Calvin en Henri se stylvolle troue in Mpumalanga was gevier by ʼn prentjie mooi gasteplaas in die Witrivier omgewing. Hulle was omring deur agtergrond van groen landskappe en rustigheid van die plaas. Hierdie paartjie het baie dapper gelyk in hul donker olyf groen bypassende troupakke. Die strikdasse gee ʼn baie deftige voorkoms en die gedroogte blom boutonnieres komplimenteer die donker groen materiaal van hul trou pakke.
Hul troudekor was vreeslik mooi, die kleurskema was wit, swart, olyf groen met tikseltjies goud. Ons hou baie van die moderne voorkoms van hul troue en die kombinasie van neutrale kleure en glas bied ʼn modern, tog warm atmosfeer. Die wit blom ontwerpe met tikseltjies groenigheid was besonders mooi gewees en het die onthaal spasie goed komplimenteer. Die wit tafel doeke het weereens daardie stylvolle voorkoms ingebring en die verskillende hoogtes en dikte kerse op die tafels het ʼn baie romantiese atmosfeer geskep. Swart eetgerei met goue elemente was die perfekte kontras teenoor die wit tafeldoeke en het só mooi ingepas by ronde glas onder borde met die swart rant.
Unforgettable Cakes het elegante drie laag troukoek vir Calvin en Henri gebak. Dit onderste laag was ʼn double choc mud versier in ʼn pragtige donker groen en die ander twee boonste lae was Red Velvet en Vanilla versier in wit om by die dekor in te pas. Die paartjie het ook ʼn baie oulike koek topper gehad wat hulle twee in hul donker groen trou pakke uitbeeld.
Die paartjie se troue was ʼn lekker gesellige kuier saam met vriende en familie en die dansvloer was behoorlik benut. Geniet die trou foto’s van Savannah Greeff en rol af om eer te lees oor Calvin en Henri se liefdesreis en oor hul troue.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het ontmoet deur vriende in 2018 op die strand in Clifton in Kaapstad.
Ons het verloof geraak die 19de Februarie 2023 by die Walter Sisulu Botaniese Tuine in Johannesburg, onder die waterval.
Verloof- en Trouringe:
Ons het swart ringe met ʼn roosgoud middelpunt.
Paartjie se Uitrustings:
Ons het donker olyf pakke aan gehad wat deur Goat of Bespoke gemaak was. Die baadjies het hul eie spesiale binnekant wat ons self ook gekies het. Ons het die materiaal van die pakke ook self gekies.
Trou Venue:
Ons het vriende gehad wat by die venue ʼn funksie bygewoon het en toe die foto’s op sosiale media gesien.
Trou Dekor en Styl:
Ons het ʼn moderne elegante styl gekies vir die troue. Die kleurskema was wit, swart, olyf groen en goud. Die dekor was modern gewees en ook glas.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Die venue koördineerder definitief. Die platejoggie was ook baie goed.
Meer oor Unforgettable Cakes:
Unforgettable Cakes spesialiseer in koeke, kolwyntjies, koek op ʼn stokkie (“cakepops” en “cakesicles”) vir enige funksie, van troues tot ooievaarspartytjie en verjaardae.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Toe die koek mes breek terwyl ons die koek probeer sny het. Ook die feit dat al die gaste op die dansvloer gebly het tot 12uur die nag en niemand rond gesit het by die tafels nie.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Neem mekaar se sienings in ag. Moet nie die klein goedjies los tot laaste nie, want dit is klomp klein goedjies wat op gaar en dan baie moeilik word om uit te sorteer.
Onthou om op die aand van die troue weg te stap van alles en almal en net 10 minute saam alleen alles in te neem en te ervaar.
Trou Begroting en Beplanning:
Calvin en Henri het 8 maande met die hulp van venue koördineerder aan hul troue beplan. Die koste was R4 000 per kop vir alle kostes ingesluit. Hulle het R400 000 aan hul troue spandeer en 100 gaste onthaal.
Eerste Dans:
- Fotograaf: Savannah Greeff Photography | Kontak
- Venue + Blomme + Dekor: Whispering Thorns | Kontak
- Paartjie se Uitrustings: Goat of Bespoke | Kontak
- Hare: Bela Molnar
- Huwelik kontrak: JHJ Attorneys
- Huweliksbevestiger: Mias van Jaarsveld
- Koördineerder: Whispering Thorns | Kontak
- Platejoggie: Impact Sound & Events| Kontak
- Paartjie se verblyf: Whispering Thorns | Kontak
- Gevolg se Uitrustings: Khaliques| Kontak
- Trouringe: Touch Wood| Kontak
- Skoene: Edgars
- Skryfbehoeftes + Gaste Geskenke: Sanet Brand
- Spyseniering: Whispering Thorns | Kontak
- Troukoek: Unforgettable Cakes| Kontak
- Videograaf: Culture Collective Refined| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Maldives