Trou Beplanning Advies Stap 9 van 12

Mooi Troues se lesers kan ons 12-stap trou beplanning advies reeks van artikels volg wat maandeliks op Mooi Troues gepubliseer sal word.  In hierdie advies artikels gee ons vir jou elke maand ʼn lys van items waaraan jy moet aandag gee.  Ons het die trou beplanning opgebreek in kleiner stukkies, sodat dit nie só oorweldigend is om alles op eenslag te lees nie.

Om ʼn troue te beplan is baie stresvol, veral as jy ʼn selfdoen troue wil hou.  Mooi Troues help jou om dit maklik en stresvry te doen met ons reeks opvolgende advies artikels.  Klik hier vir meer advies artikels.

Ons het die vorige keer die agt van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel.  Teen die tyd moes julle al meeste van jul trou diensverskaffer bespreek het.  Dinge behoort nou bietjie meer struktuur te kry en die vloei van die trou beplanning moet al bietjie meer aan die gang wees.

As julle nog nie die punte in ons vorige artikels gedoen het nie, moet nie stres nie, jul kan dit doen teen jul eie spoed.  Hierdie artikels is slegs ʼn riglyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ʼn jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin.  Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres.  Daar is niks fout daarmee nie.

Vir ons neënde artikel van ons 12-stap trou stap trou beplanning advies reeks, rol af.

Wat jul teen die tyd moes gedoen het:


As julle nog nie begin beplan het aan jul troue nie, moet nie stres nie, daar is altyd genoeg tyd.  Dit beteken net dat julle meer moet doen oor ʼn korter tydperk.  Dit is nie onmoontlik nie, julle sal net meer moet fokus en aandag gee aan julle trou beplanning proses.

Onder is ʼn riglyn van min of meer wat jul teen nou al moes gedoen het as julle ons 12 stap reeks volg:
  • Die Begroting moet nou al gefinaliseer wees, sodat jy weet waarop jy wat kan spandeer.
  • Trou Datum van julle troue.  Dit moet definitief al gefinaliseer wees.  Sonder ʼn datum kan julle niks bespreek nie.
  • Venue vir jul troue moet teen die tyd al gefinaliseer wees.  Onthou om jou deposito te betaal en ook die kontrak baie noukeurig deur te lees voordat julle dit teken.
  • Bekende Trou Diensverskaffers moet teen die tyd al bespreek wees.
  • Fotograwe en Videograwe moet nou al bespreek wees.
  • ʼn Idee hê van die dekor styl waarvan julle hou, asook die algehele styl van die troue.
  • Julle troue moet al verseker wees.
  • Finaliseer die gastelys van buitelandse gaste.
  • Finaliseer trourok keuses.
  • Finaliseer die bruidegom se pak.
  • Seremonie besonderhede bespreek.
  • Ontmoet met jul huweliksbevestiger.
  • Platejoggie, klank en musiek moet al bespreek wees.
  • Finaliseer verblyf opsies.
  • Maak kortlys van dekor items vir huur.
  • Finaliseer die troukoek.
  • Beplan en bespreek die wittebrood vooruit.
  • Repetisie aandete planne moet al begin het.
  • Trou skryfbehoefte ontwerpe gefinaliseer het.
  • Spaar die datum kaartjies moet uitgestuur wees.
  • Grimering en Haarstilis moet bespreek wees.
  • Lys van dinge om te doen vir buitelandse gaste.
  • Verlowing fotosessie moet bevestig wees.
  • Vervoer vir jul trou gaste moet bespreek wees.
  • Danslesse bespreek en bywoon.
  • Musiek keuses lys vir jul troudag.
  • Spyseniering.
  • Paspoorte en Visas (indien nodig).
  • Troukoek gefinaliseer het.
  • Finaliseer diensverskaffers databasis.
  • Bruidegom se uitrustings.
  • Bruid se bykomstighede.
  • Troupant.
  • Dink aan gaste geskenke.
  • Geskenk register.

Bestel julle troukoek:


Nou is die tyd wat julle moet besluit watter koek bakker julle wil gebruik vir jul troue.  Plaas julle bestelling by jul koek maker om seker te wees julle is nie teleurgesteld omrede die persoon nie beskikbaarheid het nie.  Meeste kleiner koek bakkers het ʼn maksimum aantal troukoeke wat hulle bak vir troues gedurende ʼn seisoen.  Bestel sommer nou julle troukoek en kry dit gefinaliseer.

Stuur trou uitnodigings:


Julle sal heel moontlik al klaar al jou skryfbehoeftes gefinaliseer het.  Stuur jul trou uitnodigings uit aan al julle plaaslike trou gaste as julle nog nie jul uitnodigings uitgestuur het nie.  Dit is normaal om gewoonlik die uitnodigings te stuur na julle gaste so drie maande voor die tyd.  Maak seker julle sluit ook in ʼn padkaart en kontak besonderhede van die bestemming waar julle trou.  Trou uitnodigings kan gedruk of digitaal wees.

Finaliseer al die dekor elemente:


Indien julle gebruik maak van ʼn trou koördineerder, maak seker dat julle nou begin dink daaraan om ʼn voorskou te kry van julle trou dekor en gaste tafels.  Met ander woorde ʼn tafel met al die verskillende dekor elemente insluitende die blomme, tafel en stoele alles by die tafel.  Dit sal julle ʼn beter idee gee of die prentjie wat julle ingedagte gehad het wel in realiteit sal kan werk.

As julle die dekor self doen.  Maak seker julle huur die dekor items en vra jul bloemis om dalk op die dag ook sommer voorskou blomme te maak. Daar mag moontlik kostes betrokke wees vir die blomme ontwerp voorskou.  So weet julle of al jul trou dekor elemente bymekaar sal pas of nie.

Dit sal die stres verminder voor die troudag as julle weet hoe die end resultaat min of meer sal lyk.  Wat julle op ʼn prentjie sien en die realiteit mag dalk bietjie verskillend wees.  Dit is nie ʼn moet om ʼn voorskou te doen nie, maar is altyd ʼn oulike byvoeging.

Pas weer jou trourok aan:


Bruide! Dit is belangrik om weer jou trourok aan te pas en seker te maak dit lyk nog perfek op jou en of jy enige veranderinge wil aanbring.  Dit is ook belangrik om ʼn rok te kies wat mooi aan jou sit en nie te styf, of te los nie.  Moet nie ʼn trourok maak vir jou toekomstige mates nie.  Dink aan gemaklik en wat nou en vir jou troudag sal werk.  Onthou jy moet die hele dag in jou trourok spandeer, maak seker dit is gemaklik.  Gaan sit op ʼn stoel tydens die aanpas sessie, om seker te maak die rok is ook gemaklik as jy sit.

Kyk na skoene vir jul troue:


Die bruid en die bruidegom moet nou al dink aan skoene vir hulle troudag.  Maak seker julle koop twee pare skoene, een formeel en een lekker gemaklike paar skoene.   Dit is veral vir die dames.  Julle wil nie gedurende jou fotosessie ongemaklik wees nie.  Maak seker julle pak gemaklike skoene in om nogsteeds mooi te lyk, maar net meer gemaklik.  Skoene kom en gaan so vinnig, so as julle iets sien wat regtig mooi is vir jul, maak seker julle koop dit en hou dit vir jou troudag.  Julle sal nie spyt wees nie.  Dra ook die skoene by die huis voor julle troudag, sodat die skoene bietjie meer gemaklik is op die dag van julle troue.  Julle wil nie op wittebrood gaan met blase onder jul voete nie!

Finaliseer die bruidsmeisies-rokke:


Maak weer kontak met al jou bruidsmeisies en die rok-maker vir jou bruidsmeisies se rokke om seker te maak dat hulle rokke wel nog pas en dat almal gelukkig is oor hulle rokke.  Maak ook seker of die rokke op tyd sal klaar wees.   Goeie advies is om die rokke se sperdatum twee weke voor die troudatum te maak.   So weet jy niks sal verkeerd kan loop nie en jy nie die laaste week voor jou troue hoef te stres of almal se rokke in tyd gaan klaar wees nie.

Gee ekstra aandag aan selfdoen projekte:


As julle enige selfdoen projekte gaan aanpak, begin nou daaraan werk, om die druk voor die troue te vermy.  Eerder te vroeg as te laat.  Indien dit nie so mooi lyk soos julle gedink het dit gaan lyk nie, het julle nog genoeg tyd om ʼn professionele persoon te kry om dit vir julle te doen of alternatiewe planne te maak.

Bekyk weer jul diensverskaffers databasis:


Maak seker julle gaan kyk weer na julle trou diensverskaffers databasis.  Kyk veral na diensverskaffers wat julle nog nie bespreek het nie, sodat julle die diensverskaffers kan begin bespreek en finaliseer.  Maak weer kontak met julle trou diensverskaffers en hoor of alles nog reg het.  As julle enige vrae het, vra dit sommer nou aan jul trou diensverskaffers.  Dit sal vermy dat julle dit in seisoen vra en dalk langer moet wag vir terugvoering.

Artikel Krediet:

  • Foto’s: Pexels
  • Artikel: Mooi Troues