Die paartjie, JD en Claudene, se goue uur verlowing fotosessie is só romanties. In die foto’s kan ons sien die paartjie is dol verlief.
Hul uitrustings het perfek saam met die bosveld natuur tonele van hul fotosessie gewerk. Die kleur in Claudene se geruite romp en JD se trui komplimenteer mekaar en werk baie mooi saam die natuur tonele. Die redigering van die foto’s bring ook die warm element waarvan die paartjie so baie van hou.
Toekomstige bruide wat nog hul eie verlowing fotosessie moet reël, raai ons aan om sommer ‘n proeflopie te doen by jou haarstilis en grimeerkunstenaar vir jou troue. Dit sal jou die perfekte voorsmakie gee hoe jou grimering op foto’s sal lyk. Professionele fotograwe weet hoe om met lig te werk en sal die paartjie aanbevelings gee hoe om te poseer. Dit is uiters belangrik dat jul na jul kortlys van fotograwe se portefeuljes kyk en seker is die styl van neem en redigeer is wat jul ingedagte het. Klik hier om na diensverskaffers op Mooi Troues se aanlyn trougids te gaan kyk.
Rol af en geniet JD en Claudene se pragtige foto’s waar hul liefde vir mekaar uitstraal en hul liefdes storie.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het ontmoet deur een van JD se vriende, sy vriend het eintlik van my gehou. Vir JD was dit “love at first sight” en ek het só vinnig, só gou verlief geraak op dié man! Hy was ʼn real charmer en smooth talker, selfs nou nog na 7 jaar. Ons liefde is vir my so mooi, want na al die tyd is ons steeds verlief op mekaar en kies mekaar oor en oor elke dag! Ons het op ons 6 jaar herdenking verloof geraak, dit was die beste dag van ons lewe! Mens huil regtig watervalle, dis so intiem, spesiaal oomblik wat ek dink mens nooit sal vergeet nie.
Die groot vraag:
Ons het natuurlik al oor dit gepraat, maar dit was ʼn verrassing vir my. My ring het ons vooraf gekies, want ons smaak verskil dag en nag. Hy het die ring veilig gebêre tot die spesiale dag. Ons het weg gegaan vir die naweek vir ons herdenking en toe het hy vir ons ʼn piekniek opgestel in die bosveld met die mooiste sonsak! Toe ek buite toe gaan toe is hy op een knieg en het amper al sy woorde vergeet toe hy my vra, ek het net gesê ja! Ek kan skaars onthou wat hy gesê het. My hart het net oorvloei met blydskap en liefde en ek het so gehuil. Dit is regtig een van die spesiaalste oomblikke dink ek.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Eienskappe van JD:
Hy sit altyd sy behoeftes voor myne en sal letterlik elke dag seker 10 komplimente vir my gee oor hoe mooi ek is of hoe lief hy my het. Hy is altyd ongelooflik liefdevol en so gelukkig, hy bou my op en motiveer my elke dag.
Eienskappe van Claudene:
“Her smile can light up any room” sy kan net in ʼn vertrek instap en al die aandag is op haar, sy is vir my die mooiste vrou en haar glimlag is vir my alles. Haar oë ook, dit kyk soms deur mens. Haar persoonlikheid en net haar menswees is vir my só mooi en aansteeklik.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Trou is DUUR! So ons het besluit ons soek “the best of both worlds.” Ek wou nog altyd elope, so ons het besluit 2024 gaan ons elope en die viering sal ons dan 2025 hê sodat ons kan spaar tot dan.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons het die fotosessie gedoen om natuurlik die herinneringe daarvan vas te vang, vir ons trou webwerf te gebruik. En ja, ek het ook natuurlik klaar van die foto’s op in ons huisie.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ek hou van “warm” foto’s so ek is MAL oor die golden hour sessie wat ons gehad het, dit is vir my só mooi en ek wou dit graag in winter doen, foto’s is vir my dan soveel mooier en warm. Soos ons liefde. Dit beteken meer cuddles tussen deur die fotosessie!
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ek dink finansies is maar almal se grootste vrees, dat mens dalk nie in tyd alles gaan spaar nie en dat ek dalk nie in my rok gaan pas nie. Verder is ons rustig, my verloofde is ʼn baie “go with the flow” mens en bitter min pla hom, hy is baie geduldig en hou my kalm.
Visie vir droomtroue:
Al wat ek soek op my troue is ʼn asemrowende sonsak, ek en my man en ons geliefdes. Verder is ek nie veel gepla oor enige iets anders nie. Ek wil net die dag geniet en ten volle in neem, want dit is een dag in mens se lewe wat jy vir altyd gaan onthou.
- Fotograaf: Fern Green Photography
- Klere: Shein
- Grimering + Wimpers: Beyoutify
- Hare: Glamour Style and Makeup Artistry