Estefan en Chané se romantiese troue in Tierpoort in Pretoria-Oos is só stylvol gedoen met ʼn kombinasie van oud en nuut, met meer romantiese, maar tog nog moderne elemente. So ʼn kombinasie is altyd ʼn wenner as dit reg gedoen word.
Chané het beeldskoon gelyk op haar troudag. Haar trourok was ʼn a-lyn rok met de mooiste pêrelagtige kralewerk en fyn kant aan die bokant van die rok. Estefan het net so deftig gelyk in sy swart pak en sy kleurvolle boutonnière.
ʼn Baie belangrike deel van enige paartjie se trou beplanning proses voor hul troudag is die huweliksvoorwaardekontrak. Dié paartjie het gebruik gemaak van CVH Ingelyf Prokureurs, ʼn Professionele prokureurs firma wat na die belange van al hul kliënte na kyk.
Wanneer dit kom by die trou dekor elemente kan dáár skakerings van salmpienk, donkerpers, pruim-pers, goud, wit, en grys gesien word. Die kleure het só mooi bymekaar ingevloei en uitgestaan teen die hout tafels en rou baksteen mure van die onthaal lokaal. Feetjie liggies vanuit die dubbel volume spasie en die dun kerse op die tafels het ʼn gesellige en baie romantiese atmosfeer geskep.
Chané en Estefan het ʼn lieflike wittebrood na Mauritius geniet. Mauritius is enige paartjie se droom wittebrood bestemming. Die pragtige strande, prentjie mooi blou water en vriendelike eiland gasvryheid.
Rol af om meer te lees oor Estefan en Chané se romantiese troue en hul liefdesreis as paartjie.
Paartjie se Liefdesreis:
Ek (die bruidegom), het in Desember 2018 deur ʼn fase gegaan waar ek my geloof in die Here begin plaas het om my toekomstige vrou op my pad te stuur. Iemand wat die karakter van ʼn Spreuke 31 vrou weerspieël.
Dit was 3 maande daarna wat ek ʼn boodskap aan die sogenaamde “toekomstige bruid” op sosiale media gelos het. Dit is waar die gesprekke begin het. Ons heel eerste fisiese ontmoeting was op menseregte dag. Ek het vanaf Vanderbijlpark na Pretoria gery om vir 3 ure lank oor ʼn koffie by 81 on Hazelwood mekaar beter te leer ken.
Die eerste paar ontmoetings was slegs vir vriendskaplike redes. Na byna ʼn maand en ʼn half daarna meer ernstige gevoelens begin ontwikkel het.
In verband met ons verlowing. Ek (die bruidegom) het ʼn onverwagte plan beraam om vir die bruid te vra om verloof te raak in een van haar gunsteling plekke, die Wes-Kaap. Ek het saam met my goeie vriend ʼn plan beraam om verskeie liggings te gaan besoek, terwyl ons vakansie in Gordonsbaai gehou het. Alles sonder dat die bruid enigiets agtergekom het.
Ek het my keuse toe gemaak om ʼn afspraak te maak by Cavalli Estate se restaurant, waar ek en my vriend vir die bruid geflous het deur te dink dat ons saam met vriende by ʼn luukse restaurant gaan uit eet en dat die almal baie formeel gaan aantrek.
Ons het laat middag by die Cavalli Estate gearriveer. Ons het foto’s geneem en ek het toe op my knieë gesak, nadat ek en my vriend ʼn spesifieke sein gegooi het.
Verloof- en Trouringe:
Die bruidegom se ring is ʼn swart Touchwood tungsten ring wat ʼn donker hout kleur bevat. Estefan het gehou van die hout omrede dit ʼn warmte tot die huwelik vir hom bring en dat die ring hom daaraan sal herinner.
Die bruid se ring is roosgoud, met 10 protea steeltjies wat die ovaal vorm diamant in plek hou, waar die pant 5 diamante aan weerskante van die diamant bevat, met ʼn prinses kroon wat oor die diamant vorm. Die 10 steeltjies was spesifiek ontwerp omdat 10 die som van twee 5’e is, en 5 die bruidegom se gunsteling nommer is wat oorspronklik die 2 geliefdes bymekaar uitgebring het as deel van God se antwoord aan hom.
Dit is ook die rede vir die 5 diamante aan beide kante van die pant. Die prinses kroon was ʼn aanduiding daarvan dat die bruid ʼn prinses in die bruidegom en God se oë is. Mattheus 18:19 is ook ingegraveer aan die binnekant van die ring as ʼn bevestiging van die bruid en bruidegom se liefde en belofte aan mekaar.
Meer oor CVH Ingelyf Prokureurs:
CVH Ingelyf is ʼn boetiek regsfirma gestig op 1 Maart 2011 en geleë te Garsfontein, Pretoria. Ons spesialiseer hoofsaaklik in familiereg, welke onder andere huweliksvoorwaardekontrak en na-huwelikse kontrak behels. Die firma word gelei deur Chantel van Heerden, ʼn ervare prokureur, notaris en aktevervaardiger met meer as 16 jaar ervaring. By CVH Ingelyf Prokureurs sal julle professionele advies en fantastiese diens kry. Kontak Chantel van Heerden by CVH Ingelyf Prokureurs vir al julle huweliksvoorwaardekontrak en na-huweliks kontrak behoeftes.
Trourok:
Ek het my trourok gekoop by Vonvé Bridal Couture in Johannesburg. Die trourok se naam is “Bianka”. Dit is ʼn klassieke, tydlose, wit, tule A-lyn rok met ʼn korset agter. Pêrelagtige krale en fyn kant aan die bokant rond die trourok af. Die rok het ook verstelbare af van die skouer af bande.
Die idee agter die trourok was dat ek steeds soos ʼn prinses kon voel (want mens trou net eenkeer) maar ook mooi vir my man te lyk. Almal het gedink ek gaan ʼn styf passende trourok kies (insluitende my man) en daarom het ek besluit om almal te verras.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Die spesiale oomblik toe die bruid instap by die seremonie. Al die toesprake. Die vreeslike lekker kos, nagereg en troukoek. Asook die kosbare tyd wat ons saam vriende en familie kon spandeer. Ons het vreeslik lekker gesels, gelag en gedans op die dansbaan.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Ons fotograaf en videograaf het dit opwindend en gemaklik gemaak vir ons. Die blomme en dekor verskaffer was baie aangenaam en het oulike idees vorendag gebring, maar ook óns idees ter harte geneem het. Ons was eintlik baie geseënd met meeste van die trou diensverskaffers, omrede elkeen uitgesoek was. Albei van ons het ʼn spesifieke troue in gedagte gehad en het elke verskaffer vir ʼn sekere rede gekies.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Kommunikasie is baie belangrik tussen mekaar, maar ook die familie. Dit is belangrik om sekere sake met sensitiwiteit te hanteer en elkeen betrokke te laat voel. Dink na oor elke detail van die troue. Mens kan soms klein goedjies mis wat baie belangrik is. Dit is van kardinale belang om ʼn huwelik kursus by te woon om baie onsekerhede uit die weg te bring.
Laastens. Geniet elke oomblik van die beplanningsproses, moet nie teveel oordink nie en wees ʼn goeie luisteraar.
Trou Venue:
Ons het na vyf trou venues gaan kyk waarvan een van hulle Rolling Waters was. Die simboliek van die naam was vir ons ʼn aanduiding dat dit die plek is wat die waters van die ewige lewe huisves, die Heilige Gees (soos aangedui in Johannes 7:38).
Die moderne maar steeds warm voorkoms van die trou venue het ons aandag gevang. Ons het baie gehou van die deurskynende stoele met die groot glas muur en kandelare van die onthaal lokaal, maar ook van die hout tafels, wyn vate en kaggels wat die warm en gesellige gevoel gegee het.
Trou Dekor en Styl:
Ons het baie oud en nuut gemeng om dit uniek aan ons (die bruidspaar) te maak. Die tema was dus Romanties. My trourok was byvoorbeeld klassiek van styl, maar die blomme was nou weer kleurvol en fyn om die onthaal lokaal lewe te gee.
Ons gevolg asook die trou gaste moes formeel aantrek. Die kleurskema was hoofsaaklik salm pienk, donkerpers, pruim-pers, goud, wit, gruis en skakerings van hierdie genoemde kleure. Met ander woorde, die idee was dat van die kleure inmekaar smelt soos op ʼn kleur skakering kaart.
Die musiek was baie klassiek (instrumenteel) tydens die seremonie. Maar tydens die onthaal was daar ʼn kombinasie van Afrikaans, Engels, Instrumenteel, 80’s en Klub musiek. Nog ʼn voorbeeld is die beligting in die onthaal met die feetjie liggies, hout tafels en kaggels wat ʼn warm, romantiese en gesellige atmosfeer geskep het.
Eerste Dans:
Fall Into Me deur Forest Blakk.
Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het in totaal 115 trou gaste onthaal met ʼn begroting van min of meer R 3,478 per persoon, wat ook hul wittebrood ingesluit het. Hulle het die troue self beplan oor ʼn periode van 11 maande.
- Fotograaf: One Fine Day | Kontak
- Venue: Rolling Waters Country Estate | Kontak
- Blomme + Dekor: The Flower and Wedding Yard | Kontak
- Bruidegom-pak: Bogart + Woolworths | Kontak
- Fotohokkie: The Flower and Wedding Yard| Kontak
- Gaste Geskenke: Rubys Haberdashery + Ferrero Rocher| Kontak
- Grimering: Flawless Make up by Bianca| Kontak
- Hare: Stijl | Kontak
- Huwelik kontrak: CVH Ingelyf Prokureurs | Kontak
- Huurdienste: Softlight Events| Kontak
- Huweliksbevestiger: River of Life Family Church | Kontak
- Juweliersware: Lovisa + Beadcraft
- Kroegdiens: Rolling Waters Country Estate| Kontak
- Platejoggie: Gain Productions | Kontak
- Paartjie se verblyf: Rolling Waters Country Estate| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Eurosuit| Kontak
- Skoene: Shein
- Spyseniering: Laughing Chefs| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Olive Rokke (in Meyerton)| Kontak
- Trourok: Vonvé Bridal Couture| Kontak
- Bruid se Trouring: Franschan Diamonds| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Touchwood| Kontak
- Troukoek: Dainty Delights Couture Cakes| Kontak
- Trou Webtuiste: The Knot
- Videograaf: Paper Planes Media| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Azuri, Mauritius
- Wittebrood Plek: Radisson Blue Hotel Azuri, Mauritius| Kontak
- Reis Agent: Chanté – Sky Arch Travel | Kontak