Corné en Tanza se skakerings van wit troue in Noordwes is besonders en definitief ʼn troue propvol inspirasie van vreugde en reinheid. Die bruid het vir ‘n “alles wit” tema gegaan en ons is totaal en al versot oor die ligte kleurskema van die paartjie se troue. Skakerings van wit en romerige kleure kan regdeur die paartjie se troue gesien word. Die paartjie het selfs versoek dat al hul gaste wit aantrek.
Hulle het by ʼn pragtige argitektonies mooi trou venue aan die voet van die Magaliesberg in Hartbeespoort. Die onthaal lokaal was so mooi stileer in twee lang tafels wat ʼn baie feestelike voorkoms gee aan die onthaal lokaal. Op die tafels is daar verskillende blompotte in skakerings van ligte aardse kleure en wit. Klein blom ontwerpe kan orals op die lang tafels gesien word. Die lang dun kerse wat bo die blom ontwerpe uitsteek skep ʼn baie romantiese en gesellige voorkoms.
Die bruid het beeldskoon gelyk in haar trourok wat soveel mooi detail op het. Om haar voorkoms te komplimenteer en in te pas by die tema van hul troue het sy ʼn pragtige handruiker van orgideë gehad. Haar strooimeisies se rokke was ook wit en baie stylvol. Die bruidegom het ook ʼn baie neutrale ligte troupak aangehad wat perfek pas by die tema van hul troudag.
Alles is moontlik met professionele trou diensverskaffers. Mooi Troues se aanlyn trougids is ʼn bron van top gehalte trou diensverskaffers wat julle droom troue in ʼn realiteit sal verander.
Rol af om meer te lees oor Corné en Tanza se moderne troue in Noordwes en hul liefdesreis as paartjie.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het ontmoet deur ons jonger sussies, wie maats was. My man se stiefma het hom saam gesleep om saam hom sy sussie te kom haal, want sy wou my aan hom voorstel. Ek het die hek oop gemaak, maar toe bly hy in die kar sit en ek los toe die hek oop en gaan terug in die huis, en toe ek weer om kyk toe kyk ek in sy oë in vas en was dadelik verlief. Ek was 16 en hy 18, hy was nog in sy Hoërskool Monument klere en ek in my Riebeeckrand klere. My ouma was daar en toe hulle ry kyk sy my diep in my oë en sê “Tanza daardie seun is jou trouman, julle gaan eendag trou.” En 7 jaar later vra hy my om te trou op die lughawe voor ek oorsee gegaan het om ʼn lugwaardin te wees.
Trourok:
Ek het my trourok in 2019 al gekry, ek het oral oorsee rokke gesoek en aangepas maar het toe my trou rok in Pretoria by Bridal Wardrobe gekry, Lesley by Enzoni. Ek was smoorverlief op die trourok toe ek hom die eerste keer aan pas. Heel toevallig na ek die rok gekoop het, het ek besef hoe baie kere ek daardie spesifieke trourok ‘gepin’ het op Pinterest. Die trourok is tydloos en sal altyd in die mode bly en op my trou dag vier jaar na ek die trourok gekry het en na ʼn tweeling toe pas die rok my nog soos die eerste keer.
Verloof- en Trouringe:
My verloofring was uit agt klein diamante wat een groot vorm gemaak het, wit goud. Die diamante het op ʼn manier uit geval toe ons gaan Kersfees inkopies doen een jaar. Met daardie agt klein diamante het my man ʼn trou pant laat maak en vir my ʼn ander diamant in gesit. Hy is fyn en mooi, ek kyk altyd skelmpies in die son hoe mooi hy blink. Corné het altyd gesê hy hou van ʼn hout tipe ring, ek het vir hom ʼn warm hout ring met goue lyne gekry.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Dat ons, ons tweeling deel gehad het van ons trou dag. Hulle is deel van ons liefde en kon saam ons liefde vier. My pa wat van Engeland af gekom het en nie ons spesiale dag gemis het nie.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Almal was perfek in hulle manier. Artelier is die beste venue. Infinity Times is die beste diensverskaffers op fotografie, videografie en Musiek Events Inspirations was die beste vir ons dekor.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Alles wat jy beplan en wil hê op julle troudag gaan nie altyd uitwerk nie en dit is okay. Net julle weet van elke klein detail wat julle by julle troue wil hê, so as iets nie loop hoe julle dit wou hê nie geniet nog elke liewe oomblik want die dag gaan oor julle, julle liefde en lewe saam. Geniet elke oomblik van die troureëlings, want as jy jou oë uitvee is julle droom trou dag verby.
Trou Venue:
Ons het na drie venues gekyk, maar toe ons by Artelier instap toe kyk ons dadelik vir mekaar en sê die is die venue. Hy is skoon, wit, modern en het my trou visie gepas, want ek wou gehad het al my gaste moet wit dra en Artelier het perfek gepas daarmee.
Trou Dekor en Styl:
Ek het besluit dat al ons gaste wit moet dra, want dit is skoon en verteenwoordig vreugde. Ons kleurskema was wit met rome in gebring. Almal het in die begin eers gedink ek is mal vir die “alles wit” tema, maar op die troudag het almal my visie gesien en dit het vreugde en reinheid verteenwoordig. Alles was kalm en Artelier was ons doek.
Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het in totaal 85 trou gaste gehad en ʼn begroting van min of meer R 2,300 per persoon. Hulle het die troue self beplan oor ʼn 4 jaar periode. Hulle sou in 2020 trou, maar toe kom COVID en in 2021 het hulle ʼn tweeling gehad, toe besluit hul om in 2023 te trou.
Eerste Dans:
Let me love you now van Lloyiso.
- Fotograaf + Videograaf: Infinity Times | Kontak
- Venue: Artelier | Kontak
- Blomme + Dekor: Events Inspirations | Kontak
- Bruidegom-pak: Khaliques Mall Of Africa | Kontak
- Grimering + Hare: Fabuloso Hairstudio
- Musiek: Infinity Times | Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Woolworths
- Skoene: Aldo
- Skryfbehoeftes: Cum Books
- Trourok: Bridal Wardrobe| Kontak
- Wittebrood Bestemming: The Palace Sun City