In hierdie artikel deel ons met groot opgewondenheid Dean en Carla se mooi trouviering. Hierdie paartjie se smaakvolle en elegante styl word weerspieël in hierdie tydlose en pragtige troue. Mens kan nie help om absoluut verlief te wees op hierdie troue nie, met elke aspek wat beeldskoon mooi is.
Ons is mal oor die bruid se trourok! Dit is die perfekte voorbeeld van eenvoud met ʼn titseltjie moderne elemente. Die bokant van die rok het simmetriese krale wat die moderne deel inbring. Aan die onderkant is ʼn eenvoudige A-Lyn wat haar pragtig komplimenteer. Die bruidegom lyk net so deftig in sy pak met die groen strikdas en bruin skoene. Hulle het saam beeldskoon mooi gelyk!
Die paartjie hou albei van modern en eenvoudig in termes van dekor en styl. Hulle het gegaan met meerderheid swart en wit vir die kleurskema. Om ʼn moderne element by te sit het hulle toe verskillende skakerings van groen ingebring op subtiele plekke. Die dekor is gedoen deur Love Beloved en Coreen het die paartjie se styl en smaak presies vasgevang.
Dean en Carla se mooi en moderne trouviering was ʼn betowering van eenvoud en styl, waar elke element met de grootste sorg gekies was om ʼn onvergeetlike ervaring te skep. Die dekor was minimaal, maar doeltreffend, met skoon wit blomme wat ʼn delikate en vars gevoel bring.
Hierdie paartjie se fotosessie was ʼn ongelooflike viering van liefde in ʼn betowerende veld, bedek in die sagte, goudgeel lig van die ondergaande son. Die glinsterende sonlig het ʼn warm gloed oor hulle gegooi, wat die oomblik vasgevang het in ʼn tydloos tafereel van romantiek. Hierdie fotosessie was ʼn fees van natuurlike skoonheid en intieme oomblikke.
Rol af om meer te lees oor Dean en Carla se mooi trouviering!
Paartjie se Liefdesreis:
Ons is voorgestel aanmekaar deur ʼn gemeenskaplike vriend. Ons was onderskeidelik 16 & 17 toe ons ontmoet het. Dean het my uitgevra op ons tweede date en ek was vas oortuig dat dit net ʼn fling gaan wees. Sewe jaar later het hy en my beste vriendin die verlowing beplan en het beide van hulle en my pa hulle monde verby gepraat. Nietemin was dit perfek. Die vriend wat ons aanmekaar voorgestel het het ons verlowing afgeneem.
Trourok:
My trourok is ʼn SILA Bridal pasgemaakte rok. Ek is mal oor eenvoud met ʼn moderne twist. Die bokant van my rok het simmetriese krale wat die moderne deel inbring. Die onderkant is ʼn eenvoudige A-Lyn.
Verloof- en Trouringe:
My ring is deur Marion Rehwinkel gemaak. Marion het die diamant op Instagram gepos waarna my beste vriendin dit vir ons aangestuur het. Ek en Dean het toe saam my verloofring ontwerp. Dis ʼn 1ct Marquise diamant in ʼn witgoud solitaire setting. My trou pante is uit my oorlede ma se trouring gemaak.
Dean se trouring is by Stonz gekoop.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Mag ons sê alles? Haha dit was net só perfek van die begin tot die einde. Dit was ʼn ongelooflike oomblik om mekaar die eerste keer in die kapel te sien toe die deure oopgaan. En iets wat vir my ook uitgestaan het is dat ek gekies het om ʼn First Look saam my broers en my pa te doen, aangesien ons ʼn baie gehegte gesin is.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Coreen van Love Beloved was ongelooflik.
Belrie van Foxline Productions was absoluut ongelooflik.
Rynhardt van EventVision.
Vrek eintlik almal!
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Moenie laat mense se opinies julle keuses beïnvloed nie! Ons het ook ʼn paar klippe gekou met ons trou reëlings, maar het geweier dat enige iets dit vir ons bederf.
Bruide – Nie alles gaan perfek wees nie, maar as jy dit toelaat – gaan dit beter wees as wat jy jou kon indink!
Trou Venue:
Ek het vanaf my eerste jaar op Universiteit gesê ek wil by Lace on Timber trou. Ons het toe na ons verloof is sterk oorweeg om in die Kaap te gaan trou. Ons het toe Lace on Timber se opedag besoek en dit was ʼn done deal. Absoluut mal oor die venue.
Trou Dekor en Styl:
Ons albei hou van modern en eenvoudig en het gegaan met meerderheid swart en wit. Om ʼn moderne twist by te sit het ons toe verskillende skakerings van groen ingebring op subtiele plekke. Die dekor is gedoen deur Love Beloved en Coreen het ons styl en smaak presies vasgevang.
Eerste Dans:
Walking the Wire – Imagine Dragons
Trou Begroting en Beplanning:
Dean en Carla het 80 gaste by hul troue onthaal en het vir ń jaar self aan die troue beplan.
- Blomme + Dekor: Love Beloved | Kontak
- Fotograaf + Videograaf: Foxline Productions | Kontak
- Venue: Lace on Timber | Kontak
- Bruidegom-pak: Black Tie | Kontak
- Gaste Geskenke: Divan van der Merwe
- Grimering: Miss Jaydeekay Makeup| Kontak
- Hare: Michelle @ Authentic Collection| Kontak
- Huwelik kontrak: Boshoff Inc| Kontak
- Huweliksbevestiger: Teodor van der Spuy
- Juweliersware: Marion Rehwinkel Jewellery| Kontak
- Kroegdiens: Lace on Timber| Kontak
- Platejoggie: EventVision| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Karen Couturier| Kontak
- Trourok: SILA Bridal| Kontak
- Bruid se Trouring: Marion Rehwinkel Jewellery| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Stonz| Kontak
- Troukoek: Bake Me Pretty| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Suid Afrika – Drakensberge