrood kan gaan nie sit verlof vir die Maandag in!

Eerste Dans:


Burning Fire van Camino

Trou Begroting en Beplanning:


Die paartjie het hul troue self beplan oor ʼn sewe maande periode. Hulle het 137 trou gaste onthaal teen ʼn begroting van min of meer R 2,335 per persoon.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: