Pierre en Derna se feestelike troue in Wolseley was ʼn prettige kuier saam met vriende en familie. Elke element van die paartjie se troue is só mooi. Met ʼn herfs tema vir ʼn lente troue het die die perfekte kontras geskep tussen kleurvolle bloeisels en ʼn meer aardse kleurskema.
Die paartjie het by die pragtige trou venue, Die Boord Function Venue Function Venue in Wolseley getrou. Hulle het ʼn buitelug seremonie gehad op die versorgde grasperke van die trou venue omring deur deur pragtige bome en die saligheid van die natuurskoon.
Derna en Pierre se tafel dekor was baie mooi en het perfek gewerk in die onthaal spasie ʼn kombinasie van gedroogde- en vars blomme het kan op die hout tafels gesien word, asook vanuit die dubbel volume dak. Skakerings van aardse kleure met die gebrande oranje lemoen kleur is besonders mooi. Die tafel is afgerond met rottang plek matjies. Swart en goud eetgerei en die swart tafellopers bring ʼn moderne en dramatiese voorkoms aan die dekor elemente.
Boland Weddings het die paartjie se troue só mooi vasgevang in pragtige foto’s wat die paartjie se troue vertaal in ʼn pragtige visuele storie. Die Boord Function Venue Function Venue se ligging maak dit die perfekte plek vir die mooiste trou foto’s. Van die pragtige plaas landskappe tot die berg uitsigte in die agtergrond is alles saam perfek vir die paartjie se fotosessie.
Die paartjie se troue was ʼn lekker prettige en gesellige troue met goeie musiek, heerlike kos en fantastiese geselskap. Rol af om meer te lees oor Pierre en Derna se liefdesreis en hulle prentjie mooi troue in Wolseley.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het ontmoet by ʼn vriendin se troue by Die Woud. Die bruid het ons aan mekaar voorgestel. Ons verlowing was ʼn verrassing piekniek op Paarlberg by Die Taalmonument.
Trourok:
Die trourok het baie mooi detail met die oop rug is dit baie mooi en uniek ontwerp. Oorspronklike Enzoani trourok. Daar was ʼn paar veranderinge gemaak na Derna se smaak.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Hou ʼn geldjie eenkant, want daar duik altyd onvoorsiene uitgawes uit net voor die troue.
Meer oor Boland Weddings:
By Boland Weddings is die “naam van die speletjie” gerig daarop om goed eenvoudig te hou. Boland Weddings is ʼn groot span van fotograwe en videograwe wat nie net met mekaar saamwerk as of ons ʼn groot familie is nie, maar wat ook saam werk om die stres van julle troue te verminder.
Boland Weddings is opgebou deur fotograwe en videograwe wat almal persoonlik uitgekies was deur die besigheid se eienaars, om seker te wees dat hulle inpas by die formaat waarvoor Boland Weddings bekend is. Daar sal nooit iemand by julle troue wees wat nie ʼn amptelike deel is van die Boland Weddings familie nie. Die foto en video redigering, selfs na 13 jaar, word steeds net gedoen deur die eienaars self, om seker te wees dat hulle styl kan oordra na al die spanne.
Voor julle troue is Boland Weddings ook meer as gewillig om te help met tydlyne, advies, en selfs om ander tipe verskaffers vir julle voor te stel wat gepas sal wees vir julle droom en begroting. Algehele, om Boland Weddings deel te maak van julle groot dag is nie net ʼn praktiese keuse nie, maar ook ʼn keuse wat julle troudag meer pret en spesiaal sal maak.
Verloof- en Trouringe:
Derna se ring is goud met ʼn geel steen, en 2 diamante teen die kante. Sy wou baie graag iets unieks gehad het en geel is een van haar gunsteling kleure.
Pierre se ring is silwer. Hy hou baie van ʼn Oniks ring, daarom het ons met hierdie keuse gegaan.
Trou Venue:
Ons wou ʼn trou venue kies waar Pierre nog nie gewerk het nie, hy is ʼn platejoggie by troues. Die trou venue is modern, met ʼn plaas gevoel. Ons het gehou van die groot dansvloer en baie ruim onthaal spasie.
Trou Dekor en Styl:
Ons kleurskema was gebrande lemoen (herfs kleurskema). Die dekor was baie uitgedroogde blare en takke. Ons wou klem lê op die gebrande lemoen kleur omdat dit ons hoof kleurskema was. Die algehele styl was modern, met ʼn sprinkel plaas en natuur.
Meer oor Die Boord Function Venue Function Venue:
Slegs 70-minute se ry vanuit Kaapstad vind jy Die Boord Function Venue Function Venue, omring deur asemrowende berge van die bekende Witzenberg-vallei. Dié splinternuwe, trou venue is geleë net buite Wolseley, in die Wes-Kaap.
Die Boord Function Venue Function Venue spog met ʼn groot saal, ruim sitkamer area, kroeg, afgesonderde tuin en twee selfsorg eenhede op die perseel. Met moderne afwerkings en ʼn ruim, oop gevoel kan die onthaal-saal tot 150 gaste plus ʼn dansbaan akkommodeer.
Heerlike hartskos met ʼn sjiek kinkel word deur Marinda en Muriel Catering voorsien. Met hulle boerekos agtergrond en 40-jaar se gekombineerde ondervinding in die trou bedryf, kan jy beslis weet, jou gaste gaan hulle lippe af eet!
Soek jy na ʼn ruim venue om so veel moontlik vriende en familie te onthaal, of ʼn kleiner, meer intieme venue vir slegs jou naaste geliefdes? Die Boord Function Venue Function Venue is perfek vir beide!
Oulike verblyf opsies ook beskikbaar! Die Boord Function Venue Function Venue het 19 gemaklike verblyf eenhede, beskikbaar wat tot-en-met 38 gaste kan akkommodeer. Elke eenheid het lugverkoeling, ʼn klein kroeg yskas en koffie maak fasiliteite.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Armand V, die platejoggie.
Marinda & Muriel, wie die spyseniering gedoen het.
Eerste Dans:
Fall into you deur Forest Blakk.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Ons eerste dans voor familie en vriende as pasgetroudes.
Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het in totaal 80 trou gaste onthaal. Hul trou begroting was min of meer R 2,250 per persoon. Hulle het die trou self beplan oor ʼn periode van 15 maande.
- Fotograaf + Videograaf: Boland Weddings | Kontak
- Venue: Die Boord Function Venue | Kontak
- Bruidegom-pak: Shein
- Dekor: Something Borrowed| Kontak
- Gaste Geskenke: Roets Creations| Kontak
- Grimering: Meraki Hair & Beauty| Kontak
- Hare: Zani Le Roux| Kontak
- Huwelik kontrak: Faure & Faure| Kontak
- Huurdienste: Functions hiring 4u| Kontak
- Huweliksbevestiger: Rudi Young| Kontak
- Juweliersware: Sterns
- Kroegdiens: Die Boord Function Venue| Kontak
- Musiek: The Otther| Kontak
- Platejoggie: Armand V| Kontak
- Paartjie se verblyf: Arum Lily Cottage| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Shein
- Skoene: De Jagers
- Spyseniering: Marinda & Muriel Catering| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Trourok: Dresstique| Kontak
- Trouringe: Sterns
- Troukoek: Liska’s Cupcakes
- Vervoer: Bruid se pa se voertuig
- Wittebrood Plek: AfriCamps | Kontak