Dinge om te vermy voor jou troudag

In dié artikel fokus ons op dinge om te vermy voor jou troudag.  Almal wil ʼn perfekte troudag hê en droom daarvan om elke sekonde van hul troudag te geniet.  Om die perfekte troudag te geniet is daar ʼn paar dinge wat jy kan vermy om jou troudag soveel meer gemaklik te maak.

Rol af om meer te lees oor die dinge om te vermy voor jou troudag.

Vermy te veel alkoholiese drankies voor die troudag:


Probeer verhoed om te veel alkoholiese drankies die dag voor jul troue te drink en dan nie te lekker te voel op jul troudag nie.  Julle wil op jul beste voel en lyk op jul troudag, so moet nie moeg en siek voel op julle spesiale dag nie.  Dit mag dalk die vorige dag snaaks klink, maar dit is nie snaaks op die dag van jul troue nie.  Probeer ook om op die dag van jul troue terwyl julle besig is om reg te maak nie te veel drankies te drink nie.  Die dag is nog lank en julle wil dit graag so gemaklik moontlik deur die dag maak.

Sonbrand:


Vermy dit so veel moontlik om voor julle troudag te veel in die sonlig te wees en sonbrand te kry.  Indien julle hou daarvan om in die son te wees, maak seker julle gebruik ʼn goeie sonbrand middel.  Dit sal verhoed dat julle sonbrand merke kry en ook ongemaklik en seer voel op jul troudag.  Dit tel die selfde vir son-bed sessies.   Moet nie onnodig te veel irritasies veroorsaak op jul vel nie, want dit kan jul velle rooi en geïrriteerd maak.

Haarstyl en Haar Kleure:


Oh aarde!  Hierdie is só belangrik.  Moet nie die week voor jou troue besluit om jou haarstyl heeltemal te verander nie.  Dieselfde gaan vir haarkleur.  As daar iets fout gaan kan dit baie stresvol begin raak en tyd neem om dit reg te stel.  Dit tel ook vir wenkbroue se kleur.  Doen die kleur van wenkbroue ʼn tydjie voor jul troue sodat die kleur bietjie meer natuurlik begin lyk.  Jy wil nie lyk of jy reguit uit die salon gestap het in jou fotosessie in nie.

Vermy waks kort voor jul troudag:


As jy ʼn paar onnodige hare wil laat waks voor jou troue, doen so, maar doen dit ten minste so twee weke tot ʼn week voor jul troue en nie die dag voor jul troue nie.  Jy weet nooit wanneer die waks ʼn reaksie met jou vel het nie en dit kan dan ʼn uitslag veroorsaak.  Dink jouself in jy laat jou wenkbroue waks en daar slaan jy uit.

Moet nie velsorg produkte verander nie:


Dit is baie belangrik om nie velsorg produkte voor jou troue te verander nie, veral nie as jy ʼn sensitiewe vel het nie.  Jy weet nooit watter effek die nuwe velsorg produkte op jou vel mag hê nie.  Dit is eerder wys om ʼn nuwe velsorg roetine ʼn paar maande voor jou troue te begin.  So sal jou vel gewoond raak aan die nuwe roetine voor jou troudag.

Nuwe skoene:


Die skoene wat jy op jou troue gaan dra moes jy al in geloop het voor jou troudag.  Dit is baie belangrik dat die skoene wat jy aanhet op jou troudag gemaklik sit en jou nie seer maak nie.

Laaste minuut veranderinge:


Nee!  Moet nie laaste minuut veranderinge maak aan enige van jou reëlings nie, tensy dit ʼn noodgeval is.  Wanneer reëlings op die laaste minuut verander word is dit gewoonlik wanneer mense deurmekaar raak en dinge nie glad verloop nie.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet:

    Foto’s:  Pexels