JP en Lize-Mari se buitelug troue in Lambertsbaai onder die Weskus se sterre lig was nie net ʼn mooi troue nie, maar ook ʼn lekker makietie saam met vriende en familie.
Die Weskus is ʼn populêre trou bestemming met die mooiste plattelandse landskappe, strande en algehele lekker vakansie gevoel. Lize-Mari en JP het by die pragtige trou venue, Bosduifklip getrou. Bosduifklip is uniek in sy trou aanbieding met die perfekte buitelug ligging. ʼn Buitelug onthaal omring deur die eeue oue rotsformasies en die pragtige uitsigte oor die natuurlike Sandveld omgewing. Dit is eerlik waar ʼn sprokies verhaal trou bestemming.
ʼn Lekker plat op die aarde buitelug seremonie waar gaste op hooibale sit omring deur die mooie natuurskoon. Dekor elemente was neutrale, aardse kleure. ʼn Kombinasie van gedroogde- en vars blomme is gebruik vir die pragtige blom ontwerpe op die tafels. Die onafgewerkte hout stomp tafels met die fyn dekor elemente skep die perfekte kontras.
Die bruid het beeldskoon gelyk in haar pragtige trourok. Ons is totaal en al mal oor die detail op haar trourok, veral hoe dit so mooi vloeiend is en onder ook dieselfde detail het. Om haar voorkoms afgerond het sy die mooiste polimeer klei oorbelle van Hellohaai aangehad. Dit komplimenteer haar voorkoms só mooi en gee ook daai tikseltjie ekstra elegansie.
Die span van Flying Swan Media, André en Susara het die paartjie se troudag vasgevang in die mooiste trou film. Met ʼn trou film wat natuurlik, romanties en tydloos is gaan die paartjie nog baie goeie herinneringe hê om te onthou in bewegende prentjies.
Rol af om meer te lees oor JP en Lize-Mari se liefdesreis en troue asook om die pragtige trou foto’s van Kilig & Co te geniet.
Paartjie se Liefdesreis:
Ontmoeting:
Ons het ontmoet in 2017 terwyl ek nog onderwys studeer het. Dit was my proef tydperk en ek het in ʼn ander dorp, waar my broer bly, my prakties gedoen. My man het net van die rugby akademie gekom en hy het tydelik by ʼn laerskool gewerk. Ons het mekaar ontmoet in die deur van ʼn kafee waar ek roomys wou koop en hy wou sigarette aankoop. Dit was net die perfekste oomblik gewees om op dieselfde tyd in die kafee te wees. Hy het dadelik koffie kom drink by my broer se woonstel.
Verlowing:
Dit was op 6 September 2020. Ons was alreeds in ʼn verhouding vir 3 jaar toe die verlowing beplan was. Hy het my geneem tot op ʼn heuwel en op sy knie afgegaan om die groot vraag te vra. Ons het van die heuwel af uitgekyk op ʼn pragtige uitsig van wingerde op ʼn plaas. Van ons naaste vriende en familie was by. Na die tyd het ons ʼn heerlike braai gehou.
Trourok:
My trourok was “bedoel om te wees vir my”. Een jaar voor ek sou trou het ek die trourok gesien en dat dit geadverteer word.
Ek het lank aan die spesifieke trourok gedink en in dieselfde jaar van my troue adverteer die persoon weer die rokkie. Ek het haar dadelik gekontak om pryse en grotes uit te vind.
Alles het perfek gepas. Ek sou nie enige ander trourok wou gehad het nie, want ek glo tot vandag toe, daai rokkie was “bedoel” vir my. Die dame wat voor my die trourok gehad het, het dit aangekoop by Fynbos Bridal.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Die belangrikste om te onthou is om ʼn troubegroting op te stel wat sal werk vir julle as man en vrou. Kry altyd ʼn tweede opinie. Maak seker voor jy enige kontrak teken, deeglik deur dit te lees.
Verloof- en Trouringe:
Die verloofring was spesiaal beplan om aan te pas. My skoonsuster wou vir haar ʼn nuwe ringetjie gaan soek het en ek het saamgegaan om haar te help.
Daar was ringe in die kassie wat ek van gehou het. Sy vra toe ek moet dit sommer aanpas om te kyk of dit by my pas. Ek dit vir die pret aangepas net om uit te vind paar weke later, ek het self my verlowingsring gekies.
Meer oor Hellohaai:
Hellohaai spesialiseer in hand gemaakte Polymer Clay trou oorbelle, met ander woorde maak Hellohaai jou trou-oorbel-drome waar. Daar is iets vir elke tipe bruid daar buite, of jy nou ’n moderne – of tydlose dame is, sal jy verseker iets kry wat jou hart maak glimlag. Indien jy nie seker is oor wat by jou hare of rok gaan pas nie, kontak Hellohaai gerus om bietjie raad te vra, soveel bruide is al deur onsekerheid gehelp om die regte oorbelle te kies.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Trou Venue:
Bosduifklip was ons eerste en laaste keuse. Toe ons na die venue gaan kyk het, het ons albei geweet dis daar waar ons wil man en vrou raak. Dit het net soveel herinneringe teruggeneem na waar ek as kind groot geword het. Ons het baie gemaklik daar gevoel en sou nie wou trou op enige ander plek met só pragtige uitsig nie.
Trou Dekor en Styl:
Kleure:
Neutrale kleure van wit, beige, ligpienk, bruin, geroeste oranje.
Dekor:
Rustieke atmosfeer, maar steeds klassiek en stylvol; baie pampas skep ʼn rustige atmosfeer tussen die natuurskoon.
Meer oor Bosduifklip:
Bosduifklip Restaurant en Trou Venue, is geleë 4,5 km buite die mooi Weskus dorp Lambertsbaai. Bosduifklip is aards, ongekunsteld, na aan die natuur en die mees unieke venue.
Vir die paartjies wat opsoek is ʼn venue wat anders is as die normale, lief is vir die buitelewe en die natuur, dan is Bosduifklip die antwoord. Die buitelug deel lê knus in die hang van die eeue oue rotsformasies en kyk uit op die natuurlike Sandveld omgewing. In die aand word dit verander in ʼn sprokies atmosfeer waar geliefdes en gaste onder die sterre en die maan kan dans tot laat in die nag.
Met 32 jaar se ondervinding in die restaurant en troue bedryf is die eienaars en personeel goed toegerus om die versekering te kan gee dat die troue dag glad sal verloop. Spyseniering word deur Bosduifklip eienaars en personeel gedoen. Die lip-lekker Weskus en plaaskos buffet van vars seekos en tradisionele boerekos sorg vir ʼn besondere eet ervaring, eie aan die Weskus.
Eerste Dans:
Livin’ on Love deur Chris Else
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Ons eerste dans as man en vrou voor ons familie en vriende. Ons het onder sterre gedans met elke gas wat ʼn vonkelaars aangesteek het. Dit het ʼn romantiese en rustige atmosfeer geskep.
Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het 70 trou gaste onthaal en het ʼn trou begroting van min of meer R 2,800 per persoon gehad. Hulle het die troue self beplan oor ʼn tydperk van ʼn jaar.
Meer oor Flying Swan Media:
Flying Swan Media is trou videograwe, asook fotograwe, wat bestaan uit André en Susara, gebaseer in Robertson, maar die hele Wes-Kaap provinsie diens.
Hulle styl is natuurlik, romanties, tydloos, pret en spontaan, sodat paartjies se eie unieke styl deur kom in hul foto’s en video’s, vir troue herinneringe om te koester vir ewig en altyd.
- Fotograaf: Kilig & Co | Kontak
- Venue + Spyseniering: Bosduifklip | Kontak
- Blomme + Dekor + Huurdienste: Norden.decoranddesign | Kontak
- Bruidegom-pak: Markhams
- Maak van Dekor Items: Enbur Events | Kontak
- Gaste Geskenke: FAC Vredendal| Kontak
- Grimering: Beauty by Jenny| Kontak
- Hare: Blondies Hair Co| Kontak
- Huweliksbevestiger: Ds. Reggie Strauss| Kontak
- Juweliersware: Hellohaai| Kontak
- Platejoggie: DJ Pecko| Kontak
- Paartjie se verblyf: Albatross| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: The Groom & Co.| Kontak
- Skoene: Freedom of Movement| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Raelynn Rose Bridal| Kontak
- Trourok: Fynbos Bridal| Kontak
- Troukoek: Bosduifklip| Kontak
- Neon Lig: Happinest Hire | Kontak
- Videograaf: Flying Swan Media| Kontak