Lucian & Chery se Moderne Kaapstad Middestad Troue

Daar is iets baie spesiaal aan ʼn stedelike troue, veral as dit in die middestad is. Ons deel met julle Lucian en Chery se moderne Kaapstad middestad troue.

Chery het beeldskoon gelyk op haar troue. Haar trourok pas haar perfek en ons is mal oor die skouer detail en die effense mou.

Haar grimering en hare is perfek en komplimenteer haar voorkoms só mooi. Giovanna’s Artistry het Chery en haar strooimeisie se grimering gedoen en hare stileer. Sy het gefokus daarop om Chery ʼn baie natuurlike, gloeiende vel te gee met afgeronde oë en lippe. Giovanna’s Artistry spesialiseer in natuurlike bruid skoonheid en om bruide se natuurlike elemente te gebruik en die fokus daarop te plaas.

Chery en Lucian het die mooiste buitelug seremonie op die dak van die trou venue gehad. Die perfekte ligging vir prentjie mooi uitsigte oor Kaapstad se middestad met die mooiste uitsigte van Tafelberg, die stadslewe en geboue onder.

Hierdie moderne glaskas onthaal lokaal met die mooiste uitsigte was versier met moderne dekor elemente. Pragtige sagte neutrale kleur skakerings blom ontwerpe kan op die gaste tafels gesien word. ʼn Tafel loper wat geriffel is het daardie dromerige gevoel aan die tafels gegee. Kerse in skakerings van sagte aardse kleure het ʼn romantiese atmosfeer in die onthaal lokaal geskep. Die bruidstafel was ʼn glas tafel wat ook aandag trek na die paartjie se tafel toe en inpas by die moderne tema.

Hulle fotosessie was om en in die Kaapstad middestad gehou met foto’s van geboue, ʼn motor en ook die Silo Distrik. Hul troue was ʼn lekker kuier saam met familie en vriende omring deur stad se skitterende liggies.

Rol af om meer te lees oor Lucian en Chery se moderne Kaapstad middestad troue. Geniet die foto’s wat Aldo Meyer geneem het.

Meer oor Giovanna’s Artistry:


Giovanna’s Artistry is ʼn haarstilis en grimeerkunstenaar en werk in die film en bruid bedryf. Met Giovanna’s Artistry se jare ondervinding in die filmbedryf het sy verskeie gespesialiseerde vaardighede aangeleer soos spesiale effekte, tatoeëer bedekking en lyf verf.

Sy maak voorsiening vir alle velkleure en haar tipes. Giovanna’s Artistry het ondervinding om met mense van alle vlakke van die lewe te werk. Hierdie ervaring voer in tot haar bruid werk, aangesien Giovanna in staat is om te bereik watter voorkoms jy ook al wil hê.

Sy spesialiseer hoofsaaklik in natuurlike en Hollywood-styl rooi tapyt-grimering. Giovanna werk om natuurlike kenmerke te verbeter eerder as om dit te bedek. Elke gesig is vir haar mooi, en sy wil net haar kliënte help om die skoonheid te sien wat sy in hulle sien.

Paartjie se Liefdesreis:


Die mooiste was die feit dat ons mekaar van geen kant af geken het nie, behalwe dat ons jare lank Facebook-vriende was. In 2015 toe ek op ʼn laagste punt in my lewe was, het Lucian my in daardie tyd ʼn boodskap op Facebook gestuur.

Ons het toe begin klets, vriende geword en begin uitgaan en die res is geskiedenis. In ons sewende jaar saam het Lucian ʼn dag na my verjaarsdag my gevra om te trou.

Maande voor hy vra het ek ʼn kompetisie gewen vir ʼn paartjie fotosessie by Aldo Meyer Photography. Lucian het gereël dat ons die fotosessie doen vir my verjaarsdag by Babylonstoren.  So het hy my verras met die verlowing tydens die fotosessie.

Ek was só geskok, want ek het geen idee gehad wat hy beplan het met die fotograaf. Na die fotosessie het hy my weer verras met ʼn verlowings partytjie met al ons naaste familie en vriende. Dit sal ʼn dag wees wat ek nooit sal vergeet nie. Hy het my regtig onder my voete geslaan en dit was besonders mooi en spesiaal.

 

Trourok:


My trourok was ʼn storie! Ek wou ʼn eenvoudige, elegante en slank tipe trourok hê. Ek het toe ʼn modeontwerper genader om my trourok te ontwerp. Sy moes my van die begin af gesê het dat die styl nie by my sal pas nie. Ek onthou elke keer wanneer ek gaan aanpas het, het ek nie reg gevoel nie, dan sê ek vir myself dalk as ek gaan vir die volgende ronde van aanpas sal ek beter voel. Dit was toe nie die geval nie en so het ek aanhou stres oor die trourok se ontwerp.

Vier dae voor die troue was dit die laaste ronde van aanpas en diep in my hart het ek geweet dit is nie my trou rok nie. Ek was so hartseer en het amper my oë uit gehuil daardie aand, want ek het nie geweet hoe en wat ek gaan maak nie. Ek sê toe enige iets kan verkeerd gaan, maar nie my trourok nie.

ʼn Sukses storie:

Die volgende dag met trane in my oë het ek toe by Whimiscal Bridal Boutique op geëindig en met ʼn breë glimlag daar uit gestap. Hulle het my só mooi gehelp. My gewys wat by my sal pas en wat nie. Hulle was eerlik met my en die idee (modeontwerper se idee) wat ek gehad het, het nie by my gepas nie. My Ma en Suster was saam met my. Elke trourok wat ek aangepas het kon ek sien hoe helder hulle gesiggies op van blydskap.

Dit is iets wat ek nie ervaar het, toe ek my vorige trourok van die modeontwerper aan gepas aangepas het nie. Die trourok wat ek gekies het was niks soos wat ek ingedagte gehad het nie. Dit was ʼn styl wat ek nie altyd sou voor gaan nie.  Maar, ek het so so mooi gelyk, mooi gevoel en was baie gemaklik in my trourok. Die kleur van die trourok het ook baie mooi uitgestaan, want dit was nie jou tradisionele wit trourok nie. Op die einde van die dag was ek baie gelukkig met my keuse.

Verloof- en Trouringe:


Ons ringe sal ek sê is baie eenvoudig en elegant. Ek het tot op die laaste minuut gesoek vir ʼn trouring.  ʼn Paar weke voor ons troue, toe ek die ring vind en aanpas het ek geweet dit is die “een”.

Ons het albei geweet wat ons soek. Ek wou wit-goud hê en ons het gehou van die swart titanium ring vir Lucian, so dit was nie ʼn moeilike besluit nie.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Ons gunsteling herinneringe sal ons sê was die seremonie. Die seremonie was op die balkon van die trou venue gehou met die mooiste uitsigte van stadsgeboue en berge. Wat vir ons uitgestaan het was die Lof en aanbidding. Die boodskap was mooi en ons trou geloftes was uniek en spesiaal.

Die oomblik wat die pastoor sê “Ek verklaar julle man en vrou” was iets besonders,  Ons eerste dans was só romanties, ʼn oomblik wat ons nooit sal vergeet nie. Ek wil ook net byvoeg, ons was ook baie dankbaar vir ons vriende en naaste familie wat ons spesiale dag met ons gedeel het.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Die diensverskaffers wat vir ons uitgestaan het was beslis Bouwer Flowers vir die blomme. Dit het baie mooi uitgestaan.

Deja Reve Events wat die dekor en beplanning gedoen het.

The Velvet Effect vir die ongelooflike lekker kos.

Trou Venue:


Ons trou lokaal keuse was een van die maklikste besluite rakende ons trou reëlings. In ons tyd saam was ons albei mal oor die stad lewe. Ons het elke naweek daarheen gegaan, of dit nou was vir ʼn nagklub, uiteet, inkopies of net om die mooi uitkyk punte te gaan sien was dit genoeg vir ons.

In ons tyd van verloof wees het ons begin soek vir trou lokale en het toe afgekom op Rooftop On Bree. Ons het geweet ons hoef nie verder soek nie, want dit was presies waar ons sal wil trou.

Albei van ons wou iets ander hê.  Iets “uit die buitengewone” en Rooftop On Bree was beslis dit. Ons kon nie genoeg kry van hoe mooi die plek was nie. Die hele lokaal was net glas met die mooiste kroeg, groenigheid, ʼn balkon wat uit kyk na die mooi stadsgeboue en berge. Ons kon nie vir ʼn beter trou lokaal vra nie en hierdie plek was net asemrowend.

Trou Dekor en Styl:


Die kleurskema het Lucian in my hande gelos. Alhoewel ek hom nou en dan ingelig het, was hy tevrede met hoe ek dit wil hê. Ek hou van neutrale kleure. Dit was die kleure waarvoor ek gegaan het vir ons troue.

Dit was baie neutraal met wit. Wou dit sag en minimaal hou, maar nogsteeds elegant. Ek hou van min, maar ek hou van mooi. Die tafels was bedek met naaswit tafeldoeke met ʼn wit gaas tafelloper.  Dan het ons wit, roomkleurige en mokka kleur kerse gehad en die mooiste blomme in die middel.

Ons het gegaan met silwer eetgerei, glas onder borde. Op dit was die wit tekstuur servette en macaron gaste geskenkies, ʼn wyn glas, coupe sjampanje glase en wit tiffany stoele. Voor by die alter was daar die pragtigste blomme rangskikkings gewees wat later by die onthaal ingedra was en langs ons glas tafel geplaas was.

Tussen al die neutrale kleure het my trourok mooi ingepas en Lucian se blou pak het só mooi uit gestaan, alles het op die einde mekaar baie mooi gekomplimenteer.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Vir die gene wat nou besig is om hul troue te beplan, dit is só ʼn opwindende tyd wat so gou gaan. Onthou om die proses te geniet want ʼn mens kan só oorweldig raak met al die stres wat gepaard gaan met die reëlings dat jy nie eers jou verlowings tyd perk geniet nie.

Ons sal ook byvoeg, spaar vir jou droom troue. Daar is niks so lekker om die dag na jou troue wakker te word en te weet jy het geen trou skuld nie. Die beste sal ook wees om ʼn trou beplanner te kry, hulle maak dit regtig baie makliker vir jou want hulle weet presies hoe en wat om te doen.  Dit haal soveel gewig van mens se skouers af.  Geniet dit en los alles in jou trou beplanner se hande.

Onthou ook om op God te vertrou want die dag is alreeds vir ons uitgesit en alles sal uitwerk soes dit moet.

Eerste Dans:


You Are the Reason van Calum Scott.

Trou Begroting en Beplanning:


Die paartjie het hul trou met behulp van ʼn trou koördineerder beplan oor ʼn twee jaar periode.  Hulle het 50 trou gaste onthaal met ʼn begroting van min of meer R 3,000 per persoon.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: