Meyer & Rozanne se Klassieke Karoo Troue in Graaff-Reinet

Karoo troues is altyd só mooi en Meyer en Rozanne se klassieke Karoo troue in Graaff-Reinet is stylvol en bied tonne inspirasie vir paartjies wat graag in die Karoo wil troue.  Die pragtige landskappe wat die Karoo bied en die mooie argitektuur van klein dorpies is die perfekte agtergrond vir paartjies se troudag.  Ons het ook die paartjie se verlowing fotosessie by Pretoria se Kerkplein voorheen gepubliseer,  klik hier om daarna te kyk.

Ons is totaal en al versot op elke element van die paartjie se troue.  Rozanne en Meyer het beide baie mooi gelyk op hul troudag.  Meyer het ʼn goed gepaste wynrooi kleur pak aangehad met ʼn sagte blom patroon das.  Rozanne se trourok pas perfek by haar.  Die trourok het ʼn klassieke styl en die pragtige moue aan die trourok gee dit ʼn unieke voorkoms.

Hulle seremonie was by die pragtige kerk in Graaff-Reinet en met die instap het die kerkklokke die strate van Graaff-Reinet deur gelui.

Meyer en Rozanne het by ʼn populêre hotel in Graaff-Reinet getrou.  Die hotel se dekor elemente was klaar só mooi dat die paartjie die dekor baie eenvoudig gehou het.  Hul kleurskema was natuur elemente van groen, wynrooi en oranje wat perfek inpas by ʼn troue in die Karoo.

Die paartjie se fotosessie sal is asemrowend mooi met die onafgewerkte Karoo landskappe en die sagte lig wat sonlig wat deur die wolke op die paartjie skyn is prentjie perfek.  Ons kan sien die paartjie het baie pret gehad en elke sekonde van hul troudag vreeslik geniet.

Beplan julle binnekort ʼn troue?  Besoek Mooi Troue se Trougids vir fantastiese trou diensverskaffers regoor Suid Afrika.   Rol af om meer te lees oor Meyer en Rozanne se karoo troue in Graaff-Reinet.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons altwee was in ons eerstejaar by die Noord-Wes Universiteit en ons het by Jool ontmoet in 2017.  Ons het saam shows gekyk en aan die einde van die aand nommers uit geruil.  Daarna was daar baie koffie gedrink en tussen klasse gesels.  Ons het ongeveer ʼn maand later begin uit gaan.

Vir vyf jaar en ses maande was ons saam voordat ons verloof geraak het.  Ons het verloof geraak op die 2de Oktober 2022 by familie se plot net buite Pretoria.  Ons het gaan kuier by die familie, maar Rozanne het nie enige iets verwag nie.  Familie en vriende het gehelp om die piekniek op te stel waar ons verloof geraak het.  Ons het toe so bietjie rond geloop en toe kom ons by die piekniek area. Ek het dadelik op my knie gegaan, want ek kon nie meer spanning hanteer om haar te vra nie.  Ons vriend wat fotos geneem het, het toe agter die boom uitgespring en ek het haar toe gevra.  Sy het toe begin huil sy die “Ja” antwoord sê en daarna het ons saam familie en vriende dit gevier.

Trourok:


Met die pas van trourok was dit baie oorweldig.  Die opsies is oneindig en die keuses is almal ongelooflik mooi.  Maar toe ek my rok aanpas het ek nét geweet.  Ek het gehou van die klassieke styl van my rok.  Ek was mal oor die unieke moue van die rok en het dit my hart net nog meer gesteel.

Verloof- en Trouringe:


Meyer se ring is gemaak met black zirconium.  Dit het ʼn growwe afwerking wat hom meer ʼn rowwe voorkoms gee.  Ek het die ring gekies oor hoe hy sit en dat hy ook by enige uitrusting sal pas.

Rozanne se ring is ʼn moissaniet steen wat vasgevang word in ʼn protea klou geset in platinum.  Die ring is eenvoudig en klassiek en het my hart gesteel van dag een af.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Die kerk klokke het gelui en toe maak hulle die deure oop en daar is die eerste keer wat ek haar gesien het in haar trourok en hoe pragtig sy gelyk het.

Tydens ons paartjie foto het ons ons trou geloftes aan mekaar gelees.  Die oomblik wat ons in die veld besig was om ons trou geloftes aan mekaar te lees met die berge in die agtergrond het gevoel of die wêreld stil gestaan het en net ons twee is.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Begin vroeg om al die groot reëlings te tref.  Skryf ‘n lys van goed neer wat vir elkeen van die paartjie belangrik is en beplan daar rondom.

Belangrik om te onthou dat die dag moet julle verhouding en droom dag uitbeeld.  Moenie vasgevang word in ander se opinies nie.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Al die diensverskaffers was ongelooflik, maar die Drostdy Hotel, ons fotograaf Just Jordan Photography en videograaf Ember Heart Film staan verseker uit.

Trou Venue:


Ons droom was om in Graaff-Reinet te trou omdat ons soveel waarde aan die dorp en Karoo heg.  Ons het besluit op die Drostdy Hotel en die NG Kerk Graaff-Reinet omdat dit soveel geskiedenis het en Rozanne het ook groot geword daar.

Trou Begroting en Beplanning:


Meyer en Rozanne het vir een jaar self aan hul troue beplan en 75 gaste onthaal.  Hul troue het hul R100 000 gekos, ongeveer R1 300 per kop.

Trou Dekor en Styl:


Ons kleurskema was rustieke kleure.  Warm kleure wat saam met die hout afwerking van die Drostdy Hotel sou werk.  Ons het ook baie met die natuur elemente gewerk van groen en wynrooi en oranje.  Die Drostdy Hotel het ‘n besonderse styl, tradisioneel en klassiek en daarom was die dekor klaar presies wat ons wou hê.  Ons het dus min dekor nodig gehad om die venue af te rond.

Eerste Dans:


    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: