Moderne Kleurvolle Trou Inspirasie Fotosessie

Paartjies wat opsoek is na trou idees vir ʼn stylvolle troue vol kleur elemente sal dié moderne kleurvolle trou inspirasie fotosessie baie geniet.  Hierdie gestileerde fotosessie op ʼn pragtige gasteplaas in Stellenbosch wys vir paartjies hoe mooi ʼn moderne dekor styl kan inpas by ʼn ouer meer rustieke plaas venue.

Die onthaal lokaal was gevul met kerse en helder blom ontwerpe. ʼn Moderne styl trou tafel met ʼn wit tafeldoek en baie kerse in die mooiste kersstaanders wat gemaak is uit glas.  Glas elemente op ʼn tafel skep altyd ʼn baie luukse voorkoms, omdat die kers lig gewoonlik daarin reflekteer.

Op die tafel kan fyn blomme gesien word wat daardie tikseltjies helder kleur inbring. Perske kleur servette is op die glas onderborde gebruik om in te pas by die hele element van kleur. Van die dekor elemente was verskaf deur Wilgenhof Estate, ʼn professionele trou dekor huur maatskappy in die Paarl.

Ons is totaal en al gaande oor die skryfbehoeftes wat Stuck On You Weddings ontwerp het. Dit het perfek gepas by die tema van die fotosessie. ʼn Simplistiese ontwerp styl met ronde naam kaartjies en ʼn tosseltjie daaronder om ʼn bietjie elegansie by te voeg. ʼn Interessante welkom bord met blomme in is ʼn definitiewe wenner.

Die blom en kleur tema het ook deurgetrek tot in die model se trourok en haar naels was ook bedek in kleurvolle blomme kuns.

Elke element van die gestileerde fotosessie was só mooi. Van die modelle se trou pakke, trourokke, hare, grimering, naels tot die mooiste dekor elemente, die venue, die blom ontwerpe en ook die pragtige troukoek.  Alhoewel dit ʼn moderne trou tema het, is daar nogsteeds ʼn warme en baie gesellige gevoel.

Rol af vir pragtige trou inspirasie en Lily & Wild Photography se pragtige foto’s.

Wie het die fotosessie gereël?


Jaqui Franco van Lily & Wild Photography en Carmen Mayers van Two Cherries Events het dit gereël.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons wou hê bruide moet in ʼn wêreld instap waar sagte kleure en dromerige landskappe in-een-gevleg word.  Om ʼn visie van romanse en elegansie te skep. Die gestileerde fotosessie trek inspirasie uit die betowerende Pantone-kleur, Peach Fuzz.

Peach Fuzz is die middelpunt van ʼn verskeidenheid veldblomme se kleure. Die kleur skep warmte, sagtheid en tydlose skoonheid.

Tikseltjies perske-kleur skakerings skyn deur die verskillende elemente sonder om die sintuie te oorweldig. Daar was baie klem op die blomme wat ʼn ontploffing van kleur geskep het.  Baie van die ontwerp elemente soos die troukoek en trou skryfbehoeftes is eenvoudig en elegant gehou om nie met mekaar te kompeteer nie. Om eerder die algehele ontwerp-estetika te komplimenteer.

Deur noukeurige ontwerp en die regte detail hoop ons om drome te inspireer van ʼn troue wat so tydloos asook betowerend is. ʼn Viering van liefde, genade en die skoonheid van gedeelde oomblikke.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Two Cherries Events en Lily & Wild Photography beplan al  baie jare saam gestileerde fotosessies.  Hulle het dikwels saam met gevestigde trou diensverskaffers soos Cindy Bam gewerk by ander gestileerde fotosessies.

Ons gee ook graag geleentheid vir nuwer diensverskaffers soos The Creative Frame, ʼn kans vir ʼn bietjie kreatiewe vryheid en ervaring op te bou.

Agter die skerms van die fotosessie:


Ten spyte van al die besprekings en beplanning, het nie alles volgens plan verloop nie.

Die fotosessie het op baie op die blomme staatgemaak.  Toe die bloemiste se bestelling van vars blomme nie betyds afgelewer is nie, moes ons ʼn plan maak.

Mense is oral gestuur om blomme te gaan koop wat hul kon kry by die winkels.  Ander elemente is vervang deur nagemaakte blomme wat gespuit is om by die tema te pas.

Soos met enige troue.  Wanneer dinge nie volgens plan verloop nie, is dit belangrik om ʼn trou koördineerder te hê om alles bymekaar te bring.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Die naweek van die fotosessie het Kaapstad die ergste weerstoestande ervaar. Daar was stormsterk winde deur die hele fotosessie.  Dit het dinge vir die modelle bietjie moeilik en ongemaklik gemaak. Maar, dit het die mees buitengewone mooi golwende trourok foto’s geskep.

Dekor:


Anchanè van Anchanè Decor het ʼn pragtige balans van sagte skakerings oor die tafelblomme geskep.

Deur die gebruik van enkel blomme in verskillende glasware, afgewissel met kerse, te gebruik, kon sy die perske-aksent byvoeg om ʼn stelling tafel te skep.

Aan die hoof van die tafel het sy ʼn vloer stuk geskep met ʼn oorvloedige mengsel van blomme wat die wow-faktor bygevoeg het.

Ons het ʼn paar nuwe elemente gesien soos die welkom-bord wat uitgesny was met ʼn blomme stoorplek. Hul koektafel was ʼn groot blomme krans was rondom die 3-laag wit troukoek. Die troukoek het hoog gestaan bo die blomme en is koninklik delikaat bedek met kantagtige patrone.

 

Kleurskema:


Die Pantone-kleur, Peach Fuzz was die inspirasie agter die gestileerde fotosessie.  Dit is ʼn redelike gewaagde kleur om op sy eie te gebruik. Ons het ʼn veldblom-kleurpalet geskep waar die perske-kleurskema pragtig saamgesmelt het.

Ons kon ʼn blom fantasie skep met skakerings van veldblom kleure wat in strooimeisies rokke en subtiele tikseltjies in die trou skryfbehoeftes voorkom.

Venue en Ligging:


Hawksmoor House is ʼn pragtige eiendom met ʼn geskiedenis wat terugdateer na 1692. Die bestemming beskik oor die oorspronklike Manor House, ʼn betowerende onthaal skuur, versorgde tuine, en die mooiste bronne water.  Dit alles teen die agtergrond van Tafelberg.

Ongelukkig was die berg nie sigbaar nie as gevolg van die onweer.  Ons wou graag toekomstige bruide ʼn oorsig gee van wat die trou bestemming alles het om te bied.

Vir die fotosessie het ons twee voorkomste gehad, een van ou vintage sjarme en die ander ʼn moderne bruid.  Hierdie eiendom kon hierdie voorkomste moeiteloos ten toon stel.

Trourok en bruidegom pak:


Cindy Bam, is ʼn noemenswaardige naam in die trou bedryf en haar ontwerpe spreek vanself.

Ons het op twee voorkomste besluit.

Die eerste een was ʼn moderne styl in geheel wit met ʼn hoë spleet in die romp wat drama en beweging by die trourok voeg. Hierdie kontemporêre detail maak voorsiening vir gemak van beweging.  Ons het dit saamgespan met ʼn sagte salie-groen bruidegom pak wat bykomstig is met ʼn tikkie perske-kleur.

Die tweede trourok was ʼn meer klassieke voorkoms wat ʼn delikate blomme borduurwerk in skakerings van perske en pienk gehad het. Hierdie blom-borduursel fantasie het ʼn gevoel van romanse en drama ontlok. Die besonderhede skep dimensie en tekstuur, wat die trourok verhef tot nuwe hoogtes van sofistikasie. Aangesien hierdie trourok die hoofrolspeler was, het ons besluit die bruidegom moet die voorkoms balanseer in ʼn ingetoë roomkleurige drie stuk pak.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Vir bruide wat geïnspireer is om ʼn verskeidenheid kleure in hul troue in te sluit, of dit nou vir die dekor, drag of algehele tema is, hier is ʼn paar raad om jou te help om hierdie kreatiewe en kleurvolle reis te navigeer:

Begin deur ʼn samehangende kleurpalet te vestig met ʼn dominante kleur en ondersteunende kleure wat die algehele voorkoms komplimenteer.

Voeg neutrale kleure in sodat die kleure nie oorweldigend word nie.  Die neutrale skakering kan dien as die agtergrond vir jou gekose kleure.

Speel met verskillende teksture om diepte en visuele belangstelling by te voeg. Vertrou jou instinkte op jou persoonlike styl en smaak sodat jou persoonlikheid deur elke detail skyn.



    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: