Bruidegom Ringe by Grooms & Bros

Vind die perfekte bruidegom ringe by Grooms & Bros .  In die artikel gesels ons met die stigter en eienaar, Jason Steyn van Grooms & Bros.  Grooms & Bros is ʼn juweliers besigheid wat spesialiseer in mans verloof- en trouringe wat nie net mooi is nie, maar ook van ʼn goeie gehalte en bekostigbaar is.

Hulle het ʼn webtuiste wat al hulle verskillende ringe en style gelys is op.  So kan jy die perfekte verloof- of trouring aanlyn koop, sonder om te stres om na ʼn winkel te gaan en ringe aan te pas.  Die belangrikste is om jou ring grootte vooraf te weet en die tipe ring wat jy ingedagte het.

Blaai dan op jou eie tyd deur Grooms & Bros se ringe en stuur hulle ʼn e-pos met die ring kode en die grootte.  Hulle sal dan vir jou die betaling instruksies stuur en jy sal dan binnekort die perfekte ring per koerier ontvang.  Grooms & Bros maak dit maklik vir toekomstige bruidegomme om teen ʼn bekostigbare pryse, nogsteeds ʼn goeie kwaliteit en mooi ring te kan hê.  Rol af om van die bruidegom ringe by Grooms & Bros te besigtig en meer te lees oor hul besigheid.

Wanneer en hoe het Grooms & Bros begin?


Grooms & Bros het in 2004 as Vena Amoris Juweliers begin.  Ons het opgemerk dat daar nie ʼn groot verskeidenheid ringe in die winkels was waaruit mans kon kies nie, en die eksklusiewe metale soos platinum en goud, ensovoorts het so duur geword.

Wat maak Grooms & Bros se ringe anders as ander mans ringe?


Grooms & Bros diens en vertroue en persoonlike behandeling van elke bruid en bruidegom.

Waar is Grooms & Bros geleë en waar kan toekomstige bruidegomme jul ringe koop?


Geleë in KwaZulu-Natal, maar diens die hele Suid-Afrika.

Pryse:


Grooms & Bros se ringe begin vanaf R 1,050 tot R 1,400 wat die oornag koerier insluit.

Advies aan toekomstige bruidegomme wat opsoek is na ʼn verloof- of trouring vir homself?


Jy hoef nie duur te gaan nie.  Dit lyk asof mans ringe verloor.  Spandeer die geld op jou nuwe huis wanneer julle saam intrek.

Indien Mooi Troues se lesers belangstel om ʼn ring by Grooms & Bros te koop hoe werk die proses?


Stuur vir Grooms & Bros ʼn e-pos met die styl ring wat jy graag wil koop, en jou verloofde se vinger grootte.  Grooms & Bros sal vir jou ʼn faktuur stuur.  Jy  verskaf dan ʼn kontaknommer en fisiese aflewerings adres en dit word per koerier na jou gestuur.

 

  • Produk Foto’s: Du Bois Photography