Anton en Annemé se romantiese troue in Pretoria-Oos by ʼn trou venue tussen die Bronberg Berge was ʼn gesellige en stylvolle troue. Met skakerings van terracotta en aardse kleure kan mens nie verkeerd gaan nie.
Annemé se trourok was gemaak deur vriendin se Ma en ons is totaal en al verlief op haar trourok. Die trourok se ontwerp is só stylvol en klassiek, met ʼn meer simplistiese voorkoms en die oop rug met die strik gee die trourok ʼn interessante voorkoms. Anton se deftige donker troupak en terracotta das het selfs perfek gepas by die gevoel van die paartjie se troue.
Die paartjie het ʼn pragtige buitelug seremonie gehad omring deur die mooi natuurtonele van die gebied. Hulle fotosessie was so pragtig met die sagte sonlig wat die mees romantiese voorkoms gegee het aan die foto’s.
Helder blomme in diep aardse kleure kan reg deur die onthaal lokaal gesien word. Dit skep die perfekte kontras tussen die groenigheid van die natuurskoon buite. Hout tafels bedek met kerse, blomme en skakerings van terracotta dekor en die mooiste blom ontwerpe maak ʼn perfekte prentjie. Die pragtige trou skryfbehoeftes op die tafels bring ook ʼn baie interessante element in. Blom ontwerpe is in kleiner potjies op die tafel gebruik wat verskillende hoogtes en groottes skep. Lang dun kerse bring ʼn warm en romantiese gevoel tot die dekor elemente. Die ligte tafelloper breek die aardse kleurskema en skep die perfekte balans op die tafels.
Is julle verloof? Mooi Troues se Trougids is vol oulike trou diensverskaffers vir julle troue. Moet nie onnodig stres oor jul trou beplanning nie en maak gebruik van professionele trou diensverskaffers wat jul kan vertrou.
Paartjie se Liefdesreis:
Anton het ʼn plan gehad om my te vra om te trou in Ysland op die Diamond Beach. Hy het ure daaraan spandeer om ons hele toer te beplan rondom hierdie oomblik. Net vir ons om weke later in Reykjavik te land in een van die grootste sneeustorms wat hulle in die laaste 15 jaar gesien het.
Om ʼn lang storie kort te maak – Anton se verlowings planne was letterlik onmoontlik om uit te voer. Maar, dit het nie hierdie man teruggehou om die perfekte oomblik te skep nie.
Op 19 Desember in -15 grade Celsius onder die noorderligte het hy in die sneeu gekniel en my gevra om sy vrou te word. Hier staan ons nou vandag aan die begin van ʼn nuwe hoofstuk!
Trourok:
My vriendin se Ma van Evori het my trourok vir my gemaak. Dit was ʼn baie spesiale proses, vandat ons koppe bymekaar gesit het om te besluit hoe die patroon moet lyk, tot materiaal soek en ook elke aanpas sessie daarna. So het ons saam-saam my droomrok in die proses gemaak!
Verloof- en Trouringe:
Ek het nog altyd van eenvoudige juweliersware gehou en het ʼn ring met ʼn fyn pant en ʼn eenvoudige diamant in gedagte gehad. Anton en ek het eers aanlyn gesoek na ʼn styl waarvan ons hou en daarna na twee verskillende handelaars gegaan om te kyk of dit by my pas.
Anton het my verras met die perfekte platinum ring met die naam “My True North Diamond Ring“, en ek was dadelik verlief op die ring en die ring se naam.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
My gunsteling herinnering was ons paartjie fotosessie. Ons het bo-op die berge gaan foto’s neem tydens sonsondergang. Ek en Anton het kans gehad om bietjie te gesels en te reflekteer oor ons grootdag en net vir ʼn oomblik stil te raak. Die mooi omgewing het dit ongelooflik romanties en intiem laat voel.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Ets & Beth Creative Studio wat ons trou skryfbehoeftes vir ons ontwerp het en soveel moeite gedoen het om die mooiste lynsketse van my en Anton op ons welkombord en spyskaarte te sit.
Silber Studio en AGP Photography wat só goed saam gewerk het om ons dag met foto’s en in video vas te vang.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Geniet elke oomblik, dit gaan só vinnig verby. Dit het baie gehelp om al ons troureëlings in ʼn Excel sigblad te kon vasvang. Met hierdie proses kon ek enige tyd kontakbesonderhede, betalings, begrotings en uitstaande take opsoek.
Maak seker jy het genoeg tyd om alles rustig af te handel, want dit maak die proses net soveel lekkerder!
Begin met ʼn lysie van dinge wat gedoen moet word en prioritiseer die groot dinge soos ʼn venue, datum en rok (daar is soveel trou tydskrifte en aanlyn hulpbronne wat vir jou ʼn idee sal gee van hoe lank aktiwiteite vat).
Trek mense in by die proses, veral ʼn Mamma geniet dit ongelooflik om betrokke te wees by haar dogter se groot dag.
Trou Venue:
Vooraf het ek en Anton gepraat oor wat ons graag in ʼn venue soek – vir my was dit belangrik om buite te trou met ʼn elegante gevoel. Anton is baie lief vir die bosveld en wou graag ʼn warm intieme venue hê.
Toe ons die dag klaar by Venue Nouveau was het ons geweet dis die perfekte middelweg en voldoen aan al ons behoeftes. Die bonus was die alles insluitende pakket, wat dit baie makliker gemaak het vir my om ons troue self te reël.
Trou Dekor en Styl:
Ons het terracotta as ons trou kleur gekies om hand-in-hand te gaan met die intieme en warm gevoel wat ons by ons troue wou skep. Die tafel was gedek met kerse, klein potjies en blomme wat by ons trou tema gepas het.
Eerste Dans:
Biblical van Calum Scott & James Bay
Trou Beplanning:
Die paartjie het in totaal 60 trou gaste onthaal en het die troue self beplan oor ʼn periode van 6 maande.
- Fotograaf: Silber Studio | Kontak
- Venue: Venue Nouveau | Kontak
- Blomme: Lily Grace Decor & Flowers | Kontak
- Bruidegom-pak: Boss Tailor
- Dekor: Lily Grace Decor & Flowers| Kontak
- Grimering: LW Image & Style| Kontak
- Hare: La Grace Hairstyling| Kontak
- Huwelik kontrak: Etienne Bedeker| Kontak
- Huweliksbevestiger: Lewendewoord Midrand| Kontak
- Juweliersware: Lovisa
- Paartjie se verblyf: Kamma Frans| Kontak
- Skryfbehoeftes: Ets & Beth Creative Studio| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Lola Wilde Occasion Wear| Kontak
- Bruid se Trouring: Browns Jewellers
- Troukoek: Trendy Tables
- Trourok: Evori | Kontak
- Videograaf: Anne Grace Photography| Kontak
- Redigering van Video: Ets & Beth Creative Studio| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Gulf of Thailand – Koh Samui, Koh Tao, Koa Phangan