JJ & Leanie se Salig Intieme Troue

JJ en Leanie se salig intieme troue in Pretoria-Oos is ʼn pragtige plattelandse styl troue gehad propvol trou inspirasie.  Die kweekhuis gevoel van die trou venue is só mooi en skep die perfekte atmosfeer vir die paartjie se droom troudag.

Mighty Fine het dié paartjie se troudag vasgevang in die mooiste foto’s en trou film.  Die trou foto’s neem ons terug na die paartjie se troudag en laat mens amper voel of ons die dag saam met hulle beleef. Elke kosbare oomblik is nou verewig vasgevang in pragtige foto’s.

Leanie en JJ se trou dekor is ʼn kombinasie van sagte kleure soos lig blou, wit, room, goud en hier en daar tikseltjies geel suurlemoene.  Groen was ook een van die hoofkleure by die trou dekor en ons dink dit pas perfek in by die onthaal lokaal se gevoel.  Die lang tafel bedek met ʼn tafeldoek gee ʼn deftige voorkoms en die bruin stoele skep die perfekte kontras.  ʼn Lang ligter skakering tafelloper het die dekor elemente soos die blom ontwerpe en kerse die fokuspunt gemaak.

Ons is totaal en al verlief op Leanie se pragtige trourok wat sy gekoop het in Dubai.  Die trourok het ʼn simplistiese styl bo en die room kleurige riffels aan die rok gee dit ʼn deftige en interessante voorkoms. Leanie se helder lipstiffie het net daai ekstra tikseltjie elegansie gegee. JJ het ʼn ontspanne, maar nogsteeds deftige voorkoms gehad met sy donker grys pak, en knopies wit hemp sonder ʼn das.

Dit was ʼn gesellige kuier saam met familie en vriende met goeie vermaak, heerlike kos en ʼn gesellige atmosfeer.   Rol af om meer te lees oor JJ en Leanie se salig intieme troue en hul liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


ʼn Gemeenskaplike vriend van ons het ons aan mekaar voorgestel. Ek het in die buiteland gewoon, maar het besluit om terug te reis na Suid-Afrika en op ʼn afstand van my ouerhuis af te werk tydens die Covid-19-pandemie.

JJ het destyds pas na Hartbeespoort verhuis. Ons dierbare vriend het gedink ons sou die perfekte paartjie wees en het geblyk dat hy nie verkeerd was nie.

Ons het amptelik op 1 Augustus 2020 ontmoet by ʼn piekniek saam met van my familie en vriende. Die afspraak het tot die volgende oggend geduur. Lang storie kort, ek het ʼn oorplasing van Dubai na Suid-Afrika by my werkgewer versoek.

Só twee jaar nadat ons ontmoet en begin uitgaan het, het ons op ʼn pragtige Saterdagmiddag in Hartbeespoort verloof geraak.

Verloof- en Trouringe:


Ek het ʼn spesifieke ontwerp in gedagte gehad, so ons het oorspronklik met ʼn paar ontwerpers gepraat.

Eendag het ons toevallig verby Browns Jewellers gegaan. Ek het ʼn paar ringe probeer, en ons het toevallig iets gekry waarop ons albei verlief geraak het. JJ se ring is van Bulgari.

Trourok:


My trourok is ʼn vintage wit en room kleurige kant rol van BCBGMAXAZRIA wat ek ʼn tyd terug van hul winkel in Dubai gekoop het en saam gebring het.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


My Pa het ons getrou (hy het die mees spesiale boodskap tydens die seremonie gelewer).  Al ons vriende en familie was teenwoordig om ons dag saam met ons te vier.  Met baie sjampanje. Loki Rothman en Hiram Koopman het vir ons opgetree.

Meer oor Mighty Fine:


Mighty Fine is populêre trou video- en fotograwe gebaseer in Pretoria, maar wat al regoor Suid-Afrika paartjies se liefdesverhale vasgevang het.  Mighty Fine, vang nie net hierdie oomblikke nie; hul vestig dié oomblikke saam met jul.  Hul passie vir troues inspireer hulle om die ekstra myl te loop, en hul sorgvuldige aandag waarborg ʼn gladde, stresvrye ervaring op julle spesiale dag.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Almal! Van die trou venue (dankie Marilis en Christo), tot die spyseniers (Ivan, George en span).  Ons dierbare vriende en fotograwe (Elsa en Lourens), die dekor en blomme (Ashleigh), my pragtige skoonsuster wat my grimering gedoen het (Patsy), die vermaak van die dag (Loki Rothman en Hiram Koopman), en ons cool platejoggie (Johan).

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Bruide, dra altyd ʼn paar plat skoene saam op die dag. Glo my, jou voete sal moeg en seer word as jy heeldag hoëhakskoene dra.

Probeer om ʼn bietjie tyd van jou dag saam met jou vrou/man te neem om dit net te geniet en regtig alles in te neem. Die dag gaan te vinnig verby!

Trou Venue:


Ons was opsoek na ʼn intieme en klein trou venue om ons spesiale dag te vier. Ons het na ʼn paar lokale gekyk, maar hulle was nie die regte pas nie.

Ek het op die internet gesoek vir klein trou-venues en die mooiste plek in Pretoria-Oos gekry, Campagne Living. Selfs voordat ons na die venue gaan kyk het, het ons geweet dat ons daar gaan trou net op grond van die webwerf en beskrywing van die plek.

Trou Dekor en Styl:


Ons trou kleure was stowwerige blou, wit, room en goud. Ons het tikseltjies geel bygevoeg deur suurlemoene op die tafels te plaas en het baie groen as deel van ons dekor gehad. Die algehele styl van ons troue was romanties met ʼn plattelandse gevoel.

Eerste Dans:


Smoorverlief deur Jack and June.

Trou Begroting en Beplanning:


Die paartjie het in totaal 40 trou gaste onthaal en ʼn begroting gehad van min of meer R 6,250 per persoon.   Hulle het die troue self beplan oor ʼn 9 maande periode.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: