Glenn & Reno se Chapman’s Peak Verlowing Fotosessie

Glenn & Reno se Chapman’s Peak Verlowing Fotosessie is een wat julle nie moet mis nie. Die wonderlike paartjie het vanaf Londen in die Verenigde Koninkryk gereis.  Hulle is mal oor Kaapstad en die pragtige natuurskoon wat die Kaap het om te bied.  Kaapstad self het van die mooiste agtergronde vir foto’s.

Reno en Glenn het twee dele aan hul fotosessie gehad, een by Chapman’s Peak en die ander een in die wingerde van ‘n plaas in die Paarl.  In dié artikel publiseer ons die Chapman’s Peak deel van die paartjie se fotosessie.

As julle opsoek is na inspirasie vir jul eie verlowing foto’s, dan is hierdie fotosessie een wat julle definitief moet boekmerk.  Glenn en Reno is aangetrek in sagte wit en blou uitrustings wat perfek pas by die agtergrond van hul foto’s.

Met die majestueuse berg uitsigte, die kalm see water en die gladde rotse in die agtergrond maak dit die perfekte foto’s.  Die sagte sonlig in die foto’s skep ‘n romantiese voorkoms en die fotograaf het dit perfek vasgevang.

Die paartjie trou in Augustus 2025 en ons is baie opgewonde om hulle troue te sien.  Om ‘n troue te beplan hoef nie stresvol te wees nie.  Mooi Troues se aanlyn trougids is ‘n bron van fantastiese trou diensverskaffers om julle troudag ‘n sukses te maak.  Rol af om meer te lees oor Glenn en Reno se liefdesreis en om die pragtige foto’s van hul Chapman’s Peak verlowing fotosessie te geniet.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


April 2016 het ons aanlyn ontmoet en na ʼn baie kort gesprek het ons besluit om te ontmoet vir ʼn drankie. Ons het baie goed oor die weg gekom en op ʼn paar afsprake gegaan.  Glenn het toe op ʼn reis gegaan, so ons het besluit dit is nie ʼn goeie tydsberekening nie. ʼn Jaar later en ons het mekaar weer ontmoet en die res dink ek is geskiedenis. In April 2022 het ek op een knie gegaan en hy het ja gesê!

Die groot vraag:


Glenn het vir ʼn rukkie skimpe laat glip dat dit tyd geword het dat ek vir hom moet vra om te trou. Dit was altyd die plan dat ek die groot vraag sou vra. Hy het die verloofring gekies wat hy wou hê, maar het geen idee gehad dat ek dit gekoop het nie.

Ek het ʼn 3 dae verrassings reis na Kopenhagen, die hoofstad van Denemarke bespreek vir sy verjaardag. Dit was die plan om die vraag die tweede dag te vra, maar Glenn was nogal siek die eerste twee dae en het in die hotelkamer gebly.

Op die derde dag het die son geskyn en ons het ʼn draai gemaak by ʼn pragtige kasteel net buite die dorp. Ek het die perfekte plek gevind wat uitkyk oor die glinsterende meer met geen mense om ons nie en het hom gevra om met my te trou.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Reno: Ek is mal oor hoe gedrewe Glenn is. Hoe op die bol is hy met dinge. Hy het basies ons hele troue beplan. Glenn is ook baie romanties. Hy is net ʼn goeie mens.

Glenn: Ek is mal daaroor dat ons albei van dieselfde goed hou.  Om by lekker plekke te eet, die wêreld te reis om nuwe lande, kulture en kosse te verken. Ek hou ook daarvan dat ons albei baie ambisieus is en mekaar altyd aanmoedig.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons het in April 2022 verloof geraak en binne ʼn week het Glenn afsprake gemaak om verskeie trou venues te besoek. Na ʼn paar maande het ons die perfekte trou venue gevind en ons troue is bespreek vir Augustus 2025. Wou genoeg tyd hê om te beplan en te spaar!

Die verloofring:


Glenn het die ring gekies. Hy het altyd gesê dat hy ‘n unieke ontwerpers ring wil hê, iets enig in sy soort. Ons het dit baie moeilik gevind om mooi diamantringe vir mans te vind. Maar daar het eendag ʼn advertensie van Cartier op gekom en hy het verlief geraak op die Trinity-ring, een ring lus is swart keramiek, een is witgoud en die ander is diamant.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons is albei van Londen en is absoluut mal oor Kaapstad. Die natuurskoon is asemrowend. Glenn het my verras met nie een nie, maar twee pragtige fotosessies. Een in die Paarl by ʼn vriend se wingerde, by Baccō Estate.  Die ander een op ʼn strand naby aan Houtbaai en Chapman’s Peak. Ons sal die foto’s gebruik vir ons trou uitnodigings, maar ook op die troudag om ons storie te vertel.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Soos genoem het ons 2 fotosessies gehad in 3 verskillende liggings. Ons wou ʼn mengsel van pragtige natuur liggings hê, en pragtige argitektuur wat Baccō Estate gebied het.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Regtig? Geen. Ons is nou lank genoeg saam. In daardie jare het ons saam ʼn huis gekoop en dit heeltemal opgeknap. Het dit verkoop. Nog een gekoop. Van werk verander. So ons is al deur ʼn paar stresvolle tye saam. Ons het alles sonder enige probleme deurgemaak. Tot vandag toe het ons nie ʼn argument gehad nie. Ons is net op dieselfde bladsy as mekaar met die meeste dinge, wat dinge soveel keer makliker maak.

Visie vir droomtroue:


Elegant, maar nie te uitspattig nie. Stylvol, maar terselfdertyd dramaties. Die beskrywing waarmee ons vorendag gekom het, is dramaties eenvoudig. Ek gee nie te veel weg nie, doen ek?! Die trou venue is ʼn ou statige huis wat omskep is in ʼn lieflike hotel met al die oorspronklike kenmerke wat dateer uit die 1400’s. Swart dasse en bal-rokke sal die kleredrag kode wees vir die troue.  Met ʼn 10-stuk orkes wat die vermaak sal verskaf.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: