Hano en Madri se lente troue in Pretoria bied tonne inspirasie vir die kontemporêre bruidspaar opsoek na idees vir hul eie troudag. Die paartjie se lente troue was by ʼn pragtige trou venue op ʼn plaas in die Pretoria omgewing.
Die paartjie se trou dekor styl was geïnspireer deur die Ikebana. ʼn Ikebana se stilering kenmerke is gewoonlik, kleure, dun lyne en gewig. As julle na die paartjie se onthaal lokaal kyk sal julle die perfekte voorbeeld van die drie elemente sien. Hulle het gegaan vir ʼn pastel kleurskema vir hulle stylvolle lente troue. Die kontras tussen die pragtige plaas landskappe van hul troue en die trou dekor styl is teenoorgesteldes, maar werk perfek saam. Met die wit tafeldoeke op die tafels gee dit hulle troue ʼn klassieke voorkoms. Tikseltjies kleur skep ʼn moderne, maar prettige voorkoms en staan ekstra helder uit in kontras met die onthaal lokaal se swart dak.
Madri se meermin styl trourok is besonders mooi en ons is totaal en al gek oor haar oop rug en lang sluier van haar trourok. Sy het die mooiste handruiker gehad wat die hele styl van hulle troudag só mooi gekomplimenteer het. Hano het self baie dapper gelyk in sy swart pak en sagte pastel kleur blou das wat ook só mooi gepas het by Madri se handruiker en die hele voorkoms van die paartjie se troue.
Alles is moontlik met ʼn span professionele trou diensverskaffers. In Mooi Troues se aanlyn trougids kan jy talentvolle en professionele trou diensverskaffers vind wat julle belangrike dag ekstra spesiaal en stresvry kan maak.
Rol af om meer te lees oor Hano en Madri se lente troue en hulle liefdesreis as paartjie.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het in ons Besigheidstudies klas die tweede week van ons eerste jaar ontmoet – na die eerste “date” kon ons nie genoeg van mekaar kry nie. Hano het ʼn naweek saam met vriende in Clarens gereël en my toe verras met ʼn verlowing vroeg die Saterdag oggend.
Trourok:
My trourok is ʼn meermin styl met ʼn lang sleep, hoë neklyn en oop ruk met mooi kant.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Die oomblik toe ek en Hano as getroudes instap by die onthaal en al ons familie en vriende was daar. Net voor ons gaan sit het, het dit gevoel of dit net ek en hy in die onthaalsaal was, maar toe ons sit en almal vir ons sien kyk, was dit ʼn pragtige oomblik van liefde, vrede en vreugde.
Trou Dekor en Styl:
Ons het gegaan met ʼn pastel kleurskema oor ons in die lente trou. Ons het Ikebana gekies as die dekor styl – LuAnne het regtig ons visie tot lewe gebring. Vir die blomme was my enigste versoek dat daar wit Anthuriums moet wees oor my ma ook Anthuriums op haar troudag gehad het – dit was vir my spesiaal om haar so deel van die troue te kon maak.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Volg julle eie instink, moet nie die ongevraagde raad of insette van enige iemand neem nie, dit is julle droom dag.
Verloof- en Trouringe:
Ons ring style is minimalisties en tydloos.
Trou Venue:
Ons het onmiddelik geweet dat ons by Cipresso Venue wil trou toe ons die dekor styl sien. Lise het ongelooflike smaak.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Almal! Ons het ongelooflike diensverskaffers gehad.
Trou Begroting en Beplanning:
Daar was in totaal 59 gaste gewees en die trou begroting was sowat R 3,728 per persoon. Die paartjie het ʼn trou koördineerder gebruik vir hul troue se beplanning en het in totaal 7 maande aan hulle troue beplan.
Eerste Dans:
- Fotograaf: Chiara Ritchie Photography | Kontak
- Venue: Cipresso Wedding Venue | Kontak
- Blomme: A Seed to Sow | Kontak
- Bruidegom-pak: Jones & Kent
- Dekor: Lu-Anne Mc Cord| Kontak
- Grimering: Miss JaydeeKay Make-Up | Kontak
- Hare: Miki Studio| Kontak
- Huwelik kontrak: Van der Linde Attorneys| Kontak
- Huweliksbevestiger: Ds Hans Janse van Vuuren
- Juweliersware: American Swiss
- Koördineerder: Ethereal Events Co.| Kontak
- Musiek: Rey’s Music| Kontak
- Paartjie se verblyf: Cipresso Wedding Venue | Kontak
- Skoene: Steve Madden
- Skryfbehoeftes: Kila & Koo Design Studio| Kontak
- Spyseniering: Everyday Gourmet Kitchen
- Strooimeisie-rokke: Kostuum
- Trourok: Whimsical Bridal| Kontak
- Bruid se Trouring: KL Jewelers
- Bruidegom se Trouring: American Swiss
- Videograaf: Alfred Photo & Film | Kontak
- Wittebrood Bestemming: Mauritius – Mauritius
- Wittebrood Plek: Ravenala Attirude