Interessante wenke vir die bruid

Ons is baie opgewonde om in hierdie artikel interessante wenke vir die bruid met Mooi Troues se lesers te deel!  Ons deel met julle klein dingetjies wat ʼn groot verskil vir jou sal maak op jou troudag.  Dit is glad nie maklik om aan alles te dink as dit kom by jou troue nie.  Hierdie interessante wenke vir die bruid sal miskien vir jou kan help om ʼn hobbel in die pad of twee te vermy.

Dit is baie belangrik om georganiseerd te wees met jou troubeplanning deur die hele proses.  Daarom deel ons interessante wenke om jou troubeplanning proses te vergemaklik met vandag se tegnologie.  Mens sal nie glo hoe baie dit jou kan help met jou troue om die min tyd wat dit vat uit te sit om tegnologies georganiseerd te word nie.

Verder is dit ook baie belangrik om jou troue te geniet met geen bekommernisse nie.  Dit is jou plig as bruid om seker te maak jy en jou man het die absolute beste tyd saam op jul troudag.  Die bruid moenie besig wees om rond te hardloop nie.  Jy moet rustig wees en die gemoedsrus hê dat alles in beheer is.

Daarmee gesê, om meer te lees rol af vir die interessante wenke vir die bruid wat jou dalk ʼn kopseer kan spaar op jou trou dag!

Kry ʼn aparte e-pos adres vir jou troubeplanning


Om ʼn aparte e-pos te maak is geen moeite nie en dit sal vir jou só baie ongeriewe spaar!  Al jou e-posse van huurdienste tot rekeninge kan dan alles bymekaar wees.  Dit sal makliker wees vir jou om iets te vind en ook om nie iets te mis nie.

Maak gebruik van ʼn trou hashtag


In vandag se dae is ʼn trou hashtag baie populêr, en by gesê, baie oulik!  Dit maak dit ook maklik om fotos wat ander geneem het op jou troudag te vind op sosiale media.  Dis lekker om te sien hoe ander hulself geniet saam jou op jou spesiale dag.  ʼn Trou hashtag kan enige iets wees wat vir julle van die tong af rol!  Byvoorbeeld #GreylingVeiling of #DieFourieFees

Huur ʼn op-die-dag koördineerder


Daar is niks meer belangriker as dat jy jou troue ten volle geniet nie!  Dit mag dalk onnodig voel om die geld te spandeer, maar dit gaan só groot verskil maak aan jou.  As die stres van jou skouers af is, gaan jy met al jou energie kan dans, gesels, eet en geniet!

Sit ʼn noodgeval sakkie bymekaar


Mens weet nooit wat kan gebeur op jou troudag nie.  Om ʼn noodgeval sakkie te hê is glad nie ʼn slegte ideë nie.  Dis altyd beter om voorbereid te wees om stres te vermy.  Mens weet nooit wanneer jy ʼn speld, peperment, tissue of parfuum nodig gaan kry nie!  Een van jou strooimeisies kan jou noodgeval dame wees en die sakkie vir jou hou.

Kry ʼn spesiale parfuum vir die groot dag


Bederf jou reuk sintuig met ʼn nuwe geur parfuum, so elke keur as jy die reuk ruik sal jy jou droom dag onthou.

Onthou om eerder jou parfuum te spuit voor jy jou trourok aantrek.  Dit vermei dat dit ʼn olie merkie of skynsel sal afgee.  As jy deur die dag weer aan sit, gebruik eerder ʼn rol-parfuum en smeer dit aan jou gewrigte of agter jou ore. Geen bruid wil ʼn merkie op haar trourok hê as sy by die paadjie af gestap kom nie.

Maak gebruik van sitplek kaartjies


Sitplek kaartjies mag dalk voel soos ʼn mors van geld, maar dit kan vir almal só baie ongemak en huiwering spaar.  Dit is immers vir almal ongemaklik om te besluit wie sit nou waar en dit veroorsaak ʼn rondstaan, maak dit vir almal maklik en besluit vir jou gaste!

Maak tyd vir ʼn stil oomblik saam met jou man


Jy sal vir altyd die alleen oomblik tussen jy en jou man op jul groot dag koester en onthou.  Sit ʼn paar minute weg om alles in te neem en in die oomblik te wees saam jou ander helfte.  ʼn Oulike ideë is om ʼn vinnige piekniek saam te deel, dit is só romanties!  Reël vir ʼn piekniek mandjie sodat julle ook die kos wat vir die gaste tydens die fotosessie bedien word saam kan geniet.

Gee jou bloemis inspirasie


Neem foto’s van jou rok en strooimeisies se rokke saam na jou bloemis toe.  Dit sal die bloemis se inspirasie met die ruikers in die regte rigting stuur om by die rokke te pas.

Kry ʼn mooi hanger


Belê in ʼn mooi hanger om jou trou rok op te hang.  Dit lyk baie sleg as ʼn trou rok op ʼn algemene wit plastiek hanger hang.

Sit op ʼn stoel by jou laaste trourok aanpassing


By die laaste aanpassing van jou trou rok maak seker om eers te sit voordat jy dit laat kleiner maak.

Laat die gaste toe om liedjie versoeke te gee


Voeg ʼn lyntjie by jul R.S.V.P kaartjies vir liedjie versoeke.   Stel ʼn lys saam van die versoeke en verskaf dit aan jou platejoggie.  Hy/Sy sal dit dan in sy program kan inwerk.  Dit sal verhoed dat jou gaste die platejoggie lastig val en sal die speel van musiek seepglad laat verloop.  Jy wil nie hê ʼn romantiese vas-dans liedjie moet volg na ʼn lekker los-dans liedjie nie, want dan mag van die gaste moeg gedans wees.  Sodoende sal almal wat versoeke het deur die aand hul versoek hoor en daarop kan dans.

Sorg vir die kinders by die troue


As jul toelaat dat gaste hul kinders mag saam bring na jul troue toe, maak seker daar is iemand om ʼn oog oor die kinders te hou.  Die ouers moet darem jul troudag saam jul kan geniet.  Sorg dat daar genoeg aktiwiteite en speelgoed is vir die kleinspan.

Sit plakkers op jul bagasie vir die Wittebrood reis


Sou jul oorsee reis vir wittebrood plak in jul tasse en sakkies ʼn plakker met jul telefoon nommer, adres en e-pos.   Sou die naamplaatjie van jul bagasie weg raak is dit nog moontlik vir die lugredery om jul so op te spoor.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet:

    • Geskryf deur Julene Naudé
    • Foto’s: Pexels