Gilbert en Nadine se swart en wit selfdoen troue, in Addo in die Oos-Kaap, was só mooi en ons is gaande oor die minimalistiese, maar baie elegante voorkoms van dié troue.
Ons is totaal en al verlief op Nadine se stylvolle trourok. Hierdie ontwerpers rok is ontwerp en pasgemaak deur die talentvolle trourok ontwerper Inge Coetzer Bridal Design. Die trourok se snit, en hoe dit so sag vloei met die pragtige eksentrieke mou op die arm en groot boog op die rug is besonders mooi.
Die bruid se verloofring en troupant wat die kunstige Moissanite By Design vir haar ontwerp het is buiten die wêreld mooi. Nadine se verloofring het ʼn pragtige diamant wat skitterend uitstaan en die troupant wat klomp kleiner stene het en die verloofring só mooi komplimenteer.
Gilbert en Nadine se buitelug seremonie was tussen die gedroogde hawer landerye, wat ook iets anders as die gewone is. Hulle huweliksbevestiger, Willem van Weddings without Boundaries het seker gemaak die paartjie se seremonie verloop vlot en die paartjie se boodskap word perfek oorgedra aan hul trou gaste.
Die paartjie se onthaal lokaal het ʼn besonderse storie wat jul meer van onder kan lees. Kontras tussen onafgewerkte meer rustieke baksteen mure en die sagte elegante swart en wit dekor elemente, swart tiffany stoele teen die hout tafel se tekstuur werk perfek. Blom ontwerpe op die trou tafels word minimaal gehou met groenigheid wat van uit die dak hang.
ZD_designstudio se trou skryfbehoefte ontwerpe komplimenteer die paartjie se dekor styl perfek. Van die verwelkomings bord, tafel plasing bord, naamkaartjies, drankies spyskaart tot die tafelnommers is alles minimalisties en tydloos.
Rol af om meer te lees oor Gilbert en Nadine se swart en wit selfdoen troue en hul liefdesreis as paartjie. Geniet die pragtige foto’s wat Darling Photography afgeneem het.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons was saam op skool, maar Gilbert is drie jaar ouer as ek en ons het nie juis op skool mekaar goed geken nie. In Junie 2018 het ons mekaar vir die eerste keer na skool gesien by die plaaslike fees en dadelik lekker begin gesels en “geclick”. Gilbert het my op die 1ste Desember 2018 uitgevra en vier jaar later het ons vir ʼn naweek weggegaan na Teniqua Treetops. Elke jaar op ons anniversary gaan ons weg, so dit was nie vir my iets vreemd nie, maar op die 3de Desember was ek verras met ʼn verloofring! Hy het my gevra tydens ʼn staptog na ʼn beeldskone bergwater poel waar hy die groot vraag gevra het.
Meer oor Inge Coetzer Bridal Design:
Inge Coetzer Bridal Design is geleë in Port Elizabeth en spesialiseer in pasgemaakte trourok ontwerpe wat gebaseer is op die bruid se unieke vereistes. Vir die bruid wat noukeurige aandag erken aan detail en een van ʼn soort, handgemaakte kwaliteit waardeer. Toekomstige bruide kan ʼn uur bruid passing konsultasie bespreek om ons voorbeeld rokke te pas. En sodoende begin met hulle trou rok reis. Elke rok is ʼn unieke ontwerp en ʼn luukse kunswerk.
Verloof- en Trouringe:
Ek het vir Gilbert ʼn paar foto’s gestuur waarvan ek hou. Op die ou-end het hy self die verloof ring en trou pand ontwerp en dit is wat die ringe nog meer spesiaal maak. Ek wou iets fyn en stylvol gehad het. Hy wou van die begin af ʼn groot rol met die ring keuse en ontwerp hê en het al my verwagtinge oortref met die finale ring!
Gilbert het ʼn Tungsten ring gekies omdat hy baie van die swart ring hou en ook omdat dit vir werksgewys ʼn beter opsie is.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Ons gunsteling herinnering was toe ons in die stoor in loop na die fotosessie en verwelkom word as Mnr. en Mev. met al ons familie en vriende. Nog ʼn gunsteling oomblik was om by die isle af te loop en ek sien Gilbert voor my. Dit is ʼn oomblik wat min woorde kan beskryf!
Meer oor Weddings without Boundaries:
Ontwerp julle droom dag in samewerking met Wim Vermeulen van ”Weddings without Boundaries”, en die Oos-Kaap en Tuinroete se gewilde burgerlike huweliks- en huweliksbevestiger. Hy reis landwyd, indien genooi.
Ewe gemaklik met albei persoonlike, kontemporêre, nie-godsdienstige, asook tradisionele gelowige seremonies, is Wim die Oos-Kaap se gewilde en gerespekteerde nie-kerklike huweliksbevestiger. Met meer as 20 jaar ervaring is hy die gewilde keuse vir huwelike, burgerlike- en gay huwelike, hernuwings van huweliksbeloftes, dope en seënbede.
Met meer as 20-jaar se ondervinding en amper 700 seremonies op sy kerfstok, verstaan hy die ingewikkeldheid van vandag se huwelike en is by die Department Binnelandse sake geregistreer om beide Sek. 2 en Sek. 5 huwelike en burgerlike huwelike te voltrek. Hy sal ook raad gee rakende die regsvereistes en dokumentasie wat benodig is.
Trourok:
Ek het nog altyd geweet ek wil in ʼn klassieke trourok trou wat nogsteeds oor ʼn paar jaar tydloos en elegant gaan wees. Die eerste keer toe ek die rok ontwerper besoek het, het ek ʼn foto gewys van wat ek wil hê. Sy het dadelik met opgewondenheid begin skets.
Ons het só lekker saam gewerk omdat sy self nog nie so ʼn styl rok gemaak het nie en ons kon speel met die ontwerp van die rok. Die rok is spesiaal omdat jy die moue en strik kan afhaal, asook die sleep aan die binnekant van die rok vasbind. Dit het die rok soos ʼn ander rok laat lyk met net daai klein veranderinge. Ek dink dit is ʼn baie goeie opsie om liewer ʼn paar verstellings te maak met die moue, ens. sodat jy nie heeltemal ʼn ander rok hoef te koop indien jy ʼn tweede rok op jou troue wil dra nie.
Ek was vreeslik gemaklik in my trourok en om die finale rok te aan te pas was een van my gunsteling dele van die trou beplanning.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Begin eerder vroeër beplan en nie later nie. Die tyd gaan vreeslik vinnig verby en om kostes te bespaar is dit beter om elke maand ʼn bedrag te betaal as wat jy alles op een slag moet betaal. Onthou ook dat dit jul altwee is wat trou. Die paartjie moet saam die troue beplan en mekaar deel maak van alle reëlings. Laastens onthou ook dat die dag baie vinnig verby gaan. Onthou om elke oomblik te geniet en in te neem.
Meer oor Moissanite By Design:
Moissanite By Design maak etiese ontwerpers juweliersware met ʼn spesiale fokus op pasgemaakte verloofringe, trouringe en fyn juweliersware met moissaniet en laboratorium-gekweekte diamante. Ons verloofringe is omgewingsvriendelik wat aktueel is in ontwerp en van toekomstige erfstukkwaliteit.
Elke juweel stuk van ons etiese ontwerpers juweliersware word op maat gemaak per bestelling, een stuk op ʼn slag, wat jou die geleentheid bied om elke aspek van die ontwerp aan te pas om jou unieke ring saam met ons te skep
Ons wil die manier waarop jy kyk na die koop van ʼn verloofring verander. Om die perfekte verloofring te vind hoef nie stresvol te wees nie, by Moissanite By Design wil ons dit vir jou maklik maak om die perfekte ring te vind – deur dit vir jou saam met jou te maak.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Die fotograaf en videograaf het só ʼn groot rol gespeel om die troue vas te vang. Ons is so bly dat ons ʼn goeie fotograaf en videograaf gekry het om die dag af te neem. Nog ʼn diensverskaffer wat ʼn baie belangrike rol gespeel het was ons platejoggie. Hy het die gaste die heel aand op die dansvloer gehou. Dit is baie belangrik dat jou gaste hulself ook geniet.
Trou Venue:
Gilbert werk op die plaas waar ons getrou het. Ons het vandat ons verloof geraak het geweet ons wil in die stoor op die plaas trou en die seremonie in ʼn hawerland hê. Sy baas het ingestem en so het ons begin beplan hoe ons die plaas stoor in ʼn trou venue gaan verander. Ons het die hawerland geplant en gehoop die hawer groei mooi teen ons trou datum – dit het alles perfek uitgewerk.
Meer oor ZD_designstudio:
ZD_designstudio is ʼn grafiese ontwerp diensverskaffer. Hul stap ʼn pad met bruidspaartjies om hul droom ontwerpe te laat realiseer vir hulle groot dag. Hulle dienste word nie beperk tot troues nie. Hul ontwerp enige iets vir enige geleentheid vanaf webtuistes tot spyskaarte. ZD_designstudio is ʼn bekende diensverskaffer in die gebied en het al verskyn ʼn populêre bruids tydskrif.
Trou Dekor en Styl:
Die tema regdeur vanaf my rok, sy pak tot die dekor is tydloos elegant. Ons altwee het nog altyd van die swart en wit tema gehou. Omdat die stoor baie rustic is, wou ek ʼn minimalistiese tema en styl kies om die venue bietjie meer formeel te laat lyk. Dit was ʼn baie goeie balans met die bakstene en staal balke van die stoor en dan die hout tafels, swart lopers en wit blomme. Die swart en wit tema het ook mooi saamgesmelt met die gedroogde hawerland waarin die seremonie was.
Ons het bloekom takke en liggies uit die dak gehang wat die grootste verskil gemaak het om alles saam te bind. Omdat die stoor baie groot is het dit ʼn geselligheid geskep en die stoor warmer laat vertoon.
Die strooimeisies en strooijonkers het ook almal swart gedra wat baie elegant gelyk het en my wit rok ook meer laat uitstaan het.
Trou Begroting en Beplanning:
Gilbert en Nadine het nege maande self aan hul troue beplan. Hulle het 110 gaste onthaal en die koste het R1,000 per kop beloop.
Eerste Dans:
At Last – Etta James. Die gaste het almal ʼn sirkel om die dansvloer gemaak met sparklers, dit was baie intiem en spesiaal.
- Fotograaf: Darling Photography | Kontak
- Venue: Chicane B&B | Kontak
- Blomme: Canvas Roses | Kontak
- Bruidegom-pak: Heinz in Style | Kontak
- Dekor: Extreme Hire| Kontak + Dusty Pink Events | Kontak
- Bankies en sambrele: LX Events SA | Kontak
- Hout deure en podium: Hire It | Kontak
- Grimering: Forever Glow MUA by Tiffini| Kontak
- Hare: Celeste Scheepers| Kontak
- Huwelik kontrak: DSSG| Kontak
- Huurdienste: Extreme Hire| Kontak
- Huweliksbevestiger: Weddings without boundaries – Eastern Cape| Kontak
- Juweliersware: Lovisa
- Koördineerder: Ashley Puttergill
- Musiek: Emma Ellis| Kontak
- Platejoggie: DJ Dayne Lee| Kontak
- Paartjie se verblyf: Chicane B&B| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Heinz in Style| Kontak
- Skoene: Shein
- Skryfbehoeftes: ZD Design Studio| Kontak
- Spyseniering: Schalk & Marlet| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Trourok: Inge Coetzer Bridal Design| Kontak
- Bruid se Trouring: Moissanite Engagement Rings South Africa| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Fischers
- Troukoek: ProImage Cakes | Kontak
- Videograaf: Mountainbrook Media| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Knysna + Hartenbos
- Wittebrood Plek: Cliffhanger Cottages| Kontak