Quintin en Merissa se gesellige troue in die Robertson Vallei is definitief propvol trou inspirasie vir paartjies wat ‘n troufees wil hê. Die paartjie het by die pragtige Bon Cap, Guestfarm and Wedding Venue getrou in die Eilandia Vallei tussen Worcester en Robertson. Julle mag hul erken van hul verlowing fotosessie in Drakensteinvallei wat voorheen op Mooi Troues gepubliseer was.
As paartjies by Bon Cap, Guestfarm and Wedding Venue instap voel hulle onmiddellik welkom en dit is hoekom die venue ʼn populêre keuse is vir Mooi Troues se lesers. By Bon Cap maak hulle seker paartjies het ʼn stresvrye troudag gevul met goeie herinneringe.
Die landskappe van die gebied maak dit die perfekte agtergrond vir paartjies se trou foto’s. Met die donker wolke op die paartjie se troudag lyk die foto’s só mooi en dramaties en die kleur van die veld blomme staan sommer ekstra mooi uit.
Die paartjie se trou dekor is ʼn kombinasie van klassiek en modern. Groenigheid met tikseltjies kleur van die blomme asook Proteas versier die tafels. Feetjie liggies wat vanuit die dak en vanaf die mure hang skep ʼn romantiese en sprokies wêreld gevoel. Al die bogenoemde dekor en blomme was ook gedoen deur die talentvolle span by Bon Cap.
Laaste maar nie die minste nie, die spyseniering. Bon Cap is bekend vir hulle heerlike hartskos, wat nie net heerlik proe nie, maar ook mooi lyk. Gaste kon lekker gesellig kuier by die paartjie se troue, omring deur die mooi natuurskoon, rustigheid van die plaaslewe, heerlike kos en goeie musiek.
Rol af om die foto’s te geniet en meer te lees oor Quintin en Merissa se gesellige troue in die Robertson Vallei.
Paartjie se Liefdesreis:
Quintin het my verras vir ‘n naweek by Montagu Hotel & Spa. Ons het gegaan vir ‘n vol lyf behandeling waar ons daarna in die jacuzzi klim het, daar was vir ons sjampanje gebring, aan die onderkant van die glas was die ring vas gemaak met ‘n strikkie. Dit is waar Quintin op sy knie gegaan het en die res is geskiedenis.
Trourok:
Die trourok was verskaf deur Bride & Co, dit is ‘n “Sweetheart Neckline Corset Bodice Wedding Dress with Spaghetti Straps”.
Verloof- en Trouringe:
Quintin het saam met die ring verskaffer (Papillon Jewellery) die ontwerp beplan. Hy het reeds in gedagte gehad van die styl hoe hy dit wou beplan, die ringe is wel baie sentimenteel vir ons, want dit is oorgeërfde ringe van Quintin se Ouma’s en Ma (al 3 oorlede). Dié 3 ringe is afgesmelt van goud na witgoud en die stene is gebruik van die 3 verskillende ringe, met die oorblywende goud en stene is daar oorbelle gemaak.
Merissa het binne Quintin se ring (Swart Tungsten Metaal) laat graveer “Liefiemens” – ons noemname vir mekaar is “Mensie”.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Quintin:
“Vir my natuurlik die oomblik toe sy die kerk instap en ek sal nooit daardie sprankelende gesig van blydskap kan vergeet nie, sy het absoluut stunning gelyk.”
Merissa:
“Feestelike tyd op die dansbaan saam familie en vriende, die lekker saam lag.”
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Dit is ongetwyfeld Michelle met haar Bon Cap span! Hul het hul fantasties van hul taak bekwaam, onder hul verantwoordelikhede was die dekor en spysenering wat in ons boekie beslis ‘n 5-ster verdien.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Probeer rustig wees, maak lysies en merk af soos jul die items voltooi of reëlings gemaak het.
Probeer om alle reëlings die dag voor die tyd klaar af te handel. Dit het vir ons baie beteken op die dag om te weet alles is klaar gedoen. Ons kon rustig wees en net die dag geniet van begin tot einde. Moenie skaam wees om vir hulp te vra nie, vriende en familie geniet dit om deel te wees van die reëlings.
Trou Venue:
Ons het eers venues op sosiale media uitgekyk in die areas waarvan ons hou en wat ook nie te ver van die Kaap is nie. Daarna vir ons die top drie gekies en hul fisies besoek en met die intrap slag by Bon Cap was daar net ‘n gevoel van gerus en gemaklikheid. Dit was op die ou-einde ‘n maklike keuse.
Trou Dekor en Styl:
Ons het gegaan met olyfgroen, tikkie wit en roosgoud.
Hooftafel detail is met donkerder skakerings van bloos , bordeaux pers met wit proteas. Gaste tafels detail is olyf en Pennygum groenerige loper detail met Babies Breath (gyps) en pienk Limonium, Proteas en wit blomme.
Die algehele idee was minimalisties, ons wou nie rerig gehad het dat tafels moet te swaar voel met teveel “torings” op om oor te kyk nie.
Meer oor Bon Cap, Guestfarm and Wedding Venue :
Bon Cap is geleë teen die Langeberge in die pragtige Eilandia Vallei tussen Worcester en Robertson. Foto opsies in die vallei is uniek tussen wingerde, vrugte boorde, tafeldruiwe, tuine en ons pragtige Karoo natuurskoon. Bruidspare het ʼn keuse vir die seremonie tussen die kapel of roostuine. Die onthaal area kan tot 150 gaste met ʼn dansbaan akkommodeer. Bon Cap voorsien bruide van ʼn een-stop trou venue waar alles van spyseniering, blomme, dekor en koördinering in-huis behartig word. Die plaas bied ook akkommodasie vir 36 gaste.
Eerste Dans:
Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het in totaal 88 trou gaste onthaal met ʼn totale begroting van sowat R 2,272 per persoon. Hulle het 5 maande self aan hul troue beplan met behulp van Bon Cap Guestfarm and Wedding Venue se trou koördineerder.
- Venue + Dekor + Blomme: Bon Cap Guestfarm and Wedding Venue | Kontak
- Koördineerder: Michelle du Preez van Bon Cap| Kontak
- Spyseniering + Kroegdiens + Troukoek: Bon Cap Guestfarm and Wedding Venue| Kontak
- Paartjie se verblyf: Bon Cap Guestfarm and Wedding Venue| Kontak
- Fotograaf: Striped Fox | Kontak
- Bruidegom-pak: The Tux Tailor | Kontak
- Gaste Geskenke: Wedgewood Nougat| Kontak
- Grimering + Hare: Luzanne Makeup| Kontak
- Naels: Pause Beauty Room | Kontak
- Huwelik kontrak: Harmse Kriel Attorneys
- Huurdienste: Dancing in the Clouds| Kontak
- Huweliksbevestiger: Pastoor Arnaud Heunis
- Platejoggie: Jaco van Graan
- Strooijonkers bykomstighede: Made by Artisans| Kontak
- Skoene: Blu Betty| Kontak
- Skryfbehoeftes: Lilly Leigh & Co| Kontak
- Trourok: Bride&Co | Kontak
- Bruid se Trouring: Papillon Jewellery
- Bruidegom se Trouring: Hashtag Bamboo| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Mauritius – Grand Baie
- Wittebrood Plek: Veranda Point Aux Biches| Kontak