Onderhoud met Rieg & Eidie | RRAD Photo Video

In die artikel deel ons, ons onderhoud met Rieg & Eidie | RRAD Photo Video gebaseer in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap, maar neem graag troues af regoor Suid Afrika. Hierdie professionele fotograwe en videograwe het al meer as 600 troues afgeneem en is in die bedryf vir bykans 20 jaar.  Dit is nou vir jou ʼn groot mylpaal!

Rieg & Eidie se trou films het ʼn klasieke & tydlose styl. Hulle gevoel is dat jou trou film 5 of 10 jaar van nou af nog steeds vir ʼn traan in die oog moet sorg! Dieselfde gaan vir hulle pragtige foto’s.

Hulle fotografie styl is helder, skerp en pret met ʼn joernalistieke en kunstige gevoel tot dit. Dit is asof mens die dag saam met die paartjie herleef as mens deur die foto’s kyk.

Rieg & Eidie se fotografie en videografie dienste kan apart bespreek word, maar hulle voel kliënte kry die beste diens en waarde vir geld as hulle al twéé dienste saam kan aanbied.

As julle opsoek is na fantastiese trou fotograwe en videograwe dan moet julle nie dié artikel mis nie.  Rol af om meer te lees oor oor Rieg & Eidie | RRAD Photo Video in die onderste onderhoud.

Die begin:


Rieg & Eidie | RRAD Photo Video het begin in 2004, kort na Richard hul eers gebore seun se geboorte. Rieg & Eidie sou alle video’s & foto’s van hom as ʼn baba publiseer as RRAD Photography. ‘RRAD’ vir Rieghard, Richard & AD (Eidie verwys baie na haarself as AD).

Hulle het ook in 2004 begin om deeltyds by The College Of Photography (nou VEGA) in Pretoria klas te loop. In 2005 het hulle-hulle eerste troue afgeneem. Gedurende die volgende paar jaar was daar ʼn hele paar troues en familie fotosessies.  Toe het hulle besluit om Jeffreysbaai toe te verhuis einde 2008, het dit ʼn voltydse passie geword.

Gedurende die laaste amper 20 jaar het hulle ongeveer 600 troues afgeneem. Die spreekwoordelike sirkel is voltooi toe Richard na 19 jaar in Augustus 2023 aangesluit het by die span as videograaf!

Werk regoor Suid Afrika:


Rieg & Eidie Photo Video is gebaseer in Jeffreysbaai, maar hulle diens die hele Oos-Kaap, sowel as die res van Suid Afrika en het ook al in die buiteland troues afgeneem.

Dienste:


Rieg & Eidie bied ʼn volledige trou fotografie, videografie en boudoir diens aan bruidspare. Hulle pakette is allesomvattend met ’n verlowings sessie, sowel as ’n hoë gehalte plat vou trou album in amper al hulle pakette.

Hulle help graag om soveel advies te gee as nodig, maar lê altyd sterk klem daarop dat paartjies moet onthou dit is hulle trou dag, nie iemand anders se dag nie! Rieg & Eidie het in ook in 2023 ʼn troubeplanning e-boek geskryf wat gratis beskikbaar is aan bruidpaartjies op Mooi Troues se webtuiste.

As julle nie professionele fotograwe en videograwe was nie, wat anders sou julle graag wou wees?


As Rieg & Eidie nie professionele fotograwe & videograwe kon wees nie, sou hulle fotograwe en  videograwe wees. “Doen wat jy voor lief is en jy sal nooit ʼn dag in jou lewe werk nie …”

Die begin van hul fotografie en videografie besigheid:


Rieg het in 1993 sy eerste trou video gemaak en nog altyd net soos Eidie ʼn passie vir fotografie gehad. Hulle is hierdie jaar 24 jaar baie gelukkig getroud. Dit is vir hulle ’n baie groot voorreg om ander paartjies se mooiste en spesiale dag te kan vasvang in foto’s en video’s.

Advies aan paartjie:


Vir Rieg & Eidie is dit ongelooflik belangrik dat ʼn bruidspaar met hulle fotograaf en videograaf oor die weg moet kom.

Dink daaroor … jou fotograaf en videograaf gaan die grootste deel van jou troudag by of om jou wees. Dit is ongelooflik belangrik om seker te maak jou fotograaf neem nie net mooi foto’s en video’s nie, maar is ook daar om jou spanning op die trou dag minder te maak – nie meer nie!

Dit is presies wat Rieg & Eidie doen. Vir hulle is dit baie belangrik dat hulle bruidspaartjies nie net mooi foto’s en ʼn video kry nie, maar ook dat hulle kan terugkyk na hulle troudag en onthou waaroor dit alles eintlik gegaan het, die liefde vir mekaar.

Wat maak Rieg & Eidie Photo Video uniek?


Rieg & Eidie gaan uit hulle pad om die trou dag só spesiaal as moontlik te maak vir hulle bruids paartjies. Rieg & Eidie wil nie net vir hulle bruid paartjies ongelooflike mooi foto’s en video’s gee nie, maar ook ʼn onvergeetlike troudag dag ervaring!

Fotografie en Videografie Styl:


Rieg & Eidie het ʼn moderne maar tydlose fotografie styl, met so ʼn bietjie van ʼn joernalistieke gevoel. Veral as dit kom by die seremonie en onthaal. Hulle gevoel is dat bruidpaartjies soms bietjie leiding nodig het tydens die formele sessie en ook met die voorbereidings, maar dat die res van die dag so natuurlik en oorspronklik as moontlik moet wees.

Rieg & Eidie se trou films het ʼn klasieke & tydlose styl. Hulle gevoel is dat jou trou film 5 of 10 jaar van nou af nog steeds vir ʼn traan in die oog moet sorg! Dieselfde gaan vir hulle pragtige foto’s.

Die bespreking proses:


As ʼn paartjie van Rieg & Eidie se dienste wil gebruik maak, benodig hulle ʼn 50% bespreking fooi om die datum vas te maak. Die balans is betaalbaar 30 dae voor die troue. Na die datum vas is, help hulle graag met jou beplanning, trou-dag tydlyn, verlowings fotosessie en ook as jy enige verdere advies of tru diensverskaffers benodig.

Ander Dienste:


Rieg & Eidie spesialiseer ook in boudoir fotografie, iets wat die laaste paar jare baie gewild geraak het by bruide. Dit is ook vir hulle baie belangrik om die stigma wat soms aan boudoir fotografie gekoppel word te breek. Kontak hulle gerus om meer daaroor uit te vind!

Verder bied hulle ook familie fotosessies aan. Hul het ook ʼn Korporatiewe besigheid, RED Creative Collaboration.  RED Creative Collaboration bied video produksies en sosiale media bestuur dienste aan klein en groot besighede.

Artikel Krediet:

  • Fotograaf: Rieg & Eidie | RRAD Photo Video.
  • Antwoorde: Rieghard Janse Van Rensburg