Simon en Jeanne se paartjie fotosessie tussen die bloeisels is só mooi. Die natuurskoon is altyd die perfekte agtergrond vir ʼn paartjie fotosessie. Simon en Jeanne het hulself mooi aangetrek in ʼn meer formele styl en skakerings van blou wat pragtig uitgestaan het teen die agtergrond.
Anel van Salt Photography & Film het die paartjie se fotosessie só mooi vasgevang in die mooiste foto’s. ʼn Paartjie fotosessie kan soveel pret wees en is die perfekte manier om spesiale herinneringe vas te vang in verewige herinneringe. Bespreek vir jou ʼn fantastiese fotograaf soos Salt Photography & Film en geniet elke minuut.
Die bewolkte weer laat die kleure só mooi uitstaan en gee die foto’s ʼn dramatiese en amper kinematiese gevoel. Verskillende landskappe was die agtergrond van die paartjie se fotosessie. Van die geel bloeisels, ʼn dam tot die wit bloeisels van die appel bome.
As julle ʼn fotosessie beplan is dit belangrik om te dink aan die ligging van die fotosessie. Die ligging sal baie dinge bepaal insluitende wat julle moet aantrek en die algehele styl van die fotosessie.
Rol af om meer te lees oor Simon en Jeanne se paadjie saam en geniet die pragtige foto’s van die paartjie se fotosessie tussen die bloeisels.
Meer oor Salt Photography & Film:
Salt Photography and Film is ʼn dinamiese en toegewyde span foto- en videograwe wat jou unieke liefdesverhaal wil vertel deur foto- en videografie. Met ʼn unieke oog vir die fynere details en emosie vertel hulle jou storie met die hoogste kwaliteit foto’s en kortfilms.
Met ʼn passie vir die skep van blywende herinneringe en ʼn noukeurige aandag aan detail, sal Salt Photography & Film al jou verwagtinge oortref. Hulle doel is nie net om ʼn foto of video vas te vang nie, maar om die ware gevoel en atmosfeer van die dag te behou, jou op jou gemak te stel, te laat lag en saam jou pret te hê en jou dag te GENIET!
Salt Photography and Film is toegewyd om elke spesiale oomblik van jou troudag te bewaar vir jare lank. Van intieme oomblikke tot groot vieringe, kan jy hulle vertrou om die skoonheid, emosie en romanse van jou troudag met fynheid en kuns vas te vang. Laat hulle jou liefdesverhaal vertel, elke oomblik vasgevang met passie vir ʼn leeftyd van herinneringe.
Die eerste ontmoeting:
Ons het informeel by die skool ontmoet terwyl ek (Simon) besig was om koffie te maak. Ek het vir haar (Jeanne), ʼn koppie gemaak en dit vir haar gegee sonder om eers direk na haar te kyk.
Ons het ʼn kort rukkie later formeel ontmoet terwyl ek (Simon) agteroor bollemakiesie op die trampolien gedoen het. Sy (Jeanne) wat ʼn gimnas was, kon nie hanteer hoe “verkeerd” ek dit doen nie. Dit was 7 jaar gelede, en ons is sedertdien vriende.
Vir ons eerste afspraak het ons saam met vriende gaan ysskaats. Ons is net minder as 2 jaar saam.
Gunsteling eienskappe van mekaar:
Simon: Haar kinderhart, die manier waarop sy die wêreld sien, en haar drukkies.
Jeanne: Sy integriteit, sy ongelooflike intellek en sy sagte geaardheid.
Drome as paartjie:
Ons droom is om saam ʼn huis te ontwerp en te bou en na ons gunsteling bestemmings te reis, soos Japan, Suid-Korea, Broadway New York en Italië.
Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:
Ons gaan graag na opelug markte toe en gaan saam bioskoop toe. Albei van ons hou van ysskaats en koffie-afsprake. Ons gaan graag na wynproe en pad uitstappies. Albei van ons geniet dit ook om lui naweke saam deur te bring, flieks te kyk en speletjies te speel.
Rede vir die fotosessie:
Ons is tans besig met ʼn langafstand verhouding en watter beter manier om ʼn langverwagte reünie vas te vang nadat ons vir ʼn lang 2 en ʼn half maande uitmekaar was.
Inspirasie agter die fotosessie:
Waar ek (Jeanne) tans bly, is daar pragtige bloeisels oral rondom, soos Canola-blom lande en peerboombloeisels; asook pragtige berg tonele. Alhoewel die foto’s nie die ware skoonheid van alles vasvang nie, is dit goed om die liefde wat tussen twee mense gedeel word vas te vang.
Visie vir ʼn romantiese afspraak:
Simon: Spandeer ʼn hele dag saam, stap deur ʼn woud op soek na watervalle. Gaan terug na ʼn houthuisie na ʼn lang dag van avontuur. Sit by ʼn kers verligte aandete en staar in mekaar se oë.
Jeanne: Spandeer die dag uit en rond, stop by koffiewinkels en stap op die strand. Om by ons eindbestemming aan te kom en ons aand by ʼn vreugdevuur deur te bring met ʼn glasie wyn en mekaar se geselskap te waardeer.
- Fotograaf: Salt Photography & Film