Charl & Lieschen se Prentjie Mooi Herfs Troue

Charl en Lieschen se prentjie mooi Herfs troue bied tonne inspirasie vir paartjies wat in die Herfs seisoen wil trou.  Herfs is só ʼn mooi tydperk om te trou, veral met die pragtige ryk herfskleure en die landskappe wat verander in ʼn wonderwêreld.

Die paartjie vertel dat hulle mal is oor die natuurlewe en graag ʼn trou venue wou hê wat natuurelemente het.  Hulle visie vir hul troudag het definitief in ʼn realiteit ontaard, want hulle troue is so mooi en omring deur die natuurskoon.

In die onthaal lokaal was daar lang hout tafels met geweefde plekmatjies en baie kerse op.  Die kerse gee ʼn warm, romantiese atmosfeer aan die onthaal lokaal.  Blom ontwerpe is strategies in die venue geplaas en ook op die paartjie se tafel.  Die gaste tafels het nie enige blomme opgehad nie, maar het nogsteeds ʼn baie romantiese voorkoms.  Met die kombinasie van rottang ligskerms en die kandelare wat vanuit die dak hang skep dit die perfekte balans.

Alles is moontlik as jy ʼn goeie span trou diensverskaffers het.  Mooi Troues se aanlyn trougids is die ideale plek om trou diensverskaffers vir julle troue te vind.

Rol af om meer te lees oor Charl en Lieschen se liefdesreis en ook die mooi foto’s van hul Herfs troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het op ʼn blinddate ontmoet by ʼn dans.  Charl het in Johannesburg gebly en was van plan om terug Wes-Kaap toe te trek.  Hy het vir plekke kom kyk waar hy die volgende jaar kan bly en het daardie naweek by ʼn ou koshuis pel in Stellenbosch gebly.

Dié pel het daardie selfde naweek na ʼn dans toe gegaan.  Charl het toe die pel gevra om sommer vir hom ook ʼn date na die dans toe te kry.  Ek was nie regtig van plan om na die dans toe te gaan nie, maar een van my vriendinne, wat Charl se pel se meisie is, het my oorreed en toe ook sommer gese sy het ʼn date vir my.  Dit was Charl.  Ons het toe by die dans ontmoet en het dadelik net “geclick”.  The rest is history …

ʼn Jaar daarna het hy my gevra om met hom te trou langs die Eersterivier.  Dit was die plek waar ons, ons eerste official date en eerste piekniek gehad het.  Dit was baie spesiale dag.

Trourok:


As ʼn jong bruid, wou ek steeds jonk, “fun” en tydloos gelyk het op my troue.  Ek wou dus nie ʼn rok gedra het wat my ouer laat vertoon as wat ek is nie.  My styl is eenvoudig en elegant so ek wou graag hê my rok moes dit ook verteenwoordig.  Ek het ook twee ouer sussies wat ook al getrou het en wou nie dieselfde tipe rok as een van hulle hê nie.

Eerste rok:

Ek het klomp rokke aangepas en het gesukkel om een te kry waarvan ek regtig gehou het.  Die laaste plek waar ek rokke gaan aanpas het was by Once Worn Bridal.  Ek het die rok aangepas van hulle Rosa Karoo reeks en dadelik geweet dit is dié een.  Toe ek dit aanpas het die “fit and flair” styl my lyf baie mooi gekomplimenteer, die rok was baie gemaklik, ek het mooi en selfversekerd gevoel en boonop het ek het baie van “off white” crepe materiaal gehou.  Ek was mal oor die valletjie moue en het gevoel dit verteenwoordig so mooi my persoonlike styl, want dit was eenvoudig, maar die moue was sag, maar tog uniek en dramaties.  My rok was eenvoudig en uniek en het regtig verteenwoordig wie ek is en wat ek in ʼn rok wou hê.

Tweede rok:

Ek het nog ʼn rok gehad om in te dans en om lekker gemaklik partytjie te hou.  Dit was die “Lea” rok gemaak deur Lena Lisa.  Ek het die rok op haar webtuiste bestel.  Dit was van dieselfde tipe materiaal gemaak as my trou rok.  Dit het ook ʼn valletjie mou gehad.  Die rok is ʼn T-lente rok wat styf sit bo en ʼn wye romp het wat uitvloei.  Die rok was baie gemaklik en iets wat ek weer in die toekoms kan dra.  Ek het baie daarvan gehou dat die rokke heeltemal verskillende style gehad het, maar tog die mou elemente gehad het wat die rokke bymekaar laat pas het.

Verloof- en Trouringe:


My verloof en trou ring is baie dainty, uniek en tog eenvoudig.  Dit verteenwoordig presies wie ek is en almal wat dit sien sê altyd, “Wow dit is só jy”.  Ek is verlief op my ring en ken niemand wat dieselfde tipe ring as ek het nie. Charl het dit by Browns laat pasgemaak vir my.  Sy trou ring is ook ʼn Browns ring.  Dit is ʼn goue band wat eenvoudig, tydloos en stylvol is.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Ons seremonie was só spesiaal en Heilig.  Ons wou regtig God glorify op ons troue en alle eer aan Hom gee en ek voel ons pastoor se boodskap het regtig dit ʼn werklikheid gemaak en dit was baie baie spesiaal.  Verder was alles só spesiaal en dit was só lekker om almal wat ons liefhet en wat groot rolle in ons lewe speel en al gespeel het in een plek te hê en saam almal ons huwelik te vier.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ons was regtig geseën met al ons diensverskaffers.  Almal het regtig al ons verwagtinge heeltemal oortref.  Ons trou koördineerder wat saam met die venue kom was ongelooflik.  Sy het verseker dat alles perfek verloop en dat al die diensverskaffers betyds opdaag en dat alles volgens plan verloop.

Ek sal almal aanraai om ʼn trou koördineerder op die dag te hê.  Dit neem alles stres van diensverskaffers en gebeurtenisse op die dag weg.  Ons kon werklik net op mekaar gefokus het, want alles wat die fisiese troue self betref het sy hanteer.  Ons blomme, kos en dekor het regtig ook ons verwagtinge oortref.

Laastens was ons fotograwe ongelooflik.  Hulle het ons so gemaklik laat voel en regtig stunning fotos geneem en regtig die dag perfek vas gevang.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Dit is stresvol om jou troue te reël, maar geniet die tyd ook saam met mekaar.  Moenie die hele verlowingstydperk net oor troue reël maak nie.  Skep geskeduleerde tye waaroor julle oor troureëlings gesels en gebruik die res van die tyd net om mekaar en die spesiale seisoen te geniet.  Die beste plek is om op Instagram te soek vir diensverskaffers.  Gebruik ook die diensverskaffers wat julle venue voorstel.  Die diensverskaffers ken reeds die venue en die venue-span en die venue sal nie diensverskaffers voorstel wat nie ʼn goeie werk doen nie.

Trou Venue:


Ons wou graag ʼn venue hê wat ons as ʼn paartjie verteenwoordig.  Ons is mal oor die natuur en om te gaan hike en is ook mal oor berge en wingerde.

Die venue se woud en pragtige bome, gesamentlik met die venue se ligging tussen die wynplase en dam wat oor die berge uitkyk het ons dus as ʼn paartjie perfek verteenwoordig.  Verder wou ons ook ʼn venue hê wat goeie reën alternatiewe opsies het, vir ingeval dit die dag reën of die weer sleg is.  Kaapse herfsweer kan baie onvoorspelbaar wees.

Ek wou ook graag in ʼn kapel trou en wow, Winery Road Forest se kapel was regtig perfek. Ons wou ook ʼn cosy en verwelkomende venue hê waar ons gaste almal lekker kon kuier.  Laastens wou ons ʼn venue hê wat reeds mooi binne is en wat karakter het sodat ons nie te veel op dekor moet spandeer om dit mooi te maak nie.

Trou Dekor en Styl:


Ons troue wou ons ʼn joyful celebration hê, ons het dus gegaan met helder herfs kleure.  Ek wou nog altyd in herfs trou.  Ons wou ook hê dit moes cosy en verwelkomende atmosfeer wees.

Ons het dus gegaan met hangmandjie ligte met groenigheid, geweefde plekmatjies en slegs kerse op die gaste tafels.  Dit kerse en die hangende ligte en groenigheid het regtig ʼn cosy gevoel en atmosfeer geskep.  Die bruidstafel was die statement piece met baie blomme.  Ons het die blom pilare van die seremonie weer gebruik in die onthaal.  Die venue se liggies en groenigheid en blomme in die binnehof het perfek by ons vibes en dekor gepas.  Ons het nie regtig enige bordjies en skryfbehoeftes  gehad nie, ek is baie bly daaroor en dit was ʼn groot area waar ons geld gespaar het.  Ons het self die gaste se naamplaatjies gemaak en ons eie trou pamflette ontwerp en laat druk.

Eerste Dans:


The Stars –  Chelsea Cutler & Jeremy Zucker

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: