Die mooiste sagte lig van Logan en Tracey se oulike verlowing fotosessie het die perfekte romantiese atmosfeer geskep vir dié geleentheid. Fotosessies met net veld en natuurskoon in die agtergrond is altyd ʼn wenner. Daar is net iets mooi aan die simplistiese gevoel wat ʼn oop veld gee.
Tracey se blom patroon bloes en Logan ʼn swart knopies hemp wat ʼn mooi kontras teenoor die agtergrond. Mooi uitrustings maak altyd ʼn fotosessie ekstra mooi lyk.
ʼn Verlowing fotosessie is baie meer as net nóg ʼn fotosessie. Dit gee paartjies tyd om hul trou fotograaf beter te leer ken. Paartjies kan dié tyd neem om vrae te vra wat sal help dat hulle op hul gemak voel op hul troudag.
ʼn Troue is klaar stresvol soos dit is, omdat daar so baie dinge gebeur op die dag. Die laaste ding waaroor paartjies moet stres is hul trou foto’s. Mens wil hê dit moet so stresvry en natuurlik moontlik wees.
Die verlowing tydperk is altyd ʼn baie opwindende en spesiale tyd in ʼn paartjie se liefdesreis. Dit is die tyd wanneer soveel dinge gebeur en mens mekaar eintlik nog beter leer ken. Met die hele trou beplanning proses en baie besluite wat geneem moet word, is dit ʼn tydperk waar baie herinneringe gemaak word.
Mooi Troues se aanlyn trougids maak dit maklik vir paartjies om hulle troue te beplan. Met fantastiese trou diensverskaffers in een plek, is dit maklik vir paartjies om ʼn vinnige kortlys te maak van hul gunsteling diensverskaffers.
Vir paartjies wat opsoek is na gratis trou beplanning advies, klik hier gratis advies op Mooi Troues.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Omdat ons in ʼn langafstand verhouding was sou ons mekaar net oor video-oproepe sien. Ons het slegs gepraat oor ons troudag wat ons in persoon saam kon wees. En toe daardie dag uiteindelik aanbreek 8 maande nadat ons begin uitgaan het, was dit asof ons in ʼn droom was.
Ons sal nooit die eerste keer vergeet wat ons mekaar kon omhels nie. Dit was asof die wêreld gevries het in daardie sekondes van warm omhelsing. Soos al die stukke waarna ons gesoek het, het reg in ons skoot geval. Van daardie oomblik af het ons geweet dat niks en niemand ons ooit sou skei nie. En ons het daardie belofte nagekom.
Ons het op 14 Augustus 2020 tydens COVID-19 begin uitgaan, die beste besluit van ons lewe geneem en op 24 Junie 2023 verloof geraak. Om oor ons “Eendag” te praat was uiteindelik nie meer ʼn droom wat ons nagejaag het nie, maar ʼn werklikheid.
Die groot vraag:
Ons het gereeld gepraat om verloof te raak, jare voor dit gebeur het. So, maande voor die verlowing sou ek soveel spaar as wat ek kon. Al die geld vir die ring in ʼn glasfles in my kamer gespaar totdat ek die verloofring kon bekostig.
Teen die tyd dat die verlowings datum aanbreek, het al ons vriende en familie so goed saamgespeel. Tracey het niks vermoed nie! Ons het almal besluit om op ʼn informele piekniek by Roodeplaat Wildreservaat te gaan om ʼn paar foto’s te neem en rond te stap.
Ons het saam in ʼn veld gestaan en vir die kamera poseer, totdat Tracey my gevra het hoekom ek bewe. Daarmee gaan ek op een knieg en vra haar om met my te trou.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Tracey:
Sy geduld teenoor my hou nooit op om my te verstom nie. Ek weet ek kan soms ’n moeilike mens wees, maar hy wys my altyd soveel liefde en geduld dat my frustrasie wegsmelt.
Dit lei my na my tweede eienskap, sy liefde. Hy sal uit sy pad gaan of al sy planne kanselleer om te verseker dat ek altyd geliefd voel. Daar is nie ʼn oomblik dat hy my laat vergeet dat hy my liefhet, sonder om woorde te gebruik nie.
Bowenal, hy is my beste vriend. Daar is niemand met wie ek eerder my tyd sal spandeer as hy nie. Die manier waarop hy my laat lag en glimlag is soos geen ander gevoel wat iemand kan beskryf nie.
Logan:
Haar liefde en ondersteuning teenoor my en my drome is net merkwaardig. Sy laat my so spesiaal voel op die manier dat sy alles sal opoffer om my te help om my drome te bereik en ʼn lewe saam te bou.
Sy is altyd geduldig met my. Ek is ʼn persoon met ʼn relatiewe humeur (werk daaraan), maar sy het net ʼn manier om my te kalmeer soos niemand anders kan nie.
Ek sal alles ruil as dit beteken dat ek vir ewig saam met haar moet spandeer.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Eerlik, ons wou nie lank wag nie, ons rede was eenvoudig. As jy met jou hele hart weet dit is die persoon met wie jy die res van jou lewe wil spandeer, hoekom wag? Ons het geweet dat ons vir die res van ons lewe saam wil wees en ons nuwe hoofstuk saam wil begin.
Die verloofring:
Snaaks genoeg het Tracey vir my ʼn ring gewys ʼn paar maande nadat ons begin uitgaan het. Ek het daardie foto vir 3 jaar gehou en dit vir haar laat maak. As dit nie vir die besparing van geld was nie, sou ons vroeër verloof geraak het. Maar dit was elke sekonde werd!
Rede vir die verlowing fotosessie:
Met Calvin as ons fotograaf was dit ʼn no-brainer dat ons hom gaan gebruik. Ons wou sien hoe dit sou wees om saam met hom te werk. Ons wou ook ʼn paar herinneringe maak voor die groot dag.
Nadat ons sy werk gesien het en beïndruk was met sy styl van fotografie, asook hoe professioneel hy sy modelle hanteer. So, alles in ag geneem, het ons ʼn fantastiese, prettige en onvergeetlike tyd saam met Calvin gehad.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons wou net pret hê tydens ons fotosessie. Ek en Logan hou nie daarvan om voor ʼn kamera te wees nie en weet nie wat om met onsself te doen nie. So, ons het besluit om ʼn lekker, ontspanne omgewing te kies waar ons geweet het dat ons lekker foto’s sou kry en gemaklik sou wees.
En Calvin was só behulpsaam! Hy het presies verduidelik wat ons moet doen terwyl hy ons steeds toegelaat het om pret te hê en nie ongemaklik te voel nie.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk:
Met paartjies verskil dit, maar die verlowing tydperk is só ʼn spesiale tyd wat almal saam met hul maat moet geniet. Geniet dit om saam jul troue te beplan, geniet dit om na venues te kyk. Geniet dit om te verbeel hoe dit gaan voel om in die paadjie af te stap of jou bruid in die paadjie te sien stap.
Dit is só opwindend en julle moet daardie lieflike oomblikke saam koester. Interessant genoeg was dit presies dit wat ons bang gemaak het in die begin van ons verlowing, die beplanning en keuses, asook om ons huis reg te probeer kry aangesien ons nie saam woon nie.
Ons het die opgewondenheid soort van uit die oog verloor. So, ons het ʼn ooreenkoms gehad om aan te hou om mekaar op te hef, om positief te bly en hierdie tydperk saam te geniet. Dit is waar, soms vergeet een van ons, maar dan herinner ons mekaar sekerlik aan hoe hard ons saamgewerk het om so ver te kom. Om te sien dat ons droom nou ʼn werklikheid geword het en ons moet dit nie uit die oog verloor nie.
Visie vir droomtroue:
Byna almal het vir ons gesê dat jou troudag so vinnig verbygaan. So, ons beoog om die hele aand langs mekaar te bly en al die klein en groot oomblikke te geniet, om al die laggende en glimlaggende gesigte op te vang.
Om dit te geniet om ons groot dag met al ons vriende en familie te deel. Om twee te vier, mense wat nou een geword het. Twee mense wat so hard gewerk het om te kom waar hulle is. Ons kan regtig nie wag om die res van ons lewens saam as Man en Vrou deur te bring en ʼn nuwe en opwindende reis saam te begin nie.
Wat die trou venue betref, Net lekker. Nie te groot nie en nie te klein nie. Net die regte grootte. Dit hoef nie te luuks te wees nie. Die trou venue wat ons met die hulp van familie gekry het, was net fantasties, dit het albei ons drome oortref.
- Fotograaf: Vero Lé-ography | Kontak