Vind die perfekte trourok by LOCA Bridal

Vind die perfekte trourok by LOCA Bridal, ʼn pragtige bruidsboetiek in Gqeberha in die Oos-Kaap. LOCA Bridal spesialiseer in moderne trourokke vir die stylvolle bruid.

In dié onderhoud artikel gesels ons met LOCA Bridal se eienaar oor hul trourok boetiek en wat hulle bied vir toekomstige bruide. Vir die van julle wat klaar verloof is en opsoek is na die perfekte trourok, moet definitief inloer by LOCA Bridal.

By LOCA Bridal word toekomstige bruide verwelkom deur vriendelike glimlagte en professionele diens. Met jare se ondervinding in die trourok bedryf is toekomstige bruide in baie goeie hande.

LOCA Bridal se reeks trourokke is van plaaslike trourok ontwerpers van Suid-Afrika. Hulle trourokke is nie net plaaslik gemaak nie, maar ook só mooi.

Rol af om meer te lees oor ons onderhoud met die eienaar van LOCA Bridal en hulle liefde en passie vir trourokke.

Die LOCA Bridal Bruid:


LOCA Bridal is ʼn veilige plek vir die lieflike, oorspronklike en kreatiewe bruid wat nie bang is om die trourok grense te verskuif nie.

LOCA Bridal se Ateljee:


So jy is gereed om ʼn paar unieke trourokke by LOCA Bridal aan te pas!  Bespreek jou trourok aanpas sessie met ʼn fantastiese LOCA-ervaring! By LOCA Bridal kan jy soveel trourokke probeer as wat jy wil. Tydens jou trourok aanpas sessie sal jy bederf word met vonkelwyn en ander drankies met ʼn ietsie soets. Jy is welkom om ʼn paar geliefdes saam te bring om deel te wees van jou sê “ja” vir die trourok oomblik.

By LOCA Bridal doen hulle dinge ʼn bietjie anders deur ons bruide toe te laat om hul gunsteling komponente uit ons ontwerpers versameling te meng en aan te pas om hul eie unieke trourok te skep.

LOCA Bridal het ʼn bruids-inkopie-ervaring visie gehad wat moderne geïnspireerde, nie-tradisionele trourokke aanbied.  Trourokke enig in hul soort en ten volle gestileerde trourokke vir die styl vaardige bruid.

Met liefde, geduld en entoesiasme saamgestel.  LOCA Bridal is ʼn plek van betowering en hoop.  Om by te dra by die bruid se ervaring van haar mees skouspelagtige en onvergeetlike dag van hul lewe.

LOCA Bridal se Reeks:


By LOCA Bridal het hul Bespoke by Maryke en Something New Bridal se trourok reekse. Albei plaaslike Suid-Afrikaanse trourok ontwerpers. Hulle het ook hul eie LOA COUTURE-reeks.

Al LOCA Bridal se pasgemaakte trourokke is spesifiek ontwerp om uitruilbaar te wees.  Dit skep onbeperkte opsies vaar van bruide kan kies om hul eie pasgemaakte droom trourok te skep. Gebruik LOCA Bridal se interaktiewe hulpmiddel om jou eie trourok te ontwerp deur ʼn lyfie en ʼn romp te kies om die uiteindelike bruid voorkoms te skep.  ʼn Trourok wat vir jou individueel is, of word geïnspireer deur kombinasies wat ons weet saam ongelooflik lyk gekies deur ons stiliste.

LOCA Bridal  het ʼn trourok reeks wat gereed is om te dra en hul hou daarvan om ʼn bruide se trourok op maat te ontwerp.

Meer as 40 verskillende trourokke:


LOCA Bridal het meer as 40 trourokke en hou in gedagte dat elkeen uitruilbaar is, só die opsies is eindeloos.

Mees populêre trourok styl en snit in 2024/2025:


Hulle sien ʼn mengsel tussen klassiek en skitterende trourokke vir 2024 en 2025.

Bespreek jou aanpas sessie só by LOCA Bridal:


LOCA Bridal het 3 verskillende aanpas opsies beskikbaar, soos hieronder verduidelik:

  • Opsie 1 is  ʼn 60 minute  aanpas sessie vir ʼn totaal van 3 gaste.
  • Opsie 2 is ʼn 90 minute aanpas sessie vir ʼn totaal van 3 gaste.  Hier het jy so bietjie meer tyd.
  • Opsie 3 is die opsie om jou eie trourok te skep en vir pasgemaakte ontwerpe.

Klik hier om LOCA Bridal direk te kontak vir meer inligting en pryse oor hul aanpas sessies.

Artikel Krediet: