Hoe hou ons, ons trou foto’s veilig? Dit is ʼn vraag wat ons gereeld sien deesdae. Ons deel met julle advies hoe om jul trou foto’s veilig te hou nadat julle dit ontvang het vanaf julle trou fotograaf. Dit is die paartjie se eie verantwoordelikheid om seker te maak dat hul trou foto’s veilig gestoor word. Baie trou fotograwe hou ʼn digitale kopie vir ʼn paar jaar in hul argief, maar moet nie staat maak daarop nie.
In dié artikel gaan ons oor drie idees hoe julle jul trou foto’s kan stoor. Dit gaan nie net oor stoor nie, maar ook veilig te hou. Trou foto’s is ʼn groot belegging en dit moet beskerm word. Meeste trou fotograwe stuur vir paartjies ʼn aanlyn kopie van hul t rou foto’s. Party trou fotograwe gee ook ʼn data stokkie met die trou foto’s op aan die paartjie. Maak nie saak hoe julle die foto’s ontvang nie, dit moet bewaar word.
Julle kan ook julle trou fotograaf vra vir ʼn ekstra kopie. Daar sal ʼn koste betrokke wees indien julle ʼn fisiese kopie wil hê, of nog ʼn data stokkie met foto’s op. Onder is ʼn paar dinge wat julle kan doen om julle foto’s veilig te hou.
Maak ʼn aanlyn kopie daarvan:
Een van die meer veilige opsies is om ʼn aanlyn kopie te hou van julle trou foto’s. Indien julle nie al jul foto’s wil stoor nie, kan julle die foto’s wat vir julle die meeste beteken aanlyn stoor. Daar is baie aanlyn stoor opsies beskikbaar en van dit is gratis en van dit kom teen ʼn koste. Omdat meer en meer mense aanlyn begin stoor, begin die kostes vir aanlyn stoor spasie al hoe meer bekostigbaar te word.
Wanneer julle wel aanlyn spasie koop, maak seker julle gebruik ʼn betroubare maatskappy wat julle mee bekend is. Maak ook seker hoe lank julle by die plek kan stoor sonder toegang tot die foto’s, sodat hulle nie jul rekening sluit omdat jul onaktief is nie.
Stoor ʼn kopie op ʼn hardeskyf:
Hierdie is ook ʼn fantastiese opsie. Hou ʼn ekstra kopie van julle trou foto’s op ʼn hardeskyf, of aparte data stokkie. Stoor dit iewers veilig soos ʼn kluis of iewers waar julle dit weer sal kan vind indien julle dit soek.
Maak seker om sommer al julle trou foto’s oor te kopie en die hardeskyf slegs vir julle trou foto’s en dalk verlowing foto’s te gebruik. So sal dit verhoed dat julle perongeluk jul trou foto’s uitvee om ander data te stoor.
Laat druk van jul trou foto’s:
Daar is niks só spesiaal soos ʼn goeie gedrukte foto’s nie. Dit kan net ʼn paar van jul gunsteling foto’s wees of ʼn trou album. Gedrukte foto’s is ook ʼn manier om ʼn meer fisiese kopie te hê van julle trou herinneringe. Alhoewel dit teen ʼn koste sal kom om al jul trou foto’s te laat druk is dit nie nodig om elke liewe een te laat druk nie. Kies julle gunsteling foto’s en dié wat vir julle ʼn betekenis het. Laat druk die foto’s en sit dit in ʼn pragtige trou album wat julle kan wys vir al julle gaste en later veilig kan hou in die huis.
- Foto’s: Pexels
- Artikel: Mooi Troues