Ebert en Anitha se oulike plaas verlowing fotosessie so ʼn klipgooi buite Klerksdorp is só mooi. Die pragtige natuur landskappe en die bewolkte weer was ʼn wen kombinasie vir die paartjie se verlowing foto’s.
Hul professionele trou fotograwe en videograwe van Motion Poetry het hul verlowing fotosessie perfek vasgevang. Die liefde tussen Anitha en Ebert is aansteeklik, en dit straal uit en uit deur op die foto’s. Motion Poetry se foto’s is vreeslik mooi skerp, helder en vertel ʼn storie deur pragtige visuele beeld materiaal.
Anitha het ʼn oulike vloeiende blom patroon rokkie aangehad en Ebert het met ʼn meer neutrale ligter kleurskema gegaan. Saam werk die paartjie se uitrustings perfek in die ligging.
Die letterlike prentjie mooi landskappe is perfek vir ʼn fotosessie en ons kan sien die paartjie was sommer op hul gemak en het baie pret gehad.
ʼn Verlowing fotosessie speel só ʼn groot rol. Dit is nie net nog ʼn fotosessie nie, maar ʼn oefenlopie vir die troudag. Paartjies kan ook so hul trou fotograwe beter leer ken. Dit gee ook die paartjie die geleentheid om die fotograwe vir enige advies te vra indien nodig. ʼn Verlowing fotosessie help ook die paartjie om meer gemaklik te raak voor die kamera en sodoende die stres te verlig vir die troudag se foto’s.
Rol af om meer te lees oor die paartjie se liefdesreis en om die pragtige foto’s wat Motion Poetry is te geniet.
Meer oor Motion Poetry:
Motion Poetry is ʼn span van trou fotograwe en -videograwe wat elke oomblik van jou perfekte dag vasvang. Vir ons is dit nie net foto’s en video’s nie, maar om seker te maak dat ons elkeen se spesiale storie deur foto’s en video’s te vertel.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ek en Ebert ken mekaar van ons kinderdae af. Ons het in die selfde kerk groot geword en altyd ʼn oog vir mekaar gehad. Een Sondag na kerk het hy my gebel en gesê hy gaan kom koffie drink. Van daardie dag af kon ons net nie genoeg van mekaar kry nie.
Ons was vir drie jaar lank in ʼn verhouding bloot oor die feit dat ons eers klaar wou studeer.
Die groot vraag:
Ons het gepraat oor verloof raak, maar ek het nie geweet wanneer dit gaan gebeur nie. Op die dag van die Springbokke se finaal tydens die Rugby Wêreldbeker het hy my verras met die ring toe ons na my Pa se waterkrippe gaan kyk het op die plaas.
Terug by die huis was die hele familie daar om saam met ons te braai en die Bok finaal te kyk. Daardie aand was ‘n dubbele oorwinning vir ons.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Wel, Ebert is ʼn baie presiese en stiptelike mens en dit laat voel mens veilig omdat hy my laat weet wat en wanneer hy iets van my verwag.
Van sy kant af dink ek het ek ʼn meer vurige en laat ek dinge gebeur sonder om voete te sleep.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons beplan om so gou as moontlik te trou.
Die verloofring:
Ek het vir Ebert gesê ek soek ʼn eenvoudige ring. Hy het dit toe in sy eie hande geneem en self die ring ontwerp en laat maak. Ek was baie in my skik met sy keuse.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Dit is lekker om spesiale foto’s te hê om jou te herinner van hierdie opwindende tyd in jou lewe.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons het nie eintlik voorkeure gehad nie. Ek dink omdat ons van die plaas af is was dit maar natuurlik dat ons in die veld en natuur ons foto’s wou neem.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Met ons verlowings tydperk wat nie lank en uitgerek is nie moet ons, ons prioriteite in plek kry voor die tyd uitloop. Maar, met dit gesê is al die troureëlings baie opwindend en sien ons uit dat die tyd vir die troue aanbreek.
Visie vir droomtroue:
Ek dink ons sou dalk soos baie mense by die see of op die strand wou trou met ʼn klein eenvoudige troue, maar met ons families in ag geneem het ons besluit op ʼn gesellige familietroue op die plaas.
- Fotograaf: Motion Poetry | Kontak
- Verloofring: Bresco Diamonds| Kontak